Kudu skaars in die Oos Kaap

Post Reply
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by SmitH »

Ek weet nie of die ander Oos Kaap manne dit ervaar nie dat die Kudus baie skaars is en dat daar min kallers in die veld is. Ek het vanoggend met Jockel van ECGMA gepraat en hy het bevestig dat baie van die boere en jagters met wie hy gepraat het dit ook ondervind.Die kanse is goed dat die jagseisoen volgende jaar baie beperkings gaan he vir kudu jag (oopveld natuurlik)Dan is daar n boer in die omgewing wat 200 kudus van die lusern lande af skiet dit maak my briesend

Groete
SmitH
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Dawid »

SmitH....ekt weer gehoor daars vrek baie Koedoes vanjaar maar nou dat jy daarvan praat.....gaan kyk bietjie rond op die forum na PITSMIT se foto`s...., elkeen het n Koedoe op.

Ek glo vas dis deur sy toedoen, dus is hy die skuldige.....hys besig om die Ooskaap Koedoes uit te moor.  :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Beretta »

SmitH
Nou hoekom maak daardie man jou so kwaad as hy die koedoes so skiet ???
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by PITSMIT »

beretta

ek en smit het vroe?er gepraat op foon vandag.  daai ou wat die 200 kudus geskiet het sover het oop veld en ek wed my salaris vd jaar hy plant daai lusern net vir daai doel en jy moet weet hy skiet pa ma en kind so alles wat hardloop skiet hy vleis is vleis vir hom .  die wet se een kudu per jagter per dag.  daar is nie eers 200 dae in die jag nie nog minder kan jy so baie jagters in n maand en n half daar laat jag.  weet jy hoeveel jagters moet elkeen een skiet per dag om daai getal af te haal van n oop plaas af.  stront storie hulle moet daai ou se akkers uithaal . dis daai tipe ou wat kudu getalle opdonner.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by SmitH »

Jy is geregtig om 1 kudu per dag per persoon te skiet en jagseisoen is 92 dae en dit is onwettig om met n lig te jag dit verregaande!!!!!!!!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Beretta »

PITSMIT
Die man is duidelik nie vegetarian nie koop ook nie sy vleis by woollies nie. As dit so is is daar mos Fauna En Flora  (nee ons vang vis ;D) om hom mos reg te sien. Ek dink hy moet koring plant miskien help dit ;D om by die  300 kerf uit te kom
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by tafjak »

SmitH

Ja, die koedoes moet die gelag betaal.

Baie van die Ooskapenaars se reaksie wanneer jy hulle uitvra oor die baie koedoes wat geskiet word: "Ons vat van die natuur wat die Natuur by ons vat." Meende dat die ongediertes hulle lammeroeste verniel, dan moet die koedoes maar die verkil maak aan die inkomste. As alle Ooskapenaars dieselfde moeite en doelgerigtheid insit om roofdiere soos jakkalse en katte te beheer as wat hulle koedoes uitroei, sou die ou probleempie(predasie) lankal opgelos gewees het.

Ek sien elke dag hoe die koedoejagmanne in hul blink waens hier deur die dorp ry oppad na die volgende jagveld en dit lyk vreeslik. Gelukkig het die getalle van die koedoes vreesaanjaend afgeneem in die laaste 2 of 3jaar en sal daar nie veel oor wees volgende jaar as dinge so aanhou nie. Ek s? "gelukkig" omdat dit 'n goeie en duidelike waarskuwing is aan ons boere en jagters. Die wiel et nou gedraai en planne sal daadwerklik gedoen moet word of ons is sonder hierdie luuksheid en genotvole jagte.

Ongelukkig maak nie net Slenkdal en droogtes die koedoes dood nie, die nuwe aanteel word deur jakkalse en katte opgevreet. Daar kan net 2dinge nou gebeur, die "Groenes" gaan ons die nekvelle beetkry of ons stel die saak self reg. Hoor my lied: "Hier kom groot sports!".

Mooiloop

Ps. Wonder wat gaan gebeur as die koedoes strike! Sal dan seker diamante en dagga smokkel om die jakkals teen te werk.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Boertjie »

Tafjak

Hier in Pearston kan jy maar kyk hoe word die koedoes in die aand geskiet op die lande.Toe ek nou die dag vir n boer se hulle kan nie kla oor die koedoes wat so min is nie,want dit is hulle wat dit uitroei, toe is ek verkeerd.n Boer kan nie elke aand met ligte ry en koedoe skiet en hulle moet hou nie.
Dan word daar gespog dat n kar en die kinders se skoolfonds daai uit betaal word.
Daar is ook boere wat 2 keer n week veld aanjaag, dan word groot en klein geskiet.Dit kan nie hou nie

Boertjie
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by MEERKAT »

Pit en almal

Natuurbewaring reik 'n permit uit om koedoes op die lande te skiet, maar alle geld wat ge in word met die jagmetode moet aangewend word om heinings rondom lande te span dat die probleem nie volgende jaar weer mag gebeur nie. Dit is 'n standaard ooreenkoms gekoppel aan die uitreik van so 'n permit.

Dit is jul plig om na natuurbewaring te gaan en aan te dring dat inspeksies op daardie plase gedoen word om te bepaal of heinings opgesit is. Indien geld vir ander goed gebruik word  mag geen permitte in die toekoms weer uitgereik word, maar normaalweg is eerste jaar se oes genoeg om nodige werk te doen, probleem opgelos.

Natuurbewaring se verweer is altyd, ons het nie die mannekrag om sulke werk te doen nie, daar kom ek en jy as boer en natuurliefhebber in die prentjie.

Rakende koedoe getalle , by ons is defnitief minder koedoes vanjaar , glo die slenkdal het groot rol gespeel (weet van 20 karkasse op 10000 hektaar) en iemand het 'n baie waar ding gese dat ongediertes ook 'n aandeel het. Verseker vang hulle klein koedoes die laaste tyd , het wel sulke gevalle al gehad en van gehoor.


Mooi loop
MEERKAT
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Pvdw »

Ai manne ek het nie besef dat ons in die era nog met mense sit wat so dink nie, mens sou dink ons bly in die verligte eeu >:( >:(

Die eronie van die saak is dat wanneer jy met so man gesels hy heel voor in die koor sing van hoe die regering die land en als opneuk ??? ???

Ek praat nie politiek nie maar wil net s? hoe vinnig sulke mense vinger wys terwyl hulle net dieselfde en soms erger is.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by raychell »

Ja,
Soos Taffie altyd se in die jagseisoen op oop veld "Dis my koedoe en jou Jakkals"
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by Beretta »

raychell
Ja dan wil die manne seker droogte hulp van die regering ook af he as hy sukkel met die skoolfonds en kar paaiement sodra die goor pens ophou van al die koedoe vleis ;D
grumpy

Re: Kudu skaars in die Oos Kaap

Post by grumpy »

Daai ouens dink soos die nuwe SA. Dink aan sy maag vanaand en kry soveel as moontlik en worry nie oor more of oormore. Maar snaaks dit is hulle wat gewoonlik eerste kla!
Post Reply