Sub-Compact Versteekbare pistool

Post Reply
Induna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am

Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Induna »

Hi manne,

Ek is tans in die mark vir n goeie versteekbare sub-compact pistool. Ek het n .38 SP REVOLVER ook, maar vind dit dra nie so gemaklik aan my lyf nie en dis n wapen wat moeilik herlaai wanneer tyd n faktor is.

My basiese doelwitte is om n handwapen te kry wat gemaklik dra, elke dag gedra kan word, goed versteekbaar wees, moet meer rondtes as my .38 SP kan vuur voor om te herlaai, moet betroubaar wees (geen storings) en moet darem mooi lyk ook.

Van al die reviews wat ek op Youtube gekyk het, dink ek daar is heelwat konsensus dat die Glock 26 na die ideale wapen lyk. Redes hiervoor is die magesyn kapasiteit (double stack magesyn), betroubaarheid, akkuraatheid, veiligheid, ergonomiese ontwerp en voel goed in jou hand, recoil is baie min en ander Glock magesyne pas netso in die 26. Die enigste nadele is dat hy effens dikker as as vergelykbare pistole.

Ander wapens wat ook my aandag getrek het is die M&P Shield S&W, asook die Beretta PX4...

Ek luister graag na jul opinies en aanbevelings.

Groete

Jacques
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
andrexseven
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Fri Mar 11, 2016 5:34 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by andrexseven »

Hi Jaques, ek dra al vir die lasste 4 jaar elke dag my glock 26. Meestal in n enkel holdster. Volgens my is dit al wat jy ooit sal nodig he. Dit is steeds een van die veiligste wapens, en dit is n glock hy werk altyd...
Induna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Induna »

Hi,

Dankie vir die goeie raad.

Nou nog n ander scenario... Sou jy moes kies tussen die 19 en die 26, wat sou dit wees? Ek sien die 19 is ook n "compact", maar hoe compact is hy regtig?

Ek hou van die Glock reeks, want jy kry allerhande toebehore vir dit. Ek hou van die "pistol-to-carbine" kits wat mens kry. Dit is ook heelwat getoets in die VSA en is baie betroubaar. Dit maak dat mens meer met die wapen kan doen. Dit blyk egter of hierdie tipe toebehore meer gewild is vir die 19, as vir die 26.

Groete

Jacques
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
bmeagle
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu Sep 03, 2015 9:15 am

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by bmeagle »

G19 al die pad..
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Suikermuis »

Goeiedag Induna

Ek dra n G19 al n paar jaar en sal hom weer kies as ek moes besluit. Persoonlik, en ek verstaan dat ander van my kan verskil, is die G26 vir my effens ongemaklik agv die kleiner greep. Ek het nie sulke groot hande nie, maar met die G19 het ek n baie beter greep en dus beheer.

Rakende jou vraag oor hoe compact die G19 werklik is. Hy is heeltemal compact genoeg. Dalk nie vir n ankle holster nie, nee, maar as jy eers gewoond is daaraan om hom te dra met n gemaklike holster (en dit leer jy baie vinnig aan) gaan jy jouself vang dat jy n paar keer per dag dalk voel of hy nog aan jou lyf is.

Op die einde van die dag gaan jou besluit neerkom op wat vir jou die gemaklikste gaan wees. Daars baie mense wat G19s of die CZ PO7 Duty elke dag dra. Daars ook baie wat van die G26 gebruik maak. Jy gaan dus soveel opinies kry as wat jy mense gaan vra vir menings. Ek stel voor dat jy na n plek/persoon gaan waar jy met beide kan skiet en jaag n goeie klompie rondtes deur hulle. Voel hoe voel hulle, hoe sit hulle in jou hand, hoe verskil die recoil, ens. Doen ook speed reloads en tactical reloads met elk van hulle en kyk met watter model kom jy beter reg. Maak dan daarvolgens jou eie besluit.

Aangesien jy meer spesifiek oor Glocks gevra het en ek nie ervaring met ander fabrikate het nie, het ek oor Glock uitgebrei. Ekt niks teen enige van die ander fabrikate nie. Jy kan dalk n CZ of HK of watookal skiet en dit verkies. Mooi so, dan vat jy hom. Oor die Rhoni tipe omskakelings kan ek ook niks sê nie. Wil eendag ook nog so ietsie aanskaf maar het nog nie.

Mooi dag
Induna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Induna »

Suikermuis,

baie dankie vir jou bydrae. Ja, beslis na ek bietjie meer navorsing gaan doen het oor handwapens, en wat vir my die beste opsie gaan wees, is dit beslis n Glock. Lyk vir my asof elkeen sy voordele en nadele het. Soos ek dit sien:

G19:

Word beskryf as die perfekte handwapen. Die regte groote, die regte greep, die regte gewig, betroubaarheid, ens, ens. Die lys gaan aan oor die G19. Dit is beslis al die pluspunte. Weereens, vir my, het die G19 meer opsies vir bybehore.

G26:

Super kompak. As mens dit in jou belt druk, of om aan die enkel dra, weet mens nie eens dat jy dit aan het nie. Die enigste kommentaar van party was dat die Gen 3 beter is as die Gen4, aangesien hul meer storings ervaar het met die Gen 4.

Die nadeel is dat hierdie "conversion kits", soos die CAA Roni, Hera Triarii, ens, nie altyd beskikbaar is vir ie G26 nie. Slegs die Roni is beskikbaar, so dit beperk die opsies bietjie.

Iets wat redelik die besluit vir my beinvloed, is dat ek n wapen soek wat kompak is en betroubaar is. Die feit dat ek meer met hom kan doen is natuurlik n bonus, maar ek dink in hierdie geval is dit ook n effense faktor.

Ek dink ek het my keuse gemaak op die Glock, as vervaardiger. Nou moet ek net die model kies. Ek gaan beslis probeer om n paar rondtes deur altwee te kry en die twee fisies te vergelyk.

Enige idees van geweer winkels in die Kaap omgewing wat albei beskikbaar het vir demonstrasie?

Groete

Jacques
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by JPS »

Kyk dalk ook na die single stack G43. Nou nie juis meer rondtes as jou snubbie nie maar meer kompak as die g19 en jy sal hom redelik vinniger kan herlaai as die snubbie. Met oefening sal jy hom baie vinnig kan herlaai.

Andersins die G19. Soos daar al gesê is, kry goeie holster en ook goeie belt en jy sal nie ongemaklik wees met die G19 nie.

Groete
Jan
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Apie »

Induna, watse tipe werk doen jy?
Moet die wapen hoogs versteek wees of net versteek sodat n booswig hom nie sien nie
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Ashley »

Ek gaan nou n spanner in die wiel gooi....
PX4 compact, of sub-compact as jy wil.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Carl »

Ek dra my G19 elke dag, behalwe op die oomblik ;) Ek het hom al gedra in daardie plekke wat so bordjie het geen Berettas of 1911 mag ingeneem word nie. Die res van die tyd in 'n kantoor omgewing. Met goeie gordel en skede voel jy nie glad afgewerkde pistool nie.
Die voordeel van die 19 is dat met 2 ekstra 17 magasyne jy voldoende "back-up" het vir op plekke soos die plaas of ander afgelee hoë risiko areas. Ek verkies ook die greep grote van die 19 al het ek klein hande.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Induna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Induna »

Apie wrote:Induna, watse tipe werk doen jy?
Moet die wapen hoogs versteek wees of net versteek sodat n booswig hom nie sien nie
My primere doel is versteekbaarheid asook gemakliheid. As ek bestuur met die revolwer aan my sy, dan is jy die heeltyd bewus van hom. En die loop druk n gat in my been as ek lank in die drywer sitplek is...

Ek gebruik dit nie vir besigheidsdoeleindes nie, slegs vir persoonlike gebruik. (berskerming)
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
karoo.vellies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by karoo.vellies »

CZ 75 P01 of compact, kyk gerus na hulle ook.
Induna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Fri May 29, 2015 4:56 am

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Induna »

karoo.vellies wrote:CZ 75 P01 of compact, kyk gerus na hulle ook.
Ek gaan hom ook bietjie navors.. Dankie
Musgrave 30-06 Mod 83
Musgrave .308 RSA
Howa .204 Varminter
Norinco .22 LR
Taurus .38 Special
Glock 43 GEN 4
S&W M&P15 Sport II
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Heinz Petersen »

Suikermuis, jy het dit mooi gestel.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Dries101 »

G26 met extended mag en mag sleeve. Nogsteeds , kleiner, korter en ligter as G19.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Sub-Compact Versteekbare pistool

Post by Apie »

Induna, dan sal ek ook die G26 aanbeveel.
Jy kan G19 of G17 magasyne in hom gebruik.
Ek dra voltyds n G19 met n Comptac Mtac op die heup en ek ry gemiddeld 70000km per jaar. Dans kerk en werk.
Die G26 is net daai bietjie gemakliker.
Daar is seker ander pistole wat beter dit of dat het maar geen wat Glock se diens, beskikbaarheid van onderdele en bybehore ewenaar in RSA nie
Post Reply