Die Boer baklei en gaan aan die skel met sy werkers.
Sy vrou vat hom simpatiek aan die hand en lei hom kamer toe.
“Nou gaan jy op jou knieë,” sê sy, “en praat jou hart uit teenoor die Here.”
“Heer”, begin die boer
“Johannes het weer die ploeg gebreek.
Jonas het die koeie in die gat laat val en
Karolis was alweer dronk.
Vader ek wil net graag weet of U hulle gaan kom haal of moet ek hulle vir U stuur.”
Amen
***
Charlize Theron is nie die enigste Hollywood-ster met familie in Suid-Afrika nie. Na jare in die geheim het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers het. Hulle bly almal in Suid-Afrika. Die oudste broer is n boer in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste broer werk in Brakpan as 'mechanic' en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is n vlieënier en sy naam is Kock Pitt. Die vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die Sharks en sy naam is Stu Pitt.
***
Man bel sy vrou vanuit die ongevalle..
"Liefie, ek's omgery nadat ek my kantoor verlaat het. Santie het my hospitaal toe gebring. Hulle het 'n hele paar toetse gedoen en X-Strale geneem. Die trauma aan my kop is pynlik, maar gelukkig het ek nie ernstige beserings nie. Ek het wel 3 gekraakte ribbes en 'n oop fraktuur op linker been, dalk gaan hulle my regter voet amputeer."
Vrou antwoord terug: "En wie de f$%^ is Santie?"
***
‘n Man kom op die plaas aan waar hy net ‘n opgeskote seun by die stal aantref..”Is jou pa hier ?” Vra die man “Nee oom my pa is in die dorp”. “is jou broer gert hier ?” Vra die man.. “Nee oom, my broer Gert is in die koshuis en kom net elke 2 de naweek huistoe”. “Is daar iets waarmee ek oom dalk kan help ?”
“Jou broer gert het my dogter swanger gemaak” se die man.
“Oom sal maar met my pa daaroor moet praat…ek weet hy vra R 5,000 as ander mense sy bul gebruik om hul koeie te dek. Ek weet ook hy vra R 2,000 as iemand sy ram gebruik om hul ooie te dek…ek het egter g e e n idee wat hy oom gaan vra vir die werk wat Gert gedoen het nie !!!
***
Juffrou vra vir Jannie. "Wie het die gloeilamp uitgevind?"
Jannie sê: "Ek weet nie juffrou."
Juffrou sê vir Jannie: "Jy sal meer op jou studies moet fokus."
Jannie: "Juffrou, kan ek juffrou asseblief 'n vraag vra?"
Juffrou sê toe:" Ja."
Jannie: "Juffrou, weet juffrou wie is Karin?"
Juffrou antwoord:" Nee Jannie, hoekom?"
Jannie: "Juffrou sal meer op juffrou se huwelik moet fokus!"
***
Die verskil tussen Jag en karfoefel
1. Maak nie saak hoeveel wyn jy gedrink het nie, jy bly lus vir Jag.
2. Mens kan heel dag en heel naweek Jag.
3. Jy hoef nie jou jagtydskrifte weg te steek nie.
4. Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie.
5. Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie.
6. Dis heel aanvaarbaar om saam met ‘n totale vreemdeling te jag.
7. Jy sal nie blind word as jy alleen Jag nie.
8. Daar is geen Jagverwante aansteeklike siektes nie.
9. Jy hoef nie Jag op te gee wanneer jou Jagmaat belangstelling verloor nie.
10. Jy sal nooit jou Jagmaat hoor sê nie: “Wat? wil jy alweer Jag? Ons het Dan net laas week gejag. Is Jag AL waaraan jy kan dink?”
11. Om SAFE te jag sit jy net die Gun op safe.
12. Jy kan foto’s van jou Jag op Facebook sit.
13. Jy kan met verskillende gewere Jag.
14. Jy kan jou werksvriende saamnooi op ‘n Jag.
15. Jou Jagmaat raak self lus vir Jag.
16. Oupa kan ook nog Jag.
***
Dit is oorlog en die oom en tannie hardloop uit die huis om elders skuiling te soek. Die tannie stop skielik in haar spore en haar man vra: "En wat nou vrou?" Sy antwoord: "Ek het my valstande in die huis vergeet.!"
Die oom sê: "KOM magtig vrou, hulle gooi donnrse bomme nie toebroodjies nie!"
Lekker naweek manne!


