Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Witlomu
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm

Nuwe lid

Post by Witlomu »

Middag almal,

Ek lees nou al n ruk aan almal se posts en raad, vir al oor jakkals jag want dit is maar nog iets nuuts vir my. Ek leer verskriklik baie en ek moet se die raad het mooi gehelp met n hele paar jakkies, so dankie aan almal. Ek het groot geword op n plaas hier buite Somerset-Oos, in die Oos-Kaap, lekker karoo wereld. Ek is al van kleins af lief vir die natuur, en jag natuurlik! Het baie gejag op ons plaas en jag nog gereeld of met die roer of met die boog, alles van n muis tot n kudu.

Ek moes teen my wil vir 5 jaar op Stellenbosch gaan Ingenieurswese swot waar ek laasjaar graad gevang het. Ek werk tans in die dorp maar is elke aand op die plaas en naweke ook ( my pa boer nog en hy is nog nie naby aan aftree ni, so ek werk maar). So ek wil maar net se dat ek bly is om deel van die forum te raak en sien uit om nog baie te leer en stories te deel. Ek het self n 30-06 CZ agter my naam, volgende is dit of n 6mm of 243 ek besluit nog. Nou ja toe, voor ek te veel nonsens praat, geniet julle naweke en mag daar lood ini lug wees!

Groete,

Bart van der Vyver
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuwe lid

Post by Heinz Petersen »

Welkom Bart. Jy het dit al klaar hier geniet. So, geniet dit nog verder
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Witlomu
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm

Re: Nuwe lid

Post by Witlomu »

Dankie Heinz, sal verseker
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Post Reply