Goeie more almal
So terwyl ek wag vir lisensie vir bogenoemde, doen ek solank bietjie navorsing rakende bedding/pak van die aksie.
Die geweer het 'n Hogue plastiek/rubber kolf wat dadelik vervang gaan word met 'n laminate of veselglas kolf en dan sommer klaar pillars gaan kry en gepak gaan word.
My vraag is omtrent die pillars...
Moet die pillars se bo-kant plat wees of moet hulle konkaaf wees?
As die pillars plat is bo, glo ek die bedding materiaal sal die vorm van die aksie aanneem om dan tesame met pillar 'n 100% fit te kry, maar dan is die direkte kontak tussen die aksie and pillar slegs 'n klein "strepie".
As die pillars konkaaf is bo, sal die aksie en pillar 'n direkte 100% fit wees en sal die doel van die bedding compound wees om die res van die aksie volledig te ondersteun.
Met elk geval sal daar op die einde 'n 100% fit wees, maar my brein sê vir my dat pillars wat konkaaf is die beter opsie is.... of is ek verkeerd?
Julle raad sal waardeer word.
Pillar bedding - Remington 700
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Ek pak sodat daar in lagie epoksie tussen die pilaar en die aksie is. Die doel van die pilare is om 'n soliede laag te vorm waardeur die skroewe die aksie op die kolf kan vastrek. Die epoksie is net so hard soos die pilaar.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Pillar bedding - Remington 700
Ek kan verkeerd wees maar stem saam met hierdie raad as jy die regte pak "compound " gebruik.wlm wrote:Ek pak sodat daar in lagie epoksie tussen die pilaar en die aksie is. Die doel van die pilare is om 'n soliede laag te vorm waardeur die skroewe die aksie op die kolf kan vastrek. Die epoksie is net so hard soos die pilaar.
Ek het oortollige pak epoxy as jy belangstel.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Rem700
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Mon Jul 04, 2016 1:53 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Baie dankie vir julle raad.
So as ek reg verstaan moet die pillars se bo-kante plat wees, die aksie sal dan op 'n baie klein stukkie direkte kontak met pillars hê en die compound sal die res van die aksie ondersteun/vorm van aksie se ronde onderkant aanneem?
Dankie vir jou aanbod Henning, maar ek wag nog vir lisensie en moet dan nog 'n ander kolf ook soek...
Watse compound gebruik jy? Lyk my die gunstelinge is steenvas, devcon en epidermix.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Pillar bedding - Remington 700
op gunsite word n mcmillan a5 kolf geadverteer maar teen die prys van meer as n nuwe howa as jy na so iets kyk.
- Rem700
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Mon Jul 04, 2016 1:53 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Ruaanb - dankie, maar daardie prys is bietjie rof vir my en ook nie heeltemal my smaak nie.
Ek kyk uit vir 'n 2de handse Remington VLS kolf of iets soortgelyk
Geno het 'n Boyds pro varmint in voorraad maar die prys is ook bietjie styf vir my en dan weer ook nie heeltemal my smaak nie.
1ste prys sal wees 'n standard tipe kolf wat lekker sal jag, met 'n breër (beavertail tipe) voorkant vir die keer wat mens hom van rest af wil papier skiet.
Ek is redelik kieskeurig, maar sal dalk maar moet buig en 'n Boyds thumbhole ook oorweeg.
Ek kyk uit vir 'n 2de handse Remington VLS kolf of iets soortgelyk
Geno het 'n Boyds pro varmint in voorraad maar die prys is ook bietjie styf vir my en dan weer ook nie heeltemal my smaak nie.
1ste prys sal wees 'n standard tipe kolf wat lekker sal jag, met 'n breër (beavertail tipe) voorkant vir die keer wat mens hom van rest af wil papier skiet.
Ek is redelik kieskeurig, maar sal dalk maar moet buig en 'n Boyds thumbhole ook oorweeg.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Gawie sal jou aanraai om Steenvas te gebruik. Ek werk weer lekkerder met Epidermix.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Pillar bedding - Remington 700
Rem 700, ek het die raad van Piet Breedt gevolg en Devcon gekoop. Ek is glad nie haastig om dit te verkoop en beplan om n geweer te bou maar op hierdie stadium nie seker wanneer nie, so dink dat ek die bedding meteriaal moet verkoop voor dit te oud raak.
Sal jou R300 vra vir die meteriaal. Kos wel heelwat meer.
Groete
henning
Sal jou R300 vra vir die meteriaal. Kos wel heelwat meer.
Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Soek jy lang of kort aksie? Weet van Remington Sondero Kolf in LA wat beskikbaar is. Eou hom op my 338LM gebruik maar sy loop kanaal was te dun.Rem700 wrote:Ruaanb - dankie, maar daardie prys is bietjie rof vir my en ook nie heeltemal my smaak nie.
Ek kyk uit vir 'n 2de handse Remington VLS kolf of iets soortgelyk
Geno het 'n Boyds pro varmint in voorraad maar die prys is ook bietjie styf vir my en dan weer ook nie heeltemal my smaak nie.
1ste prys sal wees 'n standard tipe kolf wat lekker sal jag, met 'n breër (beavertail tipe) voorkant vir die keer wat mens hom van rest af wil papier skiet.
Ek is redelik kieskeurig, maar sal dalk maar moet buig en 'n Boyds thumbhole ook oorweeg.
Groete
- Rem700
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Mon Jul 04, 2016 1:53 pm
Re: Pillar bedding - Remington 700
Henning - Baie dankie, maar ek wag nog vir liksens en moet die regte kolf ook nog vind. Sodra ek alles het sal ek jou kontak en hoor of jy nog die Devcon het.
JPS - kort aksie ongelukkig... en met kanaal wat breed genoeg is vir dik loop
JPS - kort aksie ongelukkig... en met kanaal wat breed genoeg is vir dik loop