Hallo almal.
Ek het dalk die geleentheid om saam met 'n vriend n klein stukkie grond te koop,
nou wil ek raad he by mense wat ken van grond koop. Hoe gaan mens te werk met finansiering,
by watter bank of instansie kan mens probeer regkom en waarna moet mens alles kyk.
Sal enige raad waardeer.
Dankie
Riaan
Hoe gemaak om stukkie grond te koop
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Voor jy by die geld kom, maak seker jy en die ander persoon het 'n kontrak wat sal help as dinge verkeerd gaan - dus regverdig na beide kante toe. Afhangende van watter tipe grond dit is - erf in dorp, besigheidserf of plaasgrond moet jy maar kyk tussen banke.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Dit is so 400 ha stukkie plaas grond. Daar sal 'n kontrak opgetrek word tussen ons wat on altwee beskerm.
Is ook maar skrikkerig, maar dit is al hoe ek OOIT n stukkie in die hande sal kry.
Is ook maar skrikkerig, maar dit is al hoe ek OOIT n stukkie in die hande sal kry.
- kwagga_1
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Sun Mar 17, 2013 8:02 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Hallo Sparky,
eerstens 100% wat oom Tripod se. Ek is deur die storie met ander mense wat my ingedoen het, en het nou maar my eie stukkie grond gekoop.
Dan het julle klomp kontant nodig. Die banke gaan nie vir jou meer as 50% leen nie, inteendeel is jy deesdae gelukkig om 50% van die koopprys te kan finansier. Ek is nie seker hoe dit sal werk as jy 'n besigheids lening aangaan nie, m.a.w. besigheids plan, ens.
Hoop jy kom reg! Dis is darem maar baie lekker om op jou eie stukkie grond aan te sukkel

- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Toe ek destyds my sommetjies gemaak het, het ek besef dat dit baie moeilik gaan wees om die rente te delg met wat jy op die stukkie grond moontlik kan verdien.
Ek het toe ook maar die pad geloop om saam mat 'n vennoot te koop. Ons kon toe kontant koop aangesien, soos reeds genoem, jy gelukkig is as jy 50% lening gaan kry.
Indien jy op skuld gaan boer moet jy jouself solank regmaak om jou gat te sien! My beskeie opinie.
Maar ek glo as jou besigheidsplan realisties en robuust is het jy kans op sukses met harde werk. Baie sterkte!

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
1. Stel 'n koopooreenkoms op en maak seker daar is 'n opskortende voorwaarde dat julle finansiering moet kry by 'n bank;
2. Stel 'n ooreenkoms tussen jou en jou "vennoot" op oor hoe julle die grond en die betalings gaan hanteer;
3. Sodra julle koopooreenkoms deur al die partye geteken is, probeer 'n Bond Originator gebruik om finansiering te bekom en hulle sal ook vir jou sê wat hulle alles van elkeen van julle gaan nodig kry.

Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13530
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Praat met iemand by Afgri om julle te help, glo dam daar sal iemand naby julle wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Finansiering van landbougrond is nie maklik nie, vereis gewoonlik minsten 'n 50% deposito en afbetaling oor 10 jaar. Dis baie strawwe terme en mense probeer ander maniere om dit gewoonlik te bewerkstellig.
Landbougrond se waarde is bekend daarvoor dat dit goed groei, dis gewoonlik die aantrekking van so belegging, nie primer die winsgewendheid van die aktiwiteite op die grond nie [alhoewel die aktiwiteite nie onbelangrik is nie]

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Wanneer jy na die stukkie grond gaan kyk, maak seker daar is GENOEG water en dat die grens drade in n baie goeie toestand is. Kyk ook na krag.
Die goed kan jou sak seer maak. n 50m x 900 jakkals draad kos nou al by n R1000.
Die goed kan jou sak seer maak. n 50m x 900 jakkals draad kos nou al by n R1000.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Hoe gemaak om stukkie grond te koop
Yip, geen of gebrekkige noodsaaklike infrastruktuur kan baie geld kos. In 2009 toe ek 'n kwotasie by Eksdom kry om krag aan te le was die bedrag R400k!! En boorgat lewering sertifikate is 'n moet! Sonder genoeg water gaan jy ook vinnig jou agterstewe van nader sien.....boorgat sink en toerus is baie $$$$$$$.Heinz Petersen wrote:Wanneer jy na die stukkie grond gaan kyk, maak seker daar is GENOEG water en dat die grens drade in n baie goeie toestand is. Kyk ook na krag.
Die goed kan jou sak seer maak. n 50m x 900 jakkals draad kos nou al by n R1000.
En maak doodseker daar is nerend hopies klippe/grafte nie. Groot kopsere daai wat mens na drank sal dryf! Ek sukkel nog om die whiskey te los
En kyk ook vir giftige plante soos gifblaar en anner probleempies soos lantana, nagblom, ens.
Wat ek probeer se is doen baie deeglike huiswerk oor alle aspekte. Indien nodig kry professionele advies en raad. Sal baie krokodiltrane bespaar.