SFT - Teleskoop instel

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

SFT - Teleskoop instel

Post by Klein Chris »

Môre Almal,
Hoop iemand op die forum skiet SFT met n veer/sluier (gas ram) geweer

Op wat se afstand kan mens die teleskoop instel? - ek neig na 25m

Die windbuks het n Nikko Sterling Mountmaster AO 4-12x50 op

Enige voorstelle sal gewaardeer word

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13617
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SFT - Teleskoop instel

Post by Capt. Yoda »

EK ken nie regtig Sporter FT nie maar met jou 4-12 scope gaan jy elk geval nie kan range (ek weet ook nie of julle mag nie) so jy sal maar moet kyk hoeveel jou koeltjie val tot op jou max afstand van waar jy gezero is. Ek weet nie of jul max afstand 40 of 50m is nie maar ek sou probeer om hom so te zero dat ek nie meer as n duim op my verste skote val nie maar ek wil ook nie 2" af mik op die naby skote nie. As jy n tiepe van n mildot kruis gebruik sou ek maar net kyk of ek nie die kolle kan gebruik om af/op te mik nie en dan die scope in stel op die afstand waar ek die kolle die beste kan gebruik. Druk so paar roomys stokkies in die gras van 10m tot max elke 5 of 10m en skiet hulle maar om te sien hoeveel die koel val dan kan jy vir jou n "grafiek" op trek en kyk watse afstand die beste sal werk vir ou zero
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: SFT - Teleskoop instel

Post by Klein Chris »

Dankie Capt - sal die mense by die klub gaan verpes en nog gaan google - hierdie pellet ding is moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees - nadese is die "groot en rook geweer" makliker
Skiet bly maar lekker
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13617
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SFT - Teleskoop instel

Post by Capt. Yoda »

Gaan vra hier hulle sal jou help

http://www.airrifle.co.za/
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cor Swanepoel
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Fri May 27, 2016 5:58 am

Re: SFT - Teleskoop instel

Post by Cor Swanepoel »

Vir FT is my zero op 30m. Ek sou se doen dieselfde vir SFT. Jy sal dan 'n plat kol kry tussen +-18m en 32m. Dit hang maar af van die spoed en hoe hoog jou scope bo die geweer is. Van 33m en op mik jy hoer en van 17m en nader mik jy ook hoer.
Jy sal maar moet rondspeel om te kyk wat werk beste vir jou setup, maar met al my gewere in die verlede werk 30m die beste.
Post Reply