Dagse almal

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Dagse almal

Post by velti.botha »

Wil myself ook graag aan jul voorstel. Ek lees al ñ ruk lank almal se posts en geniet die kennis wat gedeel word baie.

Ek het in die Ottosdal distrik groot geword en geniet die jag en skyf skiet al van kleins af. Ek is maar ñ voorstaander van ñ .308 en .270. Het so 3 jaar terug vir my ñ pragtige 25-06 Model 90 Musgrave gekoop.

Danksy ñ vriend van my het ek nou ook besluit om hom te verander na ñ 30-06. Ek is baie opgewode daaroor en ek hoort hom seker die week terug te kry.

Die aksie het baie mooi graveer werk op en is ñ rooi/roes kleur geblu. Ek verneem dat dit so uit Musgrave se custom shop kom.

Ek wil die nuwe loop ook weer die selfde rooi/roes kleur laat maak. Kan jul my asb raad gee daaroor.

Kan dit nog gedoen word?
By wie kan ek dit laat doen?
Ens.

Groetnis

Nico
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Dagse almal

Post by ruaanb »

welkom
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Dagse almal

Post by tripodmvr »

Baie welkom. Die kenner as dit by blou van gewere kom is sekerlik Ralph Badenhorst. Hy behoort jou met raad te kan bedien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Dagse almal

Post by Boesman10 »

Dagse Nico. Welkom
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Dagse almal

Post by Ralph Badenhorst »

velti.botha wrote:Wil myself ook graag aan jul voorstel. Ek lees al ñ ruk lank almal se posts en geniet die kennis wat gedeel word baie.

Ek het in die Ottosdal distrik groot geword en geniet die jag en skyf skiet al van kleins af. Ek is maar ñ voorstaander van ñ .308 en .270. Het so 3 jaar terug vir my ñ pragtige 25-06 Model 90 Musgrave gekoop.

Danksy ñ vriend van my het ek nou ook besluit om hom te verander na ñ 30-06. Ek is baie opgewode daaroor en ek hoort hom seker die week terug te kry.

Die aksie het baie mooi graveer werk op en is ñ rooi/roes kleur geblu. Ek verneem dat dit so uit Musgrave se custom shop kom.

Ek wil die nuwe loop ook weer die selfde rooi/roes kleur laat maak. Kan jul my asb raad gee daaroor.

Kan dit nog gedoen word?
By wie kan ek dit laat doen?
Ens.

Groetnis

Nico
Goeie dag Nico

As ek reg onthou is die rooi/roes kleur n by-produk van die metaal verhardings proses gewees en het rooi/roes kleur vertoon wanneer dit chemies (hot) herblou was. Hierdie kleur kan ook gesien word op die vroee Brno slot aksies en is later reg gemaak deur die aksies te bead blast sodra die verhardings proses voltooi was. Sekere "ïnvestment castings" het ook sulke rooi kleur en kan gesien word op Brno, CZ, Ruger asook Musgrave.
Musgrave het wel op n tyd een of ander Chemical Oxide herblou formule gebruik wat wel die parte n rooierige skynsel gegee het. Ek self het bitter lank laas sulke herblou gesien omdat dit nie die ideale afwerking voorkeur was vir geweersmede of -bouers nie.

n Ander herblou proses wat wel so rooi skynel sal gee is sekere formules van "rust bluing". In kort word n suur mengsel op die metaal parte gesmeer en gelos vir n geruime tyd teen n sekere temperatuur wat die parte dan laat roes (red oxide). Deur die parte te kook in skoon water verander die rooi roes na swart (black oxide) toe. hierdie proses word herhaal tot al die parte n uniform swart kleur het - sommige van hierdie formules maak n rooierige roes skynsel maar is nie so prominent nie.

Indien jy n foto of 2 kan plaas voor jou loop en aksie los gedraai is sal ons beter kan se watse herblou/blacking metode gebruik was.

Sien aangehg n voorbeeld van Rust bluing/etching metode wat ek tans doen op Damascus lope - my formule gee die kenmerkende Blou ("rebluing" ) skynsel as dit voltooi is

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/12553108_1086089764745145_7792579806994273655_n_zps21nqylmj.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/12573203_1086196014734520_6209941969670120575_n_zpspi7zallm.jpg[/image]

Groete

Ralph
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Dagse almal

Post by jamalley »

Welkom Nico
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Re: Dagse almal

Post by velti.botha »

Iphone old 563.JPG

Hi Ralph

Ek hoop die 2 fotos sal kan help. Ek het ook gehoor dat dit nie regtig algemeen is nie. Hoop maar ek kan ñ oplossing kry. Wil regtig die 'look' ook op die loop dieselfde hê.

Ek het ongelukig nie ñ foto van die loop. Let wel dat die kleur op die loop glad nie so prominent is nie. Hy is amper soos die blue wat ons gewoond is, maar het tog amper ñ rooi skynsel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply