Page 1 of 1

simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 2:09 pm
by stan man
2 bulletjies (simbra) te jag. R39/kg karkas gewig. 230-260kg per karkas Sluit slag en verkoeling en transport met die jag in. Vat alles. sny van kuip ingesluit. Ongelukkig geen onderdak verblyf beskikbaar nie. Maar bring n tent en ons kamp. Moet nie boodskap stuur nie. Bel 0797151043 beskikbaar vanaf more.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 2:15 pm
by FHM
Stanman, skeer jy nou gek hierso...? ++>: enigste Simbrah wat ek ken is n bees maat???

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 2:25 pm
by Dolf014
FHM, nee Stan Man het vorige jaar ook bees laat jag.

Stan Man; julle moet hierdie jaar net daai karkasse vinniger in die koelkamer kry. ;D

Ek kan onthou julle het vorige jaar bietjie skade gehad met die vleis.

Geniet dit.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 2:33 pm
by FHM
Nee regtig, nog nooit van-me-lewe van beesjag gehoor nie - weet van die d..nners raak vrek wild - al Afrikaner so wild soos Paris Hilton op n koffie-tafel gesien daar in Vryburg se wereld, maar nog nooit van beesjag self gehoor nie. Is dit algemeen deesdae oorkant die draad?

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 5:09 pm
by Silent Hunting
FHM,

Ek praat onder koreksie, maar ek en Jean het 1ste 2 geskiet 2 jaar gelede. Skote het geloop op so 100m. Hy behoort nog op Youtube te wees. Poor Mans Buffalo Hunt of so iets.

Groete,

Henk

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 6:30 pm
by tripodmvr
Vleisskade - beenvrot - sny boude en blaaie en hang dan in koelkamer wat goed koud is. Vleis moet vinnig afkoel.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Wed Feb 10, 2016 7:17 pm
by Silent Hunting
En dit is nog lekker warm as hulle nou een of ander tyd wou gaan. Vat ook nie 5min om 'n bees te slag nie.

Wees egter nie bevrees nie, Stan maak uit van wat hy doen.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 10:18 am
by Dimitri
Just make sure your definition of "hunt" is aligned with the "hunting" of these animals.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 10:37 am
by Frederik
Dimitri, I think everyone knows what type of hunt this is sold for.
Meat prices are rocketing to shoot your own semi wild is more fun than buying from the shop don't you think?

Or is there ethical rules now to shoot your own beef which I don't know about?
What's next a wild chicken hunt the ethical way?

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 10:48 am
by FHM
Hier is die clip
https://www.youtube.com/watch?v=fSR3pspbNuk

Soos gese - die bees lyk nie 'wild' vir my op die clip nie.
Wel, dis debateerbaar of mens dit jag kan noem - persoonlik sou ek se dis bees skiet - maar dis net my opinie - en n absolute leek s'n daarby!

Of die bees nou op 10 m met n .22 voor die kop geskiet word of op 150 m met n 375 maak seker nie saak nie - dis vir eie gebruik en die dier word tog vinnig gedood.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 10:57 am
by Jakkalsgat
Francois

Jy moenie fout maak nie, hierdie bees raak kwaai wild en die rede hoekom hulle gejag/ skiet word is omdat hulle nie in kraal gejaag kan word nie. Dis ook niks snaaks om hulle vandag te sien en more 2 plase verder eers weer te kry nie. Jy kom ook nie binne 'n naby genoeg afstand aan hulle om met .22 te skiet nie. Hierdie 2 het betreklik maklik en vinnig gegaan alhoewel hulle ook nie meer in die kamp was waar hulle die vorige middag was nie. Stefan en sy makkers se beeste was ook baie moeilkikker en wilder as hierdie 2.

Glo vir my as die skiet verby is, is die pret ook verby. Daai is werk en beesslag in die somer moet met redelike spoed gebeur.

Groete
Jaco

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 11:07 am
by FHM
Jakkalsgat wrote:Francois

Nee ek hoor jou Jaco en ek het dit nie geweet nie, dankie maat. Soos vroer in die pos gese het ek nog nooit van beesjag/skiet soos hier geadverteer en op die clip gehoor of gesien nie, so ek kan na regte my glad nie uitlaat hieroor nie want ek weet NIKS hiervan nie. Dis net as mens na die clip kyk - en ek dink dis dalk Dimitri se argument ook, dat daar nie op Youtube feite gegee word soos jy nou vir my gegee het nie - so dit kan sekerlik n hewige meningsverskil tussen baie partye veroorsaak of daai bees nou gejag word of net geskiet word.

Jammer vir die hijack stan man ;)

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 11:23 am
by sako 30-06
Dimitri wrote:Just make sure your definition of "hunt" is aligned with the "hunting" of these animals.
Why? You have a right to your opinion, but creating an ethical issue out of every hunt is becoming a real pain in the ...

Book the hunt if you want but don't hijack Stan man's hunt because you want to walk and stalk a bulletjie that is not fenced in.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 12:06 pm
by Dimitri
sako 30-06 wrote: Why? You have a right to your opinion, but creating an ethical issue out of every hunt is becoming a real pain in the ...

Book the hunt if you want but don't hijack Stan man's hunt because you want to walk and stalk a bulletjie that is not fenced in.
Sako, see hijack thread.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 12:15 pm
by Jean Marais
Silent Hunting wrote:FHM,

Ek praat onder koreksie, maar ek en Jean het 1ste 2 geskiet 2 jaar gelede. Skote het geloop op so 100m. Hy behoort nog op Youtube te wees. Poor Mans Buffalo Hunt of so iets.

Groete,

Henk
Dis einste daai Henk. Gaan ons weer so maak??

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 12:29 pm
by tau
As ek naby was het ek gekom, so lus vor veldbees brisket met morsige geelvet om te rook my tong sleep al.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 12:58 pm
by FHM
tau wrote:As ek naby was het ek gekom, so lus vor veldbees brisket met morsige geelvet om te rook my tong sleep al.

Jou tong sleep nog van daai trip op die see - golfgriep is n woer!!! ++>:

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 6:54 pm
by Cobus(Cobb)
Was ek, Hennie en Marc nie eerste daar nie??

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 6:56 pm
by Cobus(Cobb)
ps, kyk nou julle video,,,,,ons trop het nie so stil gestaan nie, was heeltyd 'n klein stampede....

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 8:50 pm
by Jakkalsgat
Cobus(Cobb) wrote:Was ek, Hennie en Marc nie eerste daar nie??
Cobus

Julle was eerste op die plaas waar julle geskiet het maar ons was op ander plaas rondom 14 feb dieselfde jaar waar Henk en Jean 2 bulle geskiet het.

Re: simbra bulletjies te jag (Hennenman)

Posted: Thu Feb 11, 2016 9:00 pm
by Charles.308
Manne, ek was al op 3 beesjagte, dit is nou as die beeste in die berg nie kraal toe wil gaan nie en as jy nie daai bees vinnig keer nie , word die ander ook vinnig wild en glo my dit is nie so maklik nie as daai bees eers begin hardloop stop hy nie sommer nie of as daar bos is hardloop hy nie om bos nie maar deur bos.
Wil ook net byvoeg daar is slagpale wat van die beeste met airgun (handel wat skerp pen skiet)en as dit nie werk nie gebruik hulle n .22 pistool.
Groete
Charles