Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

More

Ek wil 'n lansie breek vir oom Vic Kleingeld. Die man is net buite Vivo, jy kan vleis by hom aflaai met gerusde hart. Ek dink ook dit is die tipe faktuur wat mens saam met jou vleis moet kry!!

Ons het al wors gebraai en dit is van die beste!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by RUPERT »

Nou vra ek, Hoe kan hy teen daai prys verwerk en hier in JHB rook die slagters ons
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Rupert

Neem in gedagte sy perseel is op sy plaas. Dus betaal hy nie die huur en dienste wat 'n stads besigheid moet betaal nie. Sy koste struktuur is totaal anders as die gemiddelde stad slaghuis.

As jy nou bv vleis aflaai en dit weer moet gaan haal vanaf Johannesburg, gaan jou R/kg ook skeef trek.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Capt. Yoda »

R8 n kg om braaiowrs te maak? Daai man is baie lief vir vleiswerk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Diesel Dog »

RUPERT wrote:Nou vra ek, Hoe kan hy teen daai prys verwerk en hier in JHB rook die slagters ons

Het jy die oom se van gesien.(Vic Kleingeld)

DD
Last edited by Diesel Dog on Fri Sep 23, 2016 2:19 pm, edited 1 time in total.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Nee wat ek het dit nou in Rustenburg betaal, by 'n vorige braaiwors wenner. R8.50 bewerking van wild.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Hmmm mens wonder soms of jy iets positiefs moet opsit ::) O ja nou onthou ek, as ek kyk na wat die mense op Maroela sê is dit mos in ons om negatief by te dra.

DD wat dem03r het die Oom se van met sy produk te maak?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Diesel Dog »

Carl wrote:Hmmm mens wonder soms of jy iets positiefs moet opsit ::) O ja nou onthou ek, as ek kyk na wat die mense op Maroela sê is dit mos in ons om negatief by te dra.

DD wat dem03r het die Oom se van met sy produk te maak?

Nee sy van het niks met die produk te doen nie , maar die oom het jou kleingeld gevra om jou wors te maak.

DD
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by win270 »

Diesel, jou humor en waarneming was skerp!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Geno »

Wat was die gewig van die bok wat ingeweeg is?
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Jong rooibok ram 27kg (vel aan) niks vleis gemors nie.

Ek sal die oom nog R200 stuur ;) net sodat ek meer kan betaal.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Geno »

Ok, so rondom R28/kg vir bewerking in totaal dan. Nie so goedkoop in my opinie nie.
Ny laaste trippie na Robbie toe het R20.85 uitgewerk.
Wors. Maalvleis. Steaks. Gestopte fillets. Goulash. Biltong, droeëwors en patties laat maak.
Hokaai in Faerie Glen vra R18.75 per kilo, alles in.
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Ek is bly ek het nie so goedkoop afgekom nie ;) As jy net wors maak gaan die mengsel en prys van die vet/brisket jou R/kg bepaal.

Die beginsel is eintlik 'n volledige en duidelike rekening.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by 6mmMusgrave »

Ek het n koedoe koeie hier by ons laat bewerk die skoon karkas was 78kg. Hulle het net wors gemaak n bietjie steak gesny en biltong gesny. Hul het gevra R1960 wat vir my vrek duur is
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Geno »

Carl wrote: As jy net wors maak gaan die mengsel en prys van die vet/brisket jou R/kg bepaal.

.
Hokaai se prys was om enigiets te maak. Hulle vra jou R18.75/kg omgeag wat jy wil maak, rookprodukte uitgesluit.
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Geno

My punt is as die man se wors resep 5kg Brisket (@R50/kg) op 20 kg wilds vleis sit gaan dit mos effek op die prys hê as bv die man wat net 2kg insit in sy resep.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by sako 30-06 »

Carl wrote:Geno

My punt is as die man se wors resep 5kg Brisket (@R50/kg) op 20 kg wilds vleis sit gaan dit mos effek op die prys hê as bv die man wat net 2kg insit in sy resep.
EK dink dis baie billik. Baie slahuise vra al R70/kg vir brisket vet wat hulle insit.

Ek is baie skepties as dit kom by nuwe slaghuise. Dis waarom ek maar my eie wors en droewors maak. Het al pakke en pakke wors weggegee omdat hulle omtrent niks vet insit nie en droëwors omdat hulle daai lekker goedkoop binnevet insit wat aan jou verhemelte vassit.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Dolf014 »

Ek het die jaar baie wors gemaak, en tot die finansiele som gekom;

Om 1kg wors te maak kos jou R30 net vir die vet, derms en spices. Dan is daar nog nie n druppel vleis by nie.
Omdat ek dit self doen is daar nie arbeids kostes te sprake nie. (net 'n biertjie elke uurtjie :laugh: )

Net my 2cent.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Dankie insiggewend Dolf. Ek stem wors moet DIE beste bestandele by kry. Dit is lankal nie meer 'n "afval" produk nie. Trotse boerewors is prima.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by ROBBIE1 »

Manne ek sien nou eers die post!

Baie goeie prys van die oom.

Geno ek het nou op Hokaai se webblad gaan kyk want ek kon dit nie glo nie. Maar ek verstaan ook nou hoekom hulle dit kan doen!!!

Lees baie mooi wat daar staan, as jy daarmee tevrede is dat ek tot 30% van jou vleis steel, soos wat hulle doen met jou goedkeuring, sal ek dit ook vir R18.75 doen!

Hulle skryf duidelik dat die gewig wat jy inbring, die gewig is wat jy terug kry! So, waar ek jou bv R6.50 pkg vra, as daar geen bestandele bykom nie, jy bring 100kg Bwb, en laai dus weer ongeveer 100kg min die vog verlies kos jou by my R650.00, betaal jy by hulle R1870.00 vir die selfde. Soos jy se het jou vleis R20.85 by my uitgewerk, maar het jy as jy 100kg inbringmin effek enige iets van 120 na 130kg terug gekry!!!!

Ek wil niemand sleg praat of afbreek nie, maar kan jou se lees maar mooi en dan maak jy weer somme. Jy MOET meer vleis terug kry as wat jy ingee, anders steel die slagter jou vleis en vang jou met n goedkoop prys......

Carl praat van "braaiwors". As dit is wat die slagter dit noem, kry jy 1/3 van jou vleis trug!! Braaiword gebruik 10kg vleis, 10kg vet en 3kg soja braai spice mix en 10lt water!!! Dit smaak baie lekker en het n fat trapper in wat keer dat die vet uitbraai. As jy onkundig is gaan jy maklik met die riem gevang word en die slagter hak 2/3 van jou vleis!!

Dis hoekom ek lekker slaap in die aand, en my kliente enige tyd hulle vleis kan weeg die skaal is by die laai zone. Wat Dolf se is baie waar. Kwaliteit kos geld. As jy kwaliteit wil he, is daar n prys aan gekoppel ongelukkig. Ek se altyd kyk na die norm prys in die mark. As n ding heeltemalmte goedkoop is, moet jy weet daars fout. AS jy jou laat vang, is dit dan maar jou eie skuld.

Sterkte manne, dit is deesdae duur en n man wil nie jou vleis laat opneuk nie.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by koos 2 »

Ek het Robbie se dienste so 2 jaar terug begin gebruik en ek sal nooit weer n ander slagter gebruik vir wildsverwerking nie,
My vrou is so tevrede met sy produkte dat ek volgende jaar n goeie rede het om n extra tripie bostoe tekan doen.

Robbie dankie vir jou gasvryheid, diens en prys.

Jy is n wenner in my boek.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Allday - Vivo goeie vleis verwerking

Post by Carl »

Dankie Robbie vir die verduideliking.
Dis hoekom ek lekker slaap in die aand, en my kliente enige tyd hulle vleis kan weeg die skaal is by die laai zone. Wat Dolf se is baie waar. Kwaliteit kos geld. As jy kwaliteit wil he, is daar n prys aan gekoppel ongelukkig. Ek se altyd kyk na die norm prys in die mark. As n ding heeltemalmte goedkoop is, moet jy weet daars fout. AS jy jou laat vang, is dit dan maar jou eie skuld.
Ek stem heelhartig hiermee saam! Daar is maar geen manier wat jy dieselfde kwaliteit vir 'n goedkoper prys kan kry! 'n Rigby en 'n Howa kannie dieselfde kos nie. Jy kan wel jou maag vol kry met albei, en dit geld vir boere wors en braai wors ook ;)

* let wel Boere wors is die regte ding, net top kwaliteit bestandele, regte vleis geen soja en water bygevoeg nie. :)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply