Page 1 of 1
Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Jul 10, 2011 7:54 pm
by theedge
So twee weke terug was ek uit vir bosvark toe ek twee ratels raakloop. Hulle was aktief in die aand - met die lig op hulle is hulle onmiddelik in n gat in. Was verbaas om die twee te sien die eerste keer dat ek hulle in die natuur raakloop
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Jul 10, 2011 8:36 pm
by Hunter xxx
Ek wil tog iets weet
SKIET DIE BOERE HOM OF NIE SY
Ons het ook een die naweek een gesien.
Groete
H
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Jul 10, 2011 10:29 pm
by theedge
Hunter nee nog nie hulle geskiet nie ek is so oor n wek vir so 2 weke op die plaas dan sal ek hulle loer - dink hulle kom maar van die park af
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Jul 11, 2011 12:31 am
by fanie17
Moenie hulle skiet nie,doen nie skade nie
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Jul 11, 2011 6:31 am
by .::Alwyn-U::.
Ek hoop nie die boere skiet hulle nie! Fanie +1
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Jul 11, 2011 8:20 am
by tripodmvr
As spesie na as jagbaar gelys word nie moet ons aanvaar dat dit beskermde dier is. As dit skade doen kan mens voorkomend optree (bye boere met neste op stellasies), dier verwyder na veieliger area of as laaste uitweg 'n skadepermit verkry.
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Jul 11, 2011 8:27 am
by Hunter xxx
Baie dankie
Dit mooi om so iets te sien in die nag.
H
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Jul 11, 2011 3:51 pm
by theedge
.::Alwyn-U::. wrote:
Ek hoop nie die boere skiet hulle nie! Fanie +1
Nee skiet hulle nie Kan nie die rede vir dit sien nie - ek gaan hulle net loer (monitor) dit was die eerste keer dat ek hulle gesien het. Wil net meer inligting oor hulle bekom
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Fri Jul 22, 2011 10:10 pm
by theedge
My vermoede was toe reg kom van die park se kant - hulle loop maar so rond en nee ek of die boer gaan hulle nie skiet nie
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Fri Jul 22, 2011 10:23 pm
by G-force
Ek Bly op n plot in PTA oos so 8km van Hans strydom af.n Paar maande terug blaf my brakke.Gaan boonste stoep toe met groot flits lig en wat kry ek toe?5m van my huis af loop ratel ewe rustig oor my gras.Niks pla hom en hy stap maar toe rustig verder op soek na kos of n girlfriend.
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sat Oct 08, 2011 6:43 pm
by ThinusS
Ek het 'n paar jaar gelede, naby Naboomspruit, twee ratels op 'n waterbok karkas met 'n stelkamera afgeneem. Op dieselfde karkas, nie op dieselfde tyd nie, het ek ook 'n rooijakkals, 'n sivetkat en 'n bruinhi?na afgeneem. Die ratels het ek, by verskeie geleenthede, ook helder oordag gesien.
Groete
Thinus
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Oct 09, 2011 8:43 am
by ThinusS
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Oct 09, 2011 3:09 pm
by James Wilson
fanie17 wrote:
Moenie hulle skiet nie,doen nie skade nie
ek ken nie n boer in my omgewing wat sal toelaat dat jy n Ratel skiet nie. ek self het hulle al raak geloop, en hulle vir ure dopgehou. wat n fantastiese skepsel. ek sal nooit n ratel kan skiet nie. maar skade kan hy skade doen. ek het al gesien hoe probeer 3 boerboelle hom uit n hoenderhok kry. hy steur hom nie aan hulle nie. daardie selfde spore het ons 3 aande later in die kraal gekry by dooie lammers waarvan die bytmerke aan die lammers vir my heeltemal vreemd was.
ek weet dit is n dier waarvoor ons almal respek het, maar hy is nie onskuldig nie.
n vriend van my boer met le hoenders, hy se sy grootste skade was van 2 ratels, hulle laat hulle glo nie afsit van sifdraad nie.
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Mon Nov 07, 2011 6:39 pm
by fanie17
Ek sal instaan vir al die skade wat hulle doen
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Tue Nov 08, 2011 8:14 am
by Jassie
Fanie17
As ek jy is maak ek 'n gat omkeer met jou voorstel vir die skade vergoed - dit kan jou net klomp geld kos.
Groete
JAS
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Fri Feb 12, 2016 10:32 pm
by JPL
James, ek kan getuig.
'n Ratel het al by ons ook n groot skaap ooi dood gebyt. Ek het dit net eenkeer gesien. Verder baie rooikat, ons is gelukkig om geen rooijakkals te hê nie.
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sat Feb 13, 2016 8:22 am
by kwagga
By ons het ratel al Nyala lammers gevang. Maar maak nie naastenby soveel skade as die rooikat en jakkals nie.
Ek respekteer 'n ratel te veel om hom te skiet, laat my te veel aan 'n sekere geharde bevolkingsgroep dink...................
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Jan 08, 2017 8:22 am
by gho
'n Ratel is 'n karnivoor en dus eet hy vleis en ook jongbye. Ek het die afgelope seisoen sewe produksie korwe verloor agv van die "vriend".Die korwe staan op meter hoe staal rame,wat duidelik nie goed genoeg was nie.Hy het selfs 5uur die namiddag die korf wat 30 meter vanaf my agterdeur staan afgegooi en oopgeskeur,terwyl my huismense daar is.Hy steur hom nie aan die honde nie, maar as die bakkie dreun dan glip hy.Gelukkig is dit net seisoenaal terwyl die bye swerm bou.
Die sensor lig wat ek by die korwe opgesit het ontsenu hom egter.
Die Ratel is egter baie nuttig vir die beheer van slange en rotte en vele ander peste. Dit is seker die vreeslooste dier wat daar is,wat volgens gewig nie sy gelyke het as dit by baklei kom nie.
Baie groter diere en mense moes al hakskene wys vir die knaap.
Ek sal egter die jaar 'n ander plan moet maak vir die korwe voordat die meneer vanaf die buurplase af terugkom
Fanie17,as jy vir skade deur 'n Ratel wil instaan,sal jy verras word met 'n verrrassing.

gho
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Sun Jan 08, 2017 9:52 pm
by Jackalsniper
Manne, n jakkals,rooikat, luiperd, ratel en nog heelwat ander roof diere is almal vir my mooi en uniek geskep,maar as hulle onder vee maai tel dit glad nie meer vir my nie. Ek sal n Jak en Rooikat enige tyd van die dag enige plek van kant maak selfs al het ek nie n rede nie, maar n ratel of luiperd sal ek bietjie sleg voel oor. Ek kan se hier by ons word ongelooflik baie skade deur ratels gemaak en dis glad nie n mooi prentjie as hy n lam se lippe en tong afgeskeur het en die lam loop nog rond nie. Ek het nog net een gesien na ek hom met n haas distres ingeroep het,maar nie geskiet nie. Hulle neuk met bye kaste al is hulle op staanders hulle skuif goed nader om op te staan om by te kom, lammers en groot skape word dikwels vermink deur hulle. Ek sou hom nie op n kleinvee/pluimvee plaas toelaat nie.
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Tue Jan 10, 2017 1:00 pm
by Jackalsniper
https://www.youtube.com/watch?v=c36UNSoJenI
Vir die wat die video nog nie gesien het nie
Re: Ratel (HoneyBadger)
Posted: Tue Jan 10, 2017 5:42 pm
by PWV
Ratel, sê iets. Hulle praat hier van jou my vriend!