Goeie aand in die Stoel
Posted: Fri Jul 15, 2016 1:21 am
Ek het vanaand besluit om nie die maklikke jakkalse te gaan soek nie, en by n spesifieke stel te gaan roep wat Ek weet maak vir my skade en Ek sukkel erg met hulle.
Lang stories kort te maak het Ek 21:00 begin roep, eerste jakkals was n jong een wat om en by 22:15 geval het, die 2de een was n teuf van ongeveer 3 jaar wat 22:50 geklop is. Die laaste een was oud, Ek skat 6-7 jaar as Ek die tande en die kursus fotos vergelyk. Sy het na lank se gestoei in gekom op baklei en distress roepe. Toe ons haar optel toe sien Ek hoekom sy en haar trawante so skelm is. Sy is al geskiet! En Ek dink dit was Ek gewees. Sy het almal om haar mooi geleer van die reuk van Camel lights en snaakse hasies wat skraaau.
Nadat ons die drie gekap het was Ek tevrede en het vir my manne gese ons kan maar vroeg tjaila vanaand. Oppad Huis toe tref die geluk ons... Bosvark hol die berg uit en Ek laat waai maar met my ou 55greinertjies. En toe val hy ook.//uploads.tapatalk-cdn.com/20160714/8500903117d4c10b7db4cb3f2cb31d21.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160714/eae68b4d40686148bb95f9a59a902f19.jpg
Dis nou nie die meeste jakkalse in n aand nie maar Ek het baie geleer vanaand en my eie Klein oorlogie gewen vanaand.
Mooi aand