Page 1 of 1
My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 8:31 am
by JohanvanZyl
Ek was Saterdag oggend bevoorreg om my eerste varkie op n vriend se plaas te skiet. Ek het hierdie week ook geleentheid gehad om met die hulp van dieselfde vriend my eerste rondtes self te laai ook. varkie was 45 kg aan die hak
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 8:36 am
by Chris (vdB)
Geluk Johan, mooi varkie!!
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 8:49 am
by Apie
Nou is die rekening oop
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 9:19 am
by Ashley
Lekker man!
45kg is n mooi size vark. Cabbenossi, russians, kaas wors....
Geluk!
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 11:23 am
by tripodmvr
Geluk Johan. Jy het nie dalk met 'n 270 geskiet nie?
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 11:31 am
by JohanvanZyl
tripodmvr wrote:Geluk Johan. Jy het nie dalk met 'n 270 geskiet nie?
Dankie Oom. Hehe. Nee ek het maar my 30-0kwes gebruik. Hy kwes nou alles mooi in die kop of op die blad. Maar dalk moet ek hom maar ruil vir n 270. Dit is mos DIE kaliber.

Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 12:48 pm
by Ashley
JohanvanZyl wrote: Nee ek het maar my 30-0kwes gebruik. Maar dalk moet ek hom maar ruil vir n 270. Dit is mos DIE kaliber.
Sjoe, ek moes nou my -06 se ore toe druk sodat sy dit nie hoor nie...

Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 1:42 pm
by JohanvanZyl
Ashley wrote:JohanvanZyl wrote: Nee ek het maar my 30-0kwes gebruik. Maar dalk moet ek hom maar ruil vir n 270. Dit is mos DIE kaliber.
Sjoe, ek moes nou my -06 se ore toe druk sodat sy dit nie hoor nie...

Ashley voor ek geslap raak wil ek dit baie duidelik maak dat ek n 30-06 man is deur en deur. As ek n 270 wil hê sal ek net klein koeltjies in my 30-06 laai. ( Alles alles tong in die kies voor ek regtig geklap word)
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 2:06 pm
by Ashley
Nee wat ek check maar net....
Mooi gejag!
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 3:24 pm
by alecjohnson
HaHa!
mooi varkie daai!
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 4:38 pm
by tripodmvr
Bloedstreep van die neus tot by die foefen valve dui gewoonlik op 'n 270. Jy het hom hard geslaan met die 30-sukses. Tipe koeël gebruik?
Re: My eerste varkie
Posted: Sun Jun 12, 2016 4:45 pm
by JohanvanZyl
tripodmvr wrote:Bloedstreep van die neus tot by die foefen valve dui gewoonlik op 'n 270. Jy het hom hard geslaan met die 30-suses. Tipe koeël gebruik?
Oom Driepoot. Met die afslag het hy op slagtafeltjie gelê. Dit is dalk die bloederigheid op die rug. Het hom net na die foto mooi gewas. Moes dalk voor die foto. Het hom van die kant af in die kop geskiet. 150gr proamm punte.
Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 6:14 am
by Hennie Dreyer
Mooi varkie daai Johan! My lang wag is amper verby. Ry self more oggend vroeg vroeg Swartwater se kant toe. Sal probeer om die bloed af te was voor ek fotos neem

Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 6:53 am
by Stephan86
Baie geluk, dit is 'n baie mooi varkie daai.
Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 12:18 pm
by Stefan Fourie
Mooi vark, baie geluk.
Net my opinie oor 30-06 of 270.
Ek skiet met 'n 270 met Sierra Gameking 140gr HPBT punte. Hy skiet bietjie minder stukkend as 'n 30-06 met 180 gr loodpunte as ons op dieselfde plek op die bok se lyf sou skiet, my neef skiet met hulle. Die lank en die kort is, beide kalibers gaan vleis stukkend skiet. Beide is egter ook akuraat genoeg om kop- of nekskote te skiet. Leer dus jou geweer en patrone goed en skiet daarmee die skoot waarmee jy vertroud is en waar jy die sekerste is die bok gaan 'n doodskoot kry.
Lekker jag
Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 1:12 pm
by JohanvanZyl
Stefan Fourie wrote:Mooi vark, baie geluk.
Net my opinie oor 30-06 of 270.
Ek skiet met 'n 270 met Sierra Gameking 140gr HPBT punte. Hy skiet bietjie minder stukkend as 'n 30-06 met 180 gr loodpunte as ons op dieselfde plek op die bok se lyf sou skiet, my neef skiet met hulle. Die lank en die kort is, beide kalibers gaan vleis stukkend skiet. Beide is egter ook akuraat genoeg om kop- of nekskote te skiet. Leer dus jou geweer en patrone goed en skiet daarmee die skoot waarmee jy vertroud is en waar jy die sekerste is die bok gaan 'n doodskoot kry.
Lekker jag
Hallo Stefan. Stem saam met jou. En die tipe punt wat jy laai maak tog sekerlik ook n verskil. Ek sien jy is van die Suide! 8 Julie stempel hulle my paspoort by Rietfontein. Gaan bietjie by my oupa kuier in Aroab en so rukkie by my oom in Aranos.Kan nie meer wag nie! My oupa skiet 270 al vir baie jare. Niks fout met 270 nie ek het ook al voorreg gehad om paar bokke met hom te skiet toe ek en my broer nog te jonk was vir lisensies.
Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 1:17 pm
by Stefan Fourie
Johan, ek is 'n suide boorling. Die Aroab mense ken ek goed en Aranos mense van skooldae af, jy het wraggies goeie kuierplekke...
Re: My eerste varkie
Posted: Mon Jun 13, 2016 1:19 pm
by JohanvanZyl
Stefan Fourie wrote:Johan, ek is 'n suide boorling. Die Aroab mense ken ek goed en Aranos mense van skooldae af, jy het wraggies goeie kuierplekke...
Die beste plek in die wêreld is tussen die rooi duine!
Re: My eerste varkie
Posted: Wed Jun 15, 2016 6:32 pm
by Mellies
Mooi gegooi!
Met n vleisie...
Re: My eerste varkie
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:04 pm
by Sean3006
Hallo Johan. Mooi vark. Is hulle taai en moeilik om neer te sit? Hoe smaak hy?