Page 1 of 4

Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 6:25 pm
by Francois Marais
Hi Almal

Kan iemand dalk meer lig werp op die MAN. Waar, wanneer, hoe groot, prys en so aan.

Mooi loop

Francois

Image

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 6:38 pm
by Louis102
Francois

Ja, sy oupa loop hier op my plaas.  Sal hom vra as ek hom weer raakloop. ;)

Is Erenst jou broer - wat gewere en dies meer bou daar in Windhoek?  Kan jy hom aanbeveel?

Groete
Louis

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:03 pm
by Ja3
hahahahahaahah... skitterend

nee, op 'n ernstige noot. Waar kry jy die foto Francois? Dis 'n tank daai.
Louis102 wrote: Francois

Ja, sy oupa loop hier op my plaas.  Sal hom vra as ek hom weer raakloop. ;)


Groete
Louis

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:34 pm
by Christo
Francois

Ek is bereid om van 'n plaas weggejaag te word as ek ander wild gaan jag en daai meneer doen homself voor. Ek's maar net gemaak van vleis. ;)

Mooi.

Christo

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:51 pm
by MEERKAT
Francois

Bitter mooi bulletjie hoop nie sy baas wil hom laat doodmaak nie gene kan nogal deurloop. Ek maak so met die groot jakkals mannetjies, hulle teel groter jakkalse wat jy makliker sien en so aan.

Hoe lank skat jy hom?
MEERKAT

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 8:01 pm
by Tomcat
Christo

Jy is baie reg van die wegjaag! Dis nou as ek kan raakskiet want ek sal moet pille drink vir bokkoors ;)

Meerkat

Dink jy regtig "bulletjie" som daai koedoe mooi op?

Groete
Tomma

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 8:26 pm
by Francois Marais
Ja3

Op n mail gekry, iemand wou by my weet wat weet ek van hom af, toe dog ek maar ek vra my maters.

Meerkat

So by die 70" dalk n raps korter.

Christo

As ek saam met n klient is sal ek hom maar opsystoot en self die eerste lood in die lug sit.

Mooi loop

Francois

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 09, 2009 11:07 pm
by boeta
Francois

Het hom vanogand da by my gesien :) :D ;D was besig om brandpaaie te sny,staan ta somme so 50 m van trekker af en kyk vi my,se hy wag vi jou :D ;D

Hoe het dit gegaan met kliente en di jag.

grt
Boeta

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 12:18 am
by Francois Marais
Boeta

Is daai n uitnodiging???? :P :P ;D ;D  Jy weet ons wat nie koedoes het nie sal n ent ry vir ene.

Het met Belge gejag, eerste keer wat ek met oorseese kliente kon Afrikaans praat, hulle praat mos Vlaams, waar Afrikaans vandaan kom, oftewel ge-ontleen is. Was heel lekker. Begin weer Sondag met n paar Franse vi twee weke, sal net my Frans bietjie moet opknap, vandat Oupa hier geland het in 1820, het die Frans die Marai's bietjie ontgaan.

Mooi loop

Francois

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 7:52 am
by Freek
Francois, nie hieroor of daaroor nie... daai is 'n "murse" bul, regte blou nek. Daar is seker nie baie digte bome in die wereld waar daai foto geneem is nie, rede hoekom sy horings so lank is - "THE SKY IS THE LIMIT"- geen takke wat die goed kort en intoom hou nie...

As jy nou genoeg oorsese kliente na SA wil lok moet jy seker maak hulle sien ook daai Koedoe, manupileer die foto so bietie waar jy langs om staan met 'n roer. Ek seker dit sal die nodige aandag op jou vestig - maar jy het dit nie by my gehoor nie. ;D

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 2:54 pm
by Janjak
Blykbaar is daai bul gevang op Roedtan en hy loop nou op Marble Hall.
Verkoop vir die gesonde bedrag van R35 000.
Horings was 69,750" en 2m van punt tot punt.

Ek het dit by n maat van Potgietersrus gehoor wat dit weer by n ander maat gehoor het.
Die ouens wil groter tjeks skryf maar die boer hou hom doof.
Voor ek die storie geweet het sou ek ook heelwat lood in die lug wou sit as ek hom raakloop maar op die stadium maak daai klomp nulle my bang...

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 5:37 pm
by MEERKAT
Tomkat

Ek trek die bulletjie terug, kieriekop onder die kieriekoppe

Roland ward rekord 73 7/8 1963 opgetel Mosambiek sover ek weet.
Image

MEERKAT

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 5:45 pm
by tafjak
Meerkat

Jy ken my geboortedatum, gaan terug en jy sal sien dat ek hom geskiet het.

Groetnis

Taffie

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 6:32 pm
by Christo
Janjak

Ek gee nie om wat sy prys is nie. Ek is mos bereid vir die weggejaag word slag. Of dit nou vir R 5000 of R 35000 is dit gaan geen verskil maak nie, al wat ek gaan weet is ek het hom geskiet.  ;D

Christo

Re: Moerse Koedoe

Posted: Wed Jun 10, 2009 7:39 pm
by Louis102
Manne

Is ek 'n sussie?  Daai bul is baie mooier lewendig as dood!  En sy vleis gaan onlekker wees.  Op my plaas sal hy van ouderdom vrek, maar skiet sal ek hom nie skiet nie.  So jong penkoppie of 'n lekker vet vers is meer my kos.

S? maar net.
Louis

Re: Moerse Koedoe

Posted: Thu Jun 11, 2009 7:27 am
by Freek
Louis jy het 'n punt beet... Daai kaliber dier wat jy nou na verwys het se vleis is nog lekker sag en sappig, ideaal vir die tafel. Daai ou GROOOOOOT bulle se vleis is taai, al wat mooi lyk is die stel horings, maar hulle lyk mooier lewendig in die veld. Ek sal hom ook eerder kans gee om sy gene so lank as wat hy kan vreilik te versprei.

Re: Moerse Koedoe

Posted: Thu Jun 11, 2009 8:26 am
by Ja3
Ek stem.
Miskien moet mens hom dart en bietjie van daai gene tap vir KI. Kan sommer dan twee rooi vlaggies aan die horings sit.

Re: Moerse Koedoe

Posted: Thu Jun 11, 2009 8:47 am
by Freek
Let wel kerels, sit die "tags" aan die horings se punte net nie aan die ore nie... Ek kry die idee as hulle aan die ore is, is die manne geneig om die "tag" bokke te skiet.

Re: Moerse Koedoe

Posted: Sat Jun 27, 2009 6:12 pm
by MEERKAT
Janjak

Iemand in die wildvang kringe se die bul het spoorloos vanaf die plaas verdwyn , kan hom nerens
kry. Het jy iets gehoor?

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Moerse Koedoe

Posted: Mon Jun 29, 2009 3:30 pm
by Janjak
Meerkat,
sal my maat vra en probeer uitvind.
Ek sien in die laaste Magnum het Gregor Woods die boer se naam genoem wat hom afgeneem het. Of dit nog syne is weet ek nie???

Re: Moerse Koedoe

Posted: Mon Jun 29, 2009 5:16 pm
by COUNTRY WP
Die koedoe se foto is in julie se Magnum. Miskien kan hulle jou help. hy is darem  :) ;) ;D :o ::) ::) mooi.

Re: Moerse Koedoe

Posted: Mon Jun 29, 2009 6:07 pm
by Ja3
Sjoe..... darem gesukkel om daai horings met my bakkie se seiltjie toe te kry.....

Nee meerkat, ek en jannie weet niks.
:)
MEERKAT wrote: Janjak

Iemand in die wildvang kringe se die bul het spoorloos vanaf die plaas verdwyn , kan hom nerens
kry. Het jy iets gehoor?

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 30, 2009 8:02 am
by Freek
:D :D :D :D ;D Ja3 jy moet jouself nooit so bloodstel nie...

Re: Moerse Koedoe

Posted: Tue Jun 30, 2009 8:42 am
by Janjak
::)

Re: Moerse Koedoe

Posted: Sun Jul 05, 2009 4:30 pm
by Francois Marais
Hi

Oor n Kudu van hierdie kaliber sal baie stories versprei word, het selfs al een gehoor waar daar beweer word dat dit n skouer montering is wat in die veld afgeneem is met n tweede stel horings bo-op die eerstes ingesteek, maar nou ja, mens sal nooit weet wat om te glo en wat nie.

Mooi loop

Francois