Page 1 of 1

Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 11:41 am
by vbd
Ek sien die laaste paar maande iets baie snaaks. Die jakkalse wat ek skiet en daar in die veld los word gevreet. Al die jare is dit die norm dat daai jakkals le en vrot tot daar net hare oorbly, maar niks raak aan hom nie.

Word ook verskillend gevreet. Partykeer binnegoed en nou die laaste een sommer kop, ribbes en blaaie!

Het iemand dit al teegekom?

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 11:48 am
by Geno
Bruin hiena hou van jakkals opvreet. Ons sien die laaste 2 jaar meer bh's as ooit tevore.

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 11:56 am
by Philip_R
Geno, vang hulle nie ook skape nie? Is hulle n beskermde spesie?

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 12:01 pm
by RUPERT
Sal n jakkals n ander jakkals eet as hy hom ddod in die veld vind

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 4:31 pm
by savage(P Coetzer)
Hulle vang lammers ja. Het self al gesien waar hulle verse wat kalf se kallers direk na kalf vang.

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 5:19 pm
by BeesBreet
Hulle sterk kalwers ook... Is beskerm ja

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 5:21 pm
by BeesBreet
BeesBreet wrote:Hulle sterk kalwers ook... Is beskerm ja
"Hulle vang sterk Kalwers ook"


Kraaie by my pik pik aan dooie jakkals...

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 16, 2016 7:05 pm
by Cobus(Cobb)
RUPERT wrote:Sal n jakkals n ander jakkals eet as hy hom ddod in die veld vind
ek het al jakkalse uitgegooi op n vreetplek ......week later was die jakke on aangeraak, en maand later net hare....geen versteuring aan die jakke nie....
Dalk nie aan hulle gevreet deur ander nie omdat voerplek genoeg kos voorsien..dalk sal hy aan hom vreet as nood druk...

so 3 weke terug vlekke 5 innie veld gelos,,,5am volgende oggend gaan soek.....niks, skoonveld, weg, oppelalla... dalk BH

Re: Iets einaardigs?

Posted: Thu Feb 18, 2016 7:46 am
by Wayne
Nothing eats them here, can,t blame any animal either.

Re: Iets einaardigs?

Posted: Fri Feb 19, 2016 8:33 pm
by hebron
Bosvarke sal ook aan jakkalse vreet

Re: Iets einaardigs?

Posted: Sun Feb 21, 2016 4:29 pm
by Freddie101
Rooijakkalse eet aan ander rooijakkalse as daar baie is. Self 1 se voet in maag van geskiete een gekry.

Re: Iets einaardigs?

Posted: Tue Feb 23, 2016 1:10 pm
by Swartsak
Ek hoop nie ek dwaal teveel vanaf die onderwerp, maar om te beaam wat Geno sê het die volgende met my gebeur:

Ek het 'n paar jaar terug 6 jakkalse op een roepplek geskiet waar spasie baie beperk en die grond ongelyk was. Daar was op plekke digte bosse en 'n klein klofie. Ek kon dus nie oral of baie vêr sien nie, maar dit was die enigste staanplek beskikbaar. Tussendeur die jakkalse het ek ook 'n bruin hiëna ingeroep. Ek het later opgepak en al die jakkalse in verskillende rigtings gaan haal, maar kon slegs 5 uit die 6 kry. Die een wat ek nie kon kry nie is in 'n oop kol geskiet. Die jakkals was besig om weg te beweeg en weens lang gras en 'n ronding in die tipografie bietjie nader aan die bakkie kon ek net sy kop sien. Noodgedwonge is jakkals in die kop geskiet nadat hy gestop is op ongeveer 70m. Die plek waar die jakkals gestaan het is vinnig gevind, maar daar was slegs 'n plas bloed en harsings. Ons kon nie verstaan hoe die jakkals verdwyn het nie... Na so 20 minute se soek het ek tou opgegooi. Met my aankoms by die bakkie het die plaas se verteenwoordiger weer die hiëna opgemerk. Ons het na mekaar gekyk en saam dieselfde vraag gevra... Ek het dadelik een van die jakkalse gevat en so 80m vanaf die bakkie neergesit. Die hiëna het weggehardloop terwyl ek gestap het, maar vinnig teruggekeer nadat ek die bakkie bereik het. Sy (mens kon deur die teleskoop spene opmerk) het versigtig die jakkals genader en opgetel. Dit, tesame met 2 ratels wat 'n jong ystervark jag, was 'n verskynsel op 'n staanplek wat ek nie vinnig sal vergeet nie.