Page 1 of 1

Binoculars!?

Posted: Mon Jul 11, 2011 6:49 am
by .::Alwyn-U::.
Yes manne, ek soek asb raad met verkykers! Ek kyk maar na Nikon want dis al wat ORMS verkoop. (ORMS is 'n optics winkel in die kaap waar ek BAIE afslag kan kry).

Ek het maar gehoor dat die Nikon Monarch range die beste is toe kyk ek na hierdie meneer:

https://www.ormsdirect.co.za/binoculars ... binoculars

Wat dink julle?

Dok, tripod, julle manne ken mos hierdie goed.

Groete

Re: Binoculars!?

Posted: Mon Jul 11, 2011 7:53 am
by Gerhard
Vir wat wil jy die verkyker gebruik?

As dit vir jag en algemene gebruik is kyk na die 8 x 42 of 10 x 42 Nikon Monarch.

Het beide gebruik en baie gelukkig met die verkykers.

Re: Binoculars!?

Posted: Mon Jul 11, 2011 8:32 am
by GreyGhostGear
Alwyn,

Jy sal nie 'n fout maak met die Monarchs nie, daai plek (ORMS) se pryse lyk goed. Dink ek het 2 jaar terug R500 meer vir die 10x42 betaal :'(
Cheers.

Re: Binoculars!?

Posted: Mon Jul 11, 2011 10:38 am
by tripodmvr
As jy jou geld verdien met 'n instrument dan soek jy iets wat baie duursaam is en die stampe en stote kan verduur. As dit vir sport en ontspanning is in so 5 na 10 gevalle per jaar en jy verdien 'n normale salaris is die nikons, asahi pentax ens. goed genoeg.

Re: Binoculars!?

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Yes gerhard, dit is maar vir werk ja, jag.. 

Tripod dit is hoe ek 'n goeie deel van my geld verdien, maar ek het nie geld vir 'n zeiss nie en as ek hom stamp wil ek nie huil die aand nie! Toe dink ek maar Nikon Monarch is die beste kombinasie van geld en waarde op die oomblik!

thanks vir die raad manne!

Re: Binoculars!?

Posted: Wed Jul 13, 2011 9:27 pm
by Spanner
Ek het gister hier in Holland vir my die Nikon Monarch 10x42 gekoop, en ek is heeltemal tevrede.  Die beeld is uitstekend en die ding voel "reg" in my hand.  Ek het my laaste spaargeld vir hom gebruik en het 260 Euro (R2600) betaal.  Ek kan nie wag om hom in die veld te toets nie.  Ek wou 'n Steiner gekoop het maar hy kos hopeloos te duur vir die hoeveelheid kere wat ek hom gaan gebruik.  Eina... ek is nie so finansieel sterk om dit te kan absorbeer nie ! 

Ek sal dalk, as ek dit alles MOET oor doen, eerder die 10x36 koop net omdat hy fisies kleiner en makliker hanteerbaar is en stoor.  Maar ek is heeltemal tevrede met die Monarch.

Re: Binoculars!?

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:08 pm
by .::Alwyn-U::.
Thanks spanner vir die raad, klink my ek is op die regte pad!