nuwe lid en bietjie groen met gewere

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
gt40
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Sep 21, 2016 5:27 am

nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by gt40 »

Goeie dag.

Ek is van die Kaap, bly in brackenfell.
Nuut hier en baie info om op te neem.

Het n howa 308 bull barrel. Moet nog iemand kry om sy lading te doen. Ek het te veel human error.

Gebruik hom vir bietjie papier, berg gaanse, duikers en later groter wild.

Willem
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by FHM »

Baie welkom! ;)
Die 308 Howa manne hierso gaan eksepsie vat oor jy daai geweer so onderbenut!!! ++>:
Last edited by FHM on Thu Sep 22, 2016 10:23 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by Plaashaas »

Welkom GT40

Kyk my maat daar bestaan amper nie n ding soos load development vir n 308 Howa bulle barrel nie. Jy kan daai ding met wortels en vuurhoutjie koppe laai dan skiet hy nog sub moa!!

Geniet dit hier en moenie bang wees om vrae te vra nie. Die slim manne help graag.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by Boesman10 »

Welkom op die forum
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by tripodmvr »

Welkom. Daar by jou in die Kaap is PWV wat sy 308 Howa gereeld oefening gee. Praat gerus met hom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by Konrad308 »

Plaashaas wrote:Welkom GT40

Kyk my maat daar bestaan amper nie n ding soos load development vir n 308 Howa bulle barrel nie. Jy kan daai ding met wortels en vuurhoutjie koppe laai dan skiet hy nog sub moa!!

Geniet dit hier en moenie bang wees om vrae te vra nie. Die slim manne help graag.

Welkom,

Ek stem saam. Jy kan maar klippe laai en daai roer sal mooi skiet .
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by Heinz Petersen »

Welkom Willem.
Jy kan my PM dan kan ons bymekaar kom met die laai van jou 308.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by PWV »

Welkom, Willem. As jy by Durbanville skietbaan skiet, sal jy my daar met my .308 Howa of my 7 mm Tombi kry!
gt40
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Sep 21, 2016 5:27 am

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by gt40 »

Dankie vir die welkom. Ek kan sien ek gaan baie hier leer.

Hopenlik kan ek binne kort results kom wys.
gt40
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Sep 21, 2016 5:27 am

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by gt40 »

Heinz Petersen wrote:Welkom Willem.
Jy kan my PM dan kan ons bymekaar kom met die laai van jou 308.

Baie dankie vir jou offer heinz. Wil net eers my scope down grade. Kruis haar is meer vir long range.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nuwe lid en bietjie groen met gewere

Post by alecjohnson »

gt40 wrote:
Heinz Petersen wrote:Welkom Willem.
Jy kan my PM dan kan ons bymekaar kom met die laai van jou 308.

Baie dankie vir jou offer heinz. Wil net eers my scope down grade. Kruis haar is meer vir long range.
leer maar met hom skiet glo my jy sal vinnig hom tot potensiaal gebruik! Ek sou graag ook jou wou help, maar laaste paar dae in kaap...
Post Reply