Ek dink al n rukkie daaraan om vir my seun (7jaar oud) n jaghond te koop wat hy self kan leer en waarmee hy n pad kan stap vorentoe. Die hond moet aan n paar vereistes voldoen ek ek weet nie of daar so een bestaan nie
-Hy moet nie te vrek groot wees nie, spasie by die huis is redelik beperk en ek wil nie voel ek doen die hond n onreg aan nie. Daar is wel baie plek om te gaan stap maar agter erf bietjie klein.
-Hy moenie hare verloor nie....of te veel hare verloor nie.
-Vriendelik wees teenoor kinders, soek nie een wat sommer in die gesig sal hap nie, my ander lightie is amper 2
-Rustige geaardheid en nie heeldag/nag blaf en alles opvreet nie
Ek weet aandag is baie belangrik om meeste van die goed te verhoed...
Dankie kerels
Groete
Carel



