‘Europa moenie dikteer oor jag’
Submitted by Republikein on Tue, 2016-04-26 01:00
Francoise Steynberg
"Ons vertel nie vir Europeërs hoe om te ski nie en dit is onaanvaarbaar dat hulle aan ons dikteer dat ons nie mag jag nie."
Dít was die boodskap van die adjunkminister van die omgewing en toerisme, mnr. Tommy Nambahu, gister tydens die amptelike opening van die tweedaagse voorsittersforum van kommunale bewaringsgebiede in die hoofstad. Die tema is bewaringsjag.
“Ons probeer ’n punt by ons Europese vennote maak dat jag deel van ons kultuur is. Ons jag al vir eeue en het steeds baie wild,” het Nambahu beklemtoon.
Hy het gisteroggend van Brussel in België teruggekeer waar hy die belangrikheid van bewaringsjag in Namibië onder die aandag van die Europese Unie (EU) gebring het. Die meerderheid van die EU-parlementslede het egter teen die verbod gestem.
“Europeërs moenie vir ons vertel van goed waarvan hulle nie weet nie. Ons is ’n onafhanklike, demokratiese land. Dit is onaanvaarbaar. Ons soek vir gelyke vennootskappe, maar respekteer ons siening en soewereiniteit,” het Nambahu gesê.
Hy het gevra wat sal gebeur as daar ’n verbod op jag geplaas word, veral in ’n droogtegeteisterde land soos Namibië. Hy meen die volhoubare gebruik van wildlewe is al vir dekades die pilaar van natuurbewaring.
“Wat sal gebeur met ons wildlewe, binne en buite ons nasionale parke? Hoe gaan dit die lewens van ons landelike gemeenskappe beïnvloed?” het Nambahu gevra.
Hy het gesê as bewaringsjag weggeneem word, sal wildlewe die verloorder wees en die landelike gemeenskappe sal die meeste daaronder ly.
“Ons is onder druk met ’n verbod op die invoer van jagtrofeë na Europa, maar bewaringsgebiede sal dan geen inkomste hê nie,” het me. Maxi Louis, direkteur van Nacso, Namibië se sambreelorganisasie vir die Gemeenskapgebaseerde Natuurlike Hulpbronnebestuur-program (CBNRM), gesê.
“Vanaf 2014 het 48 trofeejagkonsessies ’n inkomste van N$36 miljoen verdien met 134 voltydse en 108 deeltydse poste wat geskep is,” het Louis gesê.
Nambahu het voorts gesê dat Namibië wreedheid teenoor diere en swak jagpraktyke veroordeel en ten gunste van etiese jag is, “daarom moet julle jul huise in orde kry”.
Volgens die adjunkminister is die grootste uitdaging die onwettige jag van renosters en olifante en dit moet dadelik gestop word.
“Daar is geen nuwe voorvalle onlangs aangemeld nie, maar as bewaringsgebiede het julle ’n groter rol om te speel om wildstropery te beveg. Julle is op die grond en julle kan wildstropery voorkom,” het Nambahu versoek.
Hy meen dit is ook belangrik dat bewaringsgebiede insette sal lewer in die nasionale strategie oor wildbeskerming en wetstoepassing.
Voorts sal die nasionale beleid oor mens-dier-konflik ook vanjaar hersien word en die proses het reeds begin.
“Ek doen ’n beroep op julle om tydens die konsultasieproses praktiese en gefokusde benaderinge voor te stel om mens-dier-konflik te voorkom,” vra Nambahu.
Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
Last edited by FHM on Tue Apr 26, 2016 12:55 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
Dit is goeie nuus. Die Europese Unie het probeer om invoer van trofee te verban. Slegs 110 parlementslede van EU parlement het daarvoor gestem, en 370 stemme was nodig om die verbod in te stel.
Namibia het n minister gestuur om te pleit vir die behoud van trofee jag. Dit het duidelik gewerk. Wonder wat ons regering gedoen het, seker blue boggerol. Welgedaan Namibia.
Namibia het n minister gestuur om te pleit vir die behoud van trofee jag. Dit het duidelik gewerk. Wonder wat ons regering gedoen het, seker blue boggerol. Welgedaan Namibia.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
-
honda2
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Re: Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
Dit is goed om te sien dat n buurland so oopkop dink om selfs n minister na die beraad te stuur. Sal nie sommer hier gebeur nie.
Vleisie vir Namibia...
Vleisie vir Namibia...
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
Give that man a BELLS!!!!!
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Bewaringsjag in Namibia is hier om te bly (sover)
Ag nee kom nou ouens, dies nie waar nie.
Ons sou BAIE meer as net 'n minister gestuur het. Ons sou klomp van die se vrouens kinders oumas oupas kennisse ens oomk saamgestuur het vir lekker JOL op ons belastings geld en niemand sou eers by die konferensie aangekom het nie...
Ons sou BAIE meer as net 'n minister gestuur het. Ons sou klomp van die se vrouens kinders oumas oupas kennisse ens oomk saamgestuur het vir lekker JOL op ons belastings geld en niemand sou eers by die konferensie aangekom het nie...