Saterdag vlieg ‘n klomp malletjies op tv weg op die Cape Epic.
So tussen my popcorn en die brannas wonder ek of ek nie ook maar moet fiks word nie want
daar is ‘n paar moerse mooi boudjies op daai baasiekels, maar ek is so verdomp unfit ek kry milt steek as ek toilet toe loop.
Ek het mos hoeka vir die kinders elkeen ‘n grend baaisiekel gekoop op rekening nogal en nou
ry ek hulle met die kar skool toe en daai helse duur martelpype staan en op roes in die garage.
Nou kyk ek waar op die ding is die carrier vir toebies en padkos maar die simpel ding het net so draad rakkie
vir water sê die laatie. Water en wat? Daar sal nooit ‘n bottel J&B inpas nie!
Ek moes seker gekyk het vir een of ander weight limit want as ek ‘n 3 liter Toyota bakkie op sy knieë trek as ek
inklim gaan iets sy gat sien op die ou draadraampie.
Die kinders het loop dekking slaan onder die vêrste bed in die huis met een of ander sign wat sê
"Ek ken nie daai ou nie…".
Het julle geweet Spandex broeke het ook ‘n rek limiet? Dis soos om daai maer vroutjie van 7de laan, Hilda, se
super small bloomer om ‘n blou walvis se gat te probeer trek.
Jou aambeie skuif tot onner jou oksels.
Dank Vader die pienk fiets se ketting lyk soos iets wat mens in Richardsbaai se hawe vergeet het
van die roes en ek pick die kots geel een van die laaitie. Ek het een van die kinders se Helmets
geleen al kon die twee net uit decency vir my gesê het dis ‘n skateboard helmet.
Nou onthou, ek het laas fiets gery toe ‘n Chopper nog ‘n professionele resies bike was en ek beklim
die stukkie draadrank terwyl ek aan die prieël vashou om nie om te nie.
So met die been oorgooi gee die spandex op en flash ek my vrou in die kombuis wat die stront gade slaan
en ek hoor net koppies val in die wasbak.
Nou moet ek my gewone PT broek dra maar die saal is vir iemand gemaak met minder hol-cleavage as ek
en so met die sitslag verdwyn daai saal met my nuwe onnerbroek en die helfde van die PT broek die onnoembare in
en verstaan ek skielik wat ‘n wedgie from hell is. Dis finkenol teen wat ek nou beleef!
Die arme fietsie se shocks lê halfpad verby hul optop level en al is die tyres 104.7 BAR gepomp lyk hulle steeds pap,
maar vandag word ons fiks!!!!
Nou die wat die plek ken waar ek woon, weet van die enigste koppie in die omtrek net agter die huis. Nou as ek hom
nou kan uittrap en terugkom sal ek in ‘n kort rukkie fiks wees, reken ek.
Vader, die munisipaliteit se lorries kom nie eers daar uit nie en na ‘n ongoddelike strawwe , bloedswetende, asembenewede
eerste 12 meter vang ek lift met ‘n bakkie op tot bo.
Afkom lyk makliker…
Nou die wat nie fietsry ken nie, weet seker nie dat die voorbriek nie goed werk op ‘n afdraend nie.
Nevermind, met my skateboard helmet, Pt broek driekwart in my watchemaycallit, vellies en rugbykouse bespring ek
daai martelpyp bo-op die koppie ten aanskoue van ‘n ander gesinnetjie Cape-Epic wannabe's. Die ma druk sommer
die dogtertjie se oë toe want ek het later by die ambulansman gehoor ek het hol-cleavage gegooi vir Afrika.
Toe die predikant my kom besoek het vanoggend wou hy weet of ek so in die afkom dalk ‘n bees in volle vaart met
een of ander geel ding in sy alie daar sien afkom het.
So op sy droë manier kan hy ok maar ‘n wees.
To hell met fiks word. Boude is mooier op TV en my gips kom anyway eers oor vier weke af.
Groete Petrus (en RuaanB)
Fietsry issi vir almalie (16 L)
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Fietsry issi vir almalie (16 L)
Last edited by FHM on Tue Feb 23, 2016 3:03 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Fietsry issi vir almalie (16 L)
Briljant geskryf!! Ek reken dis hoe vele van ons voel wat onlangs die martelpype aangevat het.
Veiligheid eerste manne!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Fietsry issi vir almalie (16 L)
Pierre ek stem, dit per e-pos ontvang en moes dit net deel - vee nou-nog natgelagde oe af.BRNO (Pierre) wrote:![]()
![]()
![]()
Briljant geskryf!! Ek reken dis hoe vele van ons voel wat onlangs die martelpype aangevat het.
Weet glad nie waar die oorsprong is nie.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Fietsry issi vir almalie (16 L)
Ek het Des vir my 'n martelpyp gekoop. Na ek fiets laat diens het besluit ek en boeta om sommer net gou om die hoekie in die veld net 'n draai te ry..........pt broekie, crocs, m&*&*&r harde saal en 1 km later is dit nou amper 3 maande later en ek kan nogsteeds nie op 'n harde oppervlak sit nie. MRI is gedoen en spesialis is verstom want daar is niks fout te bespeur nie....
Petrus kon net sowel sy naam met myne verander het.....
Petrus kon net sowel sy naam met myne verander het.....
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Fietsry issi vir almalie (16 L)
So gemaak Ruaanruaanb wrote:
Petrus kon net sowel sy naam met myne verander het.....
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Fietsry issi vir almalie (16 L)
Ag dankie man, ek het groot waardering hiervoor!

