Nuwe loop vir 22-250

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Nuwe loop vir 22-250

Post by Lourens »

More manne,

Ek het vanoggend uiteindelik die besluit geneem dat ek my 22-250 se loop gaan vervang. Ek het nog die oorspronklike fabrieksloop op en soos dit is het ek my gat af gesukkel om 'n lading te kry waarvan die oukie hou.

Die fabriekslope op die Ruger 22-250's het almal 'n 1in14 twist op en dit maak dat daar baie van die lekker lang punte is wat 'n man nie kan skiet nie. Siende dat ek hom baie op rooibokke en blesbokke (kop en lyfskote) gebruik hou ek maar daarvan om die sterker koeels te gebruik en skiet ek maar die 53gr Barnes TSX. Dis ook die swaarste wat die geweer redelik kan stabiliseer. Die 53gr TSX is ook nie my akkuraatste lading nie, maar hy werk vir wat ek hom gebruik. My akkuraatste lading is 'n 45gr Barnes Banded Solid @ 3720fps, maar ek kon tot dusver nog nie lekker byt kry aan die gebruik  van solids op wild nie. Hy skiet 8 skote in 0.75'' op 100m so ek is baie gelukkig met die lading, maar ongelukkig is dit ook al lading wat hy so wil skiet.

Ek wil baie graag daai 62gr en 70gr Barnes TSX en ook die 75gr Swift Scirocco punte kan skiet, maar jy het 'n twist van 1in8 nodig daarvoor. Daai 75gr en 80gr Hornady A-Max het ook lekker VET bc's en hulle behoort ook mooi te loop op jakkies en katte.

Ek oorweeg ook om dalk dieselfde tyd sommer die nuwe kamer te Ackley? En sommer ook een van Clarence se KD's op te sit.

Watter vervaardiger se loop sal julle ouens aanbeveel en watter lengte?

Groete,

Rooijakkals
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nuwe loop vir 22-250

Post by Frikkie Coetzee »

Rooijakkals

Nogal die selfde vrae gevra oor my Savage 223 wat n 1 in 9 twist het.

As jy swaar wil skiet, moet jy n vinnige twist probeer.  My twist sal tot en met 69 gr stabiliseer. 1 in 14 is redelik oop en meer vir ligte koels.

Kyk op Lilja se webwerf. Daar is n lekker tabel.

Jy moet jou twist kies vir die swaarste punt wat jy wil skiet.  As jy 70 gr wil skiet behoort jy DALK met 1 in 9 weg te kom en nog steeds die 55gr te kan skiet. Ek sal nie n vinniger twist as dit oorweeg behalwe vir ernstige kompetisie gewere in 224 kaliber nie. Maar die 75gr gaan dalk nie stabiliseer nie.
Die ander vraag is of die lang koels in jou magasyn pas?

Frikkie
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Nuwe loop vir 22-250

Post by .::Alwyn-U::. »

22-250 Ackley is baie lekker! dan brand hy nie jou kamer so gou uit nie.. EN HY SKIET VREK AKKURAAT!
Post Reply