Walk & Stalk 1 van 3

Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Walk & Stalk 1 van 3

Post by jaracal »

So met die begin van die jag seisoen gaan dit te besig en ek kon laas week en hierdie week my werklike eerste jagte inwerk. Ek is gelukkig dat ek 'n 33 000ha "speelplek" het met 'n oop seisoen op springbokke, blesbokke, vlakvarke, blou wildebeeste, swart wildebeeste en dan die geluk van 'n eland of twee. Sit my hart op 'n eland/blou wildebees en so begin die jagtog. Gewapen met die Maxxis 35 en FMJ pyle en 2 x Silck Triks en 1 x Grissly Stick vaar ek die 33 000ha in. Dit is bietjie moeilik om in die Suid Vrystaat altyd die bokke of wild in die regte plekke te kry om met 'n boog te walk en stalk. Was verlede jaar te optimisties en het talle bloutjies geloop. So begin ek die dag vol verwagting en besoek 'n area waar ek baie keer elande en blouwildebeeste raakgeloop het. Met die inry na die deel sien ek 5 vlakvarke, 'n groot beer, 'n sog en drie opgeskote varke. Ry verby en hulle hardloop nie eers te ver weg nie. Hou bokant hulle stil en sluip af. Die twee grotes het spoorloos verwyn maar ek bekruip toe die drie jonges. op ongeveer 55m is ek agter die bos en hulle aan die voorkant. 'n Aardwolf kom van regs tot ongeveer 40m voordat hy my opmerk. Hy gaan le^ en ek vestig weer my aandag op die varke. Dit is interresant hoe maklik alles verkeerd kan gaan - ek bekruip stadig na voor toe ek 'n "koer" geluid hoor. Die varke kyk op en hardloop weg. Ek wonder nog toe sien ek selfs die groot beer en sog weghardloop so 200m van my af. Weet nou nog nie wat hulle skrikgemaak het nie. Ry verder aan en sien weer twee varke (neem regtig die Vrystaat oor). Bekruip hulle en sien 'n ander een wat regs beweeg. Sien die twee nie weghardloop nie en bekruip hulle met 'n bos tussen my en hulle. Haal die pyl uit die koker en kom stadig regop op ongeveer 30m. Geen teken van die varke. Beweeg verder teen die wind in op en loop my vas in 'n sog wat besig is om te wei. Ongelukkig is ek oop en beweeg nou stadig windaf om onder haar wind te kom. Sy gewaar iets en toe sy wegkyk sak ek op my kniee in die lang gras en kry die pyl uit. Sy is nuuskierig en hardloop net soos 'n jakkals wind-af om onder my wind te kom. Ek "range" die plek waar die padjie draai en sy behoort te staan, 40m. Die pyl is reg en ek is reg. Sy kom staan presies daar en ek het klaar die boog gespan. Sy lig haar kop op om te ruik en haar bors is oop. Ek het gelees die ouens skryf van sting-jump en 'n vlugtige gedagte van string-jump gaan deur my brein. Ek skiet baie FITA en is 40m vir my geen probleem nie. Ek sit die 40m pennetjie op haar kuiltjie en laat die pyl gaan. In 'n oogwink is sy weg en ek wonder nog steeds hoe ek haar kon gemis het!!! Ek stap nader en kry my pyl - Bloed- ruik daaraan - ruik nie na pensmis nie. Wag vir 'n hele ruk en begin die bloedspoor volg. 200m verder kry ek haar. Die pyl is net voor die boude en net onder die rugstring deur. Dit beteken dat sy ten volle 90 grade gedraai het en amper 'n meter weg beweeg het toe die pyl haar tref. Ongelooflike reaksie tyd. Les 1 - Moenie op 'n vlakvark skiet wat van jou weet nie. Les 2 - Moenie 'n vlakvark oor 35m skiet nie. Ek was baie gelukkig met die uiteinde van die jag maar kon dit lelik skeef geloop het indien ek haar op 'n ander plek getref het.
Image
Image
Image
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by .::Alwyn-U::. »

So ja! klink lekker.. Geniet dit
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by KalahariKlong »

Goed gedoen. Kyk , om te loop en jag met 'n boog is nie spelletjies nie. Respek!
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by Gerhard »

Baie lekke...

Dink jy het n belangrike les geleer wat diere se reaksie tyd aan betref.

Ek self het my max afstand vir vlak vark op 30 yards gesit want hulle is blits vinnig.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by jaracal »

Gerhard wrote: Ek self het my max afstand vir vlak vark op 30 yards gesit want hulle is blits vinnig.
Dan sal ek ook die 30m ding onthou en toepas
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by Gerhard »

jaracal wrote:
Gerhard wrote: Ek self het my max afstand vir vlak vark op 30 yards gesit want hulle is blits vinnig.
Dan sal ek ook die 30m ding onthou en toepas
Heinich,

Jy het n groot klomp lesse nou geleer met die boog jag al wat baie manne jare sal vat om te leer.

Onthou ons praat in die boog jag en skiet omgewing van yards en nie meters oor die algemeen nie.

Dit maak nogal n groot verskil op waar die pyl impak maak.

As jy vir my meter lesing gee van 35 meter en ek skiet vir 35 yards...

Vra n vriend van my... Hy het dit agter gekom toe hy begin onder deur die teikens skiet het toe ons eendag n 3D baan skiet en ek vir hom meter lesings op die Nikon gee... (was toe nog baie nuut in die boog skiet ding gewees) .... he he he

As jy nou n spesie wil sien wat n vlakvark se reaksie tyd skop dan moet jy n duiker en jakkals onder die selfde kondisies...

Jakkals en Duiker sal ek met die Destroyer wat sy pyl teen 309fps skiet net aan vat nader as 20 yards of n man gaan ver mis skiet. Veral as hulle senuweeagtig is...

Groete en lekke skiet
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by .::Alwyn-U::. »

KalahariKlong wrote: Goed gedoen. Kyk , om te loop en jag met 'n boog is nie spelletjies nie. Respek!
Ek stem! daai moet uiters challenging wees!
Wimpie le Roux

Re: Walk & Stalk 1 van 3

Post by Wimpie le Roux »

Gerhard wrote:
jaracal wrote:
Gerhard wrote: Ek self het my max afstand vir vlak vark op 30 yards gesit want hulle is blits vinnig.
Dan sal ek ook die 30m ding onthou en toepas
Heinich,

Jy het n groot klomp lesse nou geleer met die boog jag al wat baie manne jare sal vat om te leer.

E
Onthou ons praat in die boog jag en skiet omgewing van yards en nie meters oor die algemeen nie.

Dit maak nogal n groot verskil op waar die pyl impak maak.

As jy vir my meter lesing gee van 35 meter en ek skiet vir 35 yards...

Vra n vriend van my... Hy het dit agter gekom toe hy begin onder deur die teikens skiet het toe ons eendag n 3D baan skiet en ek vir hom meter lesings op die Nikon gee... (was toe nog baie nuut in die boog skiet ding gewees) .... he he he

As jy nou n spesie wil sien wat n vlakvark se reaksie tyd skop dan moet jy n duiker en jakkals onder die selfde kondisies...

Jakkals en Duiker sal ek met die Destroyer wat sy pyl teen 309fps skiet net aan vat nader as 20 yards of n man gaan ver mis skiet. Veral as hulle senuweeagtig is...

Groete en lekke skiet
Ek onthou die kompetiesie in Brits al te goed mater lekker gelag na die tyd. Snaaks genoeg skiet ek nou in meter, maak die SABA shoot makliker want hulle stel op vir Yards dan is hulle spot on vir meters.
Post Reply