Goeie dag almal
Ek het die geleentheid gehad om vanaf Sondag die 10de tot Woensdag te gaan jag.
Ek en my vrou, my broer, 'n vriend van ons en sy verloofde. Om bietjie die prentjie in te kleur, Ek het in 2009 by eerste bok geskiet. My broer nog nooit, ons vriend nog nooit. Nie een van ons familie lede jag nie.
Ek wag nog vir my 300WM lisensie. Die boer was egter bereid om sy 308 en sy 9.3 x 57 vir ons te leen. Maandag oggend vroeg skietbaan toe. Ek skiet toe sommer eerste met die 9.3x57 op 50m. So 20mm hoog maar darm in die middel. Met die 308 perfekte kolskoot. My broer met die 9.3 ook so 20mm hoog en so 15mm na regs. Ons vriend met die 308 so duim hoog en regs. Ons reken toe vir bosveld skiet is ons seker darm nie te ver nie.
Gaan toe uit met die bakkie. Ons sien toe vlakvarke van 'n koppie af, so 800m van ons af. My vriend loop toe met die 308 en bekruip hulle tot so 60m. Hy skiet 'n kopskoot. Nie perfek nie, maar die vark waggel rond. Skiet hom toe vanaf so 30m weer kopskoot. Nie massiewe vark nie maar 'n lekker grote.
Die middag gaan stap ons. Ons stap so amper 3 ure. Toe ons so 500m vanaf waar die bakkie ons weer gaan oplaai kom, Sien my vrou die wildebees. Ek l? sommer oor die gids se skouer aan. Die wildebees staan agter 'n sekelbos en eet. Ek sien net haar kop. Toe sy dit weer optel toe skiet ek. Net agter die oor en so duim of wat laar. Sy spring weg en val 15 meter verder neer. Toe ons by haar kom is sy klaar dood.
Groot Marico jag
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Groot Marico jag
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Groot Marico jag
Toe ons haar keel afsny kom daar net stof uit haar are. Sy is seker al 'n goeie 10 jaar 'n pensioentrekker. Baie mooi kop en horings, maar al baie maer.
Die volgende oggend wag by broer vir die vlakvarke, toe hulle inkom aarsel hy vir seker 15 minute of hy wil skiet. Te bang om dalk te kwes. Die res van die dag is hy sommer baie depressief. Die volgend oggend weer veld toe. Hy stap met die 308. Kom toe op 'n troppie blouwildebeeste af. L? aan oor gids se skouer, korrel en skiet. Perfekte bladskoot op 80m. Bietjie jonger bul, maar mooi.
Dit was 'n baie lekker ervaring, veral om saam met my vrou te kon stap in die veld. Ek hoop na die "trippie" is daar nog 2 nuwe manne by wat deel is van die jagters familie.
Kannie wag vir my 300WM nie. Sal darem lekker wees om met jou eie geweer 'n bok te kan skiet.
Groetnis
Douw

-
300Winmag
Re: Groot Marico jag
Sonder fotos het dit nie gebeur nie ! ( Hiehie)
Baie geluk en ek hoop die lisensie kom gou!
Baie geluk en ek hoop die lisensie kom gou!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Groot Marico jag
douw
Baie geluk met die jag en dit klink asof julle dit baie geniet het.
Groetnis
Baie geluk met die jag en dit klink asof julle dit baie geniet het.
Groetnis
-
Fisher
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm
Re: Groot Marico jag
Ai, daar is darm van die mooiste plekke op aarde daarso.
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Groot Marico jag
Douw, ek stem saam met Fisher -dis baie mooi wereld daardie.
Wil jy nie die jagplek met ons deel nie?
Biltong.
Wil jy nie die jagplek met ons deel nie?
Biltong.
-
Fisher
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm
Re: Groot Marico jag
Biltong ek het 'n vriend daar met nog 3 koedoe bulle oor om te jag, hy vra 4500 maar die mooi van die plaas maak op vir die prys, pm as jy sou belang stel.Biltong wrote: Wil jy nie die jagplek met ons deel nie?
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Groot Marico jag
DIE PLAAS IS VOL GEBOEK TOT IN OKTOBER. SAL BIETJIE HOOR EN LAAT WEET.300Winmag wrote: Sonder fotos het dit nie gebeur nie ! ( Hiehie)
JA NEE, IS SEKER SO. EK SAL BIETJIE FOTOS VAN MY BROER SE BOK EN VRIEND SE VARK KRY. EK WAS TE ONGELUKKIG MET MY MAER BOK, VERGEET TOE OM FOTO TE VAT.
Biltong wrote: Douw, ek stem saam met Fisher -dis baie mooi wereld daardie.
Wil jy nie die jagplek met ons deel nie?
Biltong.
GROETNIS
DOUW
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY