Jag permit/lisensie

Post Reply
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Jag permit/lisensie

Post by NicoSmit »

Aangesien ek maar redelike skyt bang mens is koop ek maar elke jaar getrou my Jag permit/lisensie vir die Vrystaat vir my blesbokjag . Dis nou die 4 de jaar dat ek soontoe gaan as ek reg kan onthou was dit die eerste jaar R50 2de R75 derde R100 en nou die jaar R130 Ek is nou nie lus om in 'n padblokkade gestop te word sonder die nodige dokumentasie nie en dan sit ek nog saam met Sipho en sy maatjies met my gat in die selle nie .Ek wonder net hoeveel jagters steur hulle nog aan dit .
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by jamalley »

Nico, ek koop elke jaar lisensies vir die provinsie waarin ek gaan jag, bv. Oos-Kaap, Noord Kaap en Vrystaat.

Beide Vrystaat en Noord Kaap lisensies is duur, maar Oos Kaap lisensie kos slegs R30.00
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by pietbak »

As jy in 'n Natuurbewarings padblokkade in ry met wildvleis in jou besit het jy bollie, veral tussen Kuruman en Vryburg. My broer het 5 jaar terug by ons kom jag. Sy jag permit het op die 7 Mei verval. Op die 8 Mei het hy terug gery Brits toe. Ek kon nie glo toe ek die Sondag oggend 'n oproep kry en my broer my in kennis stel dat 'n beampte van Natuurbewaring met my wil praat nie. Wil die persoon weet hoe laat ons 'n jagter toe om sonder 'n geldige permit te laat jag. Ons geluk was dit 'n grens geval met die datum. My broer het 'n R2500 boete gekry. Ons is ook verwittig dat die jagter, die bestuurder van die voertuig en die plaas eienaar waar die wild gejag is elkeen met R20 000 beboet kan word.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by sako 30-06 »

jamalley wrote:Nico, ek koop elke jaar lisensies vir die provinsie waarin ek gaan jag, bv. Oos-Kaap, Noord Kaap en Vrystaat.

Beide Vrystaat en Noord Kaap lisensies is duur, maar Oos Kaap lisensie kos slegs R30.00
Wat is die koste vir die Noord Kaap?
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by alecjohnson »

Ek koop alle lisensies wat nodig is, ek het orra lisensie vir radio, ek het jaglisensie vir waar ek jag ek koop my hengel lisensie getrou en vir wat okal ek by die see maak, ek koop nou varswater hengel lisensies ook, ek het nie tv nie so geen tv lisensie vir my nie!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jag permit/lisensie

Post by Pappabeer »

Pietbak, daai man van Natuurverwarring is verkeerd. Indien sy laaste jagdag die 7de was, was sy jag wettig. Die permit is n bewys van n wettige jag wat plaasgevind het tydens die tyd wat dit geldig was. Dieselfde geld vir die vervoer van trofee, wat baie maal eers n seisoen later na of vanaf n taksidermis beweeg. Dit kan gestaaf word deur n brief of faktuur vanaf die boer met die datum op.

Nico, ek koop voor elke jag die nodige permitte. In KZN koop ons permitte per dier, of indien die plaas n komersiële wild permit het, verskaf hulle n kopie. Sonder dit is die jag onwettig, en nie die risiko werd nie. Die papiere is vêrder ook lekker stawende dokumentasie vir vuurwapen aansoeke
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by bush hat »

More Nico, wil moontlik hierdie jaar 'n Rooiribbok in FS gaan jag, waar koop ek die lisensie ?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Pvdw »

Juis vandag oppad im Oos Kaap 1 te gaan koop.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by 243Songdaug »

Sako. Jag permitte vir die Noordkaap is R150 en jy kan dit by die poskantoor uitneem en betaal - hulle is geldig van 1 Januarie tot 31 Mei van die betrokke jaar.

Ek neem ook getrou alle jag, hengel, TV lisensies uit - hou man uit die tronk.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by NicoSmit »

Stuur vir die dame jou naam en van en jou straat adres vra dan vir die bank besonderhede en of sy dit sommer vir jou kan email doen dit nou al vir 4 jaar so en het geen problem nie die lisensie kom gewoonlik eers na die jag seisoen verby is deur die pos
tindlenit@detea.fs.gov.za
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by bush hat »

Dankie maat !
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Jurgen Visser »

Ja nee manne , bly maar aan die regte kant van die draad , dit is net beter , vat 12 biere minder saam , dan is die permit betaal
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
ljoubert
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by ljoubert »

Almal praat van permitte. Wat van permit no van boer. Het met natuurbewaring in kzn gepraat met n vrou en sy my gese boer moet permit no ook op jou jaglisensie inskryf. Saam met bok m of f. Ek haar gese nog geen boer het dit op my lisensie gedoen. Toe se sy lees as ek reg onthou 4b op keersy van lisensie. Daar se dit boer moet ook sy permit no inskryf. Wat se jul manne hieroor
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by tripodmvr »

Op 'n permit om vleis te vervoer word die boer se besonderhede asook 'n vrystellingsnommer van die plaas aangebring. By 'n geskil kan die boer dan gekontak word en kan sy inligting nagegaan word. Onthou dat wilddiefstal so beperk word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Boersonderroer »

So as ek ' n bok karkas vervoer van die plaas waar ek jag tot by my huis moet ek 'n permit he? Waar kry mens dit? Klink na 'n geld maak storie

From a Experia far away
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by tripodmvr »

Boersonderroer wrote:So as ek ' n bok karkas vervoer van die plaas waar ek jag tot by my huis moet ek 'n permit he? Waar kry mens dit? Klink na 'n geld maak storie

From a Experia far away
Lees mooi wat ek seg. Die boer verskaf aan jou 'n vervoerpermit. Stuur per PM jou epos aan my en ek sal so permit in PDF formaat aan jou stuur. Druk hom uit en vul hom saam met die boer in wanneer jy vleis huis toe bring.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Jag permit/lisensie

Post by Forester »

Hier is 'n voorbeeld vanaf SA Jagters -> http://www.sahunters.co.za/images/attac ... nision.pdf
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Mellies »

243Songdaug wrote:Sako. Jag permitte vir die Noordkaap is R150 en jy kan dit by die poskantoor uitneem en betaal - hulle is geldig van 1 Januarie tot 31 Mei van die betrokke jaar.

Ek neem ook getrou alle jag, hengel, TV lisensies uit - hou man uit die tronk.
My NK liksens wat ek laasweek in Douglas gekoop het is geldig van 1 Januarie - 31 Desember.

Met n vleisie...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Mellies »

jamalley wrote:Nico, ek koop elke jaar lisensies vir die provinsie waarin ek gaan jag, bv. Oos-Kaap, Noord Kaap en Vrystaat.

Beide Vrystaat en Noord Kaap lisensies is duur, maar Oos Kaap lisensie kos slegs R30.00
+1

Ons koop ook elke jaar liksense vir provinsies waar ons jag.

Met n vleisie...
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by Boersonderroer »

tripodmvr wrote:
Boersonderroer wrote:So as ek ' n bok karkas vervoer van die plaas waar ek jag tot by my huis moet ek 'n permit he? Waar kry mens dit? Klink na 'n geld maak storie

From a Experia far away
Lees mooi wat ek seg. Die boer verskaf aan jou 'n vervoerpermit. Stuur per PM jou epos aan my en ek sal so permit in PDF formaat aan jou stuur. Druk hom uit en vul hom saam met die boer in wanneer jy vleis huis toe bring.
Jammer oom, ek doen dit sodra ek by my kantoor kom.

From a Experia far away
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by tripodmvr »

Forester het sommer een geplaas wat jy na kan gaan kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ljoubert
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm

Re: Jag permit/lisensie

Post by ljoubert »

Dankie manne vi die hulp verstaan nou amper.
User avatar
Heisenberg
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sun May 08, 2016 10:04 am

Re: Jag permit/lisensie

Post by Heisenberg »

Het iemand dalk 'n voorbeeld van hoe 'n tipiese Plaasvrystellingsertifikaatnommer lyk?

Hoe lank is hy? Enige snaakse letters voor of na?

Ek is nie 'n skelm nie maar as ek al die moeite doen om 'n jaglisensie uit te neem en 'n toestemmingsvorm uitmaak om vleis te vervoer maar die boer het nie so 'n nommer nie gaan ek 'n kans vat indien ek by 'n padstop kom.
Post Reply