Page 1 of 1

Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Wed Jul 06, 2011 10:17 am
by Adaan
Dag se
Sal graag wil weet wat die meeste jakkalse is wat al met n dagskiet geroep en geskiet is,asook van hoeveel staan plekke?
  Groete

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Wed Jul 06, 2011 10:21 am
by BLOK
Vra vir Piet Breedt ek verneem hy het een nag massa moord gepleeg

Blok

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:18 am
by sakkievanheerden
Adaan
Ek was gelukkig gewees om met my eerste middagroep n mooi stel jakkalse te kon skiet van een roepplek af,as ek reg kan onthou was dit laas jaar in April rond.Ek onthou ek het kos vir omtrent halfuur gespeel toe mooihuil en hulle het my dadelik geantwoord.Na rukkie se stilte het eers die teef opgedaag,haar geskiet,ruk weer in stilte gewag en baklei gespeel en sommer gou het die reun ingestorm gekom.Ek onthou Freddie 101 en sy vrou het die middag van Bloemf af gekom met hul dogter se graadeplegtigheid toe bel ek hom nog uit die veld om te vertel van my geluk,dit was op n plaas van ons tussen Hofmeyer en Tarkastad.Freddie het my toe daar lans die pad gekry om na die jakkalse te kyk
Groete
Sakkie van Heerden

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Wed Jul 06, 2011 3:02 pm
by Adaan
Sakkie
Het self nog net ses dag roepe gedoen was met vier suksesvol en kon nog nooit meer as een op n slag skiet nie,bygese die meeste stands wat ek al  op n dag gemaak het was twee.
Sal graag by Jaracal wil hoor hoeveel hy al met n dagroep kon skiet,hy was op n tyd besig om te eksperimenteer met uitsluitlik dagroep!!
Groete

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Wed Jul 06, 2011 4:50 pm
by Roelo
My meeste op een plek was 3 dood 1 gemerk

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Fri Jul 08, 2011 10:13 am
by Louw15
        Sakie


Ek kom van die hofmeyr omgewing af en het naby leeukop gejag en 4 gekry
op een staanplek het 2 uure net gesit en rond gekyk het hasie combo bigen                                                                                                          en binne 1ste 20min het ek n reun geskiet na 5min stilte het ek nog
n jong reun na daai skoot het 15min gewag toe mooihuil gespeel en toe kom       
daar n groot reun en teef ingekom en het hule ook gerol en hoor by n oom
wat daar bly se daar is nog n groot teef wat daar rondloop so sal nog gaan
draai maak daar.

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Thu Oct 06, 2011 5:26 pm
by cassie_calvinia
verskil die geluide wat jul in dag gebruik, van die in die nag. en, roep jy dieselfde, meer,of minder(geluide)

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Thu Oct 06, 2011 10:58 pm
by Danie01
Cassie

Die manne gaan jou almal se jy moet die search funksie gebruik en nie die topic verander nie. Daar baie inligting onder dagroep. Ek self wil ook weer daardeur lees om n bietjie opteskerp. Vertrou jy sal baie inligting daar kry.hoop dit help.

Groete
Danie

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Thu Oct 06, 2011 11:24 pm
by Vaalboer
Nou nie dagroep nie, maar vriend van my het een middag in Maartmaand in Lichtenburg omgewing gaan voorsit by spilpunte om vlakvarke te skiet wat skade maak. Skiet toe 4 jakalse voor sononder. Hulle roep nie maar skiet gereeld jakalse terwyl hulle vir die varkies wag deur net voor te sit. Tussen 16:00 en 18:00 skat ek. Hulle skuif nie rond nie en sit net op 1 plek. Hulle skiet met kd's...

Re: Meeste jakkalse in dagroep geskiet

Posted: Fri Oct 07, 2011 4:56 am
by cassie_calvinia
danie, ja man, jammer. het dit gaan lees nadat ek die post geplaas het. ek dink net 'n mens moet dalk jou dagroepe verander van nag roep. netnou assosieer die slmes jou nagroep met jou, en jou ligte.