Ek bou my eie geweer kolf

Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Soos julle mag weet sukkel ek al n wyle om iemand te kry wat vir my n geweerkolf kan bou vir my dogter, sonder dat dit my n arm of n been kos.

Ek het toe op iemand afgekom wat dit vir n lewe doen, en R5500 later het ons n kolf gehad wat werk. Maar die vakmanskap is net net kort van pateties gewees, en ek was nooit gelukkig met hoe dit lyk nie.

Ek is nie bereid om tussen R15 000 en R20 000 te betaal vir wat ek wil he nie, so toe besluit ek om dit self te doen.

Hoe moeilik kan dit wees?

My plan is om die blank voor te berei met die "fore-end" klaar aan. Dit dan heeltemal reghoekig te kry en dan eerste die "inletting" te doen. Op daai manier kan ek die kolf nog lekker vashou terwyl ek daaraan werk, en ek het hakse vlakke waarvan ek kan meet.

Dan sal ek dit met n bandsaag bykom en die basiese vorm uitsny. En van daar met hand skaaf, speekskaaf, flapper disk, raspers en vyle die vorming doen.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Chris Swart »

Ek hou die een dop.

Ek het dit ook al oorweeg, maar nog nie die moed bymekaargeskraap nie
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Eerste stap was natuurlik hout koop.

Silverton hout handelaars het klaar gesnyde 65mm dik "blanks" van Okkerneut vir R900. Ek het geskies om n groter stuk 65mm okkerneut te koop vir R1400 - ek kan 4 kolwe uit hom sny as dit nodig is (wie se die eerste een gaan reg wees?)

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27697&sid=a24a8cfa075a845fc295fc6847303880

Ek het ook n stuk Wenge gekoop vir die voorste punt, en ek het Beech gehad.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27698&sid=a24a8cfa075a845fc295fc6847303880

Die beach het ek 8mm dik gesny en toe in die drumsander afgewerk na 5mm. Die Wenge se een kant is deur die drum sander om seker te maak hy is mooi plat.

Nadat ek die voorpunt van die Okkerneut mooi plat geskaaf het is die 3 reg om aanmekaar te lym.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27699&sid=a24a8cfa075a845fc295fc6847303880
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by FHM »

Uys ons hou jou noukeurig dop - dis veral interressant om dit so van die begin af saam met jou deur te maak - hou ons op hoogte met jou vordering ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Julle manne moet advies gee, dis my eerste keer.
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Hano243 »

Hierdie gaan interessant wees,ek volg noukeurig.
Hano
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by FHM »

Hier is manne wat hulle eie gebou het met stappe en fotos - sal dalk vir jou hier en daar n idee gee en help met jou projek:
http://mysticprecision.com/2012/02/low- ... -fortiers/
https://gumbi1.wordpress.com/my-first-diy-rifle-stock/

Istruksies en raad:
http://www.instructables.com/id/Buildin ... fle-Stock/

Glassbedding:
http://www.larrywillis.com/tip021.html

Sterkte! ;)
Last edited by FHM on Tue Jun 21, 2016 1:49 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Uys.
Ek was in dieselfde bootjie as jy. Gaan loer gerus op die draad van hoe ek destyds my John Deere kolf gebou het.
Taktiese kolfbou 101

Jy is meer as welkom om my te kontak. Ek sal myself nou nie uitgee as 'n ekspert nie, maar ek skaam my gladnie vir my pogings nie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by FHM »

Gawie(13mm) wrote:Dagsê Uys.
Ek was in dieselfde bootjie as jy. Gaan loer gerus op die draad van hoe ek destyds my John Deere kolf gebou het.
Taktiese kolfbou 101

Jy is meer as welkom om my te kontak. Ek sal myself nou nie uitgee as 'n ekspert nie, maar ek skaam my gladnie vir my pogings nie. ;D
Hel ek het vergeet jy het mos self gebou Gaafsters!!!
Uys hier is jou man! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Gawie(13mm) »

Jaaaa! Uit die oog, uit die hart.
Jul klomp Duits-westers dink mos omdat julle nader aan die ewenaar as ons Bolanders is, is ons benede julle. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Gawie(13mm) »

Uys, net 'n vinnige observasie: As 'n man beskik oor 'n "drumsander", sy fabriek se vloer is so netjies en sy gereedskap hang op sy plek, behoort hy 'n kolf binne 'n dag te vorm en pas. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by FHM »

Gawie(13mm) wrote:Jaaaa! Uit die oog, uit die hart.
Jul klomp Duits-westers dink mos omdat julle nader aan die ewenaar as ons Bolanders is, is ons benede julle. ;D
Wel...geografies is dit n feit - soos jou John Deere kolf groen is! ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Gawie(13mm) wrote:Dagsê Uys.
Ek was in dieselfde bootjie as jy. Gaan loer gerus op die draad van hoe ek destyds my John Deere kolf gebou het.
Taktiese kolfbou 101

Jy is meer as welkom om my te kontak. Ek sal myself nou nie uitgee as 'n ekspert nie, maar ek skaam my gladnie vir my pogings nie. ;D



Jy het duidelik oor die storie gedink. Ek het so vinnig deur alles gescan - sal later lees - maar jy het klaar van my probleme opgelos, dankie!!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Gawie(13mm) »

Kwaai, ek pm vir jou die rekening. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Jurgen Visser »

Ek wil ook net loer as ek mag , lol
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Gawie(13mm) wrote:Kwaai, ek pm vir jou die rekening. >:D

Maak asb net seker my BTW nommer is daarop!
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Ek was nou 7 maande oorsee, en een ding wat ek myself belowe het is dat ek geduld gaan aanleer - solank ek dit vandag kan aanleer. So ek het nie te veel gedoen vanaand nie.

Eerstens het ek die plank afgeskaaf na 61mm en dit toe met die drumsander 60mm dik gemaak. Ek het dit net ge-drumsand sodat die kante mooi glad is om op te teken.

Daarna het ek die ou kolf op die nuwe plank ge-trace. Ek het die skouer vlak (waar die recoil pad vaskom) op die agterkant van die plank gesit, en die agterste aksie skroef se posisie bepaal - dit die verwysing, ek sal alles van die skroef af meet, en dit gaan ook die eerste masjieneering wees- om daai gat te boor.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27714&sid=616ef148ed586f58d134c405736d08fc


http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27713&sid=616ef148ed586f58d134c405736d08fc
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Durand
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Mar 25, 2015 1:14 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Durand »

oom uys
skies ek hi jack you post, ek sal die ook noukeurig volg.
Maar net n vraag is hier manne wat al n geweer kolf uit veselglass gemaak het.
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Die geweer gaan dan min of meer hier le in die kolf, kyk na die diepte.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27715&sid=cd147ba90239bac3e4562617a75e9471
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Jean Marais »

Uys, daai lyk vir my na 'n FN Browning Mauser aksie???
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Dit is n Mauser gebaseerde Parker-Hale aksie. 22-250.
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Update tyd!


Ek het gister middag n nuwe stuk hout gesny waarvan die grein beter le, en na al die uitmerk op die eerste een het ek genoeg vertroue gehad om te begin werk. My twee verwysings is die bokant van die plank, en agterste aksie skroef. Ek het besluit om die gate vir die skroewe eerste te boor. Die posisie van die eerste gat is bepaal deur dit van die ou kolf af te merk, die afstand van die skouer vlak tot by die gat. Die tweede een is presies 199mm vorentoe, die afstand tussen die twee gate in die aksie.

Ek het die plank in die vice vasgeklamp en toe n gebuigde sweis stafie gebruik om dit haks met die boor te kry. As jy die stafie so buig dat hy die plank net-net raak dan stel jy die plank sodat hy links en regs net net raak - voila, haks!

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27758&sid=aa703763a39795a0e664b4d1c50c4de0 http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27757&sid=aa703763a39795a0e664b4d1c50c4de0

Daarna het ek die sneller uit die aksie verwyder (ek hoop ek kry al die goed weer aanmekaar) sodat ek die aksie op die kolf (dis nou nie meer n plank nie - daar is al twee gate in) neergesit sodat ek die buite lyne kon "trace".

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27759&sid=aa703763a39795a0e664b4d1c50c4de0
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Uys »

Toe het ek begin om die voorste pilaar se gat uit te beitel. net sodat die askie mooi plat kon le in die kolf.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27760&sid=aa703763a39795a0e664b4d1c50c4de0

Nadat ek dit kon trace kon ek dit die router begin gebruik. Ek het die ekstra plank vasgeklamp aan die kant om n groter plat vlak vir die router te maak sodat hy meer stabiel is en nie neig om te kantel nie.

http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=27761&sid=aa703763a39795a0e664b4d1c50c4de0

Ek het die eerste paar snitte gemaak, maar toe het dit tyd geraak om te gaan braai. So vanaand sal ons dieper sny - en natuurlik word die cutout ook wyder soos hy dieper word aangesien die onderkant van die aksie taper. So ek "trace" hom, sny die cutout groter en dieper, vee die potlood merke af, sit die aksie in en trace dit weer. Ek wil so 4 mm op n slag dieper sny, so ek sal seker vanaand die loop ook moet begin sny
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Capt. Yoda »

Lyk baie goed, eendag wil ek dit ook nog probeer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Ek bou my eie geweer kolf

Post by Ben »

Uys ek hou van jou post en is bly jy deel dit met ons....Ek sal mooi oplet.

Hierdie is ook iets wat ek graag wil doen maar ek gaan probeer vir die composite roete....My brein werk oortyd!!

Strekte met die bou en ek glo jy geniet dit!!
"Failure is NOT an Option"
Post Reply