Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Bitter mooi bulletjie hoop nie sy baas wil hom laat doodmaak nie gene kan nogal deurloop. Ek maak so met die groot jakkals mannetjies, hulle teel groter jakkalse wat jy makliker sien en so aan.
Is daai n uitnodiging???? Jy weet ons wat nie koedoes het nie sal n ent ry vir ene.
Het met Belge gejag, eerste keer wat ek met oorseese kliente kon Afrikaans praat, hulle praat mos Vlaams, waar Afrikaans vandaan kom, oftewel ge-ontleen is. Was heel lekker. Begin weer Sondag met n paar Franse vi twee weke, sal net my Frans bietjie moet opknap, vandat Oupa hier geland het in 1820, het die Frans die Marai's bietjie ontgaan.
Francois, nie hieroor of daaroor nie... daai is 'n "murse" bul, regte blou nek. Daar is seker nie baie digte bome in die wereld waar daai foto geneem is nie, rede hoekom sy horings so lank is - "THE SKY IS THE LIMIT"- geen takke wat die goed kort en intoom hou nie...
As jy nou genoeg oorsese kliente na SA wil lok moet jy seker maak hulle sien ook daai Koedoe, manupileer die foto so bietie waar jy langs om staan met 'n roer. Ek seker dit sal die nodige aandag op jou vestig - maar jy het dit nie by my gehoor nie.
Blykbaar is daai bul gevang op Roedtan en hy loop nou op Marble Hall.
Verkoop vir die gesonde bedrag van R35 000.
Horings was 69,750" en 2m van punt tot punt.
Ek het dit by n maat van Potgietersrus gehoor wat dit weer by n ander maat gehoor het.
Die ouens wil groter tjeks skryf maar die boer hou hom doof.
Voor ek die storie geweet het sou ek ook heelwat lood in die lug wou sit as ek hom raakloop maar op die stadium maak daai klomp nulle my bang...
Ek gee nie om wat sy prys is nie. Ek is mos bereid vir die weggejaag word slag. Of dit nou vir R 5000 of R 35000 is dit gaan geen verskil maak nie, al wat ek gaan weet is ek het hom geskiet.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Is ek 'n sussie? Daai bul is baie mooier lewendig as dood! En sy vleis gaan onlekker wees. Op my plaas sal hy van ouderdom vrek, maar skiet sal ek hom nie skiet nie. So jong penkoppie of 'n lekker vet vers is meer my kos.
Louis jy het 'n punt beet... Daai kaliber dier wat jy nou na verwys het se vleis is nog lekker sag en sappig, ideaal vir die tafel. Daai ou GROOOOOOT bulle se vleis is taai, al wat mooi lyk is die stel horings, maar hulle lyk mooier lewendig in die veld. Ek sal hom ook eerder kans gee om sy gene so lank as wat hy kan vreilik te versprei.
Let wel kerels, sit die "tags" aan die horings se punte net nie aan die ore nie... Ek kry die idee as hulle aan die ore is, is die manne geneig om die "tag" bokke te skiet.
Meerkat,
sal my maat vra en probeer uitvind.
Ek sien in die laaste Magnum het Gregor Woods die boer se naam genoem wat hom afgeneem het. Of dit nog syne is weet ek nie???
Oor n Kudu van hierdie kaliber sal baie stories versprei word, het selfs al een gehoor waar daar beweer word dat dit n skouer montering is wat in die veld afgeneem is met n tweede stel horings bo-op die eerstes ingesteek, maar nou ja, mens sal nooit weet wat om te glo en wat nie.