Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dankie vir die aanvaarding op hierdie platform.
Ek is n nuweling in die jag sport, een van my vriende het sy 308 met n RSA loop, ek dink 1:12 twist en mod 98 aksie verkoop vir n finominale goeie prys en ek kon net nie nee se nie. Ek vind nou myself in die posisie waar ek ure navorsing doen oor alles wat met jag te doen het. Nou ja om n Lang storie kort te maak het ek al herlaai toerusting gekoop en lees ek al hoe meer oor lading ens
Ek dink hierdie gogga het my lelik gebyt, gelukkig vir my wil my vrou al weet wanneer gaan sy haar eerste varkie gaan skiet
So ek dink al om na die volgende kaliber te kyk
Het nog verskriklik baie om te leer en wil byvoorbaat dankie se vir die hoeveelheid inligting op hierdie platform.
Welkom Quintin. Ja, hier is jy nou op die regte plek en ek is bly om te sien jy het met die tweede beste kaliber begin.
Die beste moet nog gemaak word.