Page 1 of 1

My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 3:00 pm
by Dolf014
My goeie vriend (hy het gevra ek moet nie sy naam noem nie) het die mes vir my gemaak van n saaglem ("strong arm saw).

Die doel van die mes is om takke te kap en borskaste oop te saag.
Dit is n baie harde staal, so ek glo die mes sal lank skerp bly.
Ek wil net ook noem; die mes is bloed skerp (hy het my rekenaar skerm beskadig toe ek die foto laai)


Dankie my virend. Ek skuld jou R1.

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 3:07 pm
by ruaanb
Dis sommer grand daai!

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 4:23 pm
by Chris (vdB)
Dis duidelik dat ek vir my nuwe vriende moet kry wat ook so handig is. Baie netjies Dolf. Met daai mes sny jy jou t-bone saam sy been kleiner

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 4:31 pm
by Tienie
bere hom as souvernier: saaglem is baie baie hard ( en nie flexible nie) en as jy skeef kap of vibrasie deur die lem veroorsaak gaan hy daar op die smal gedeelte van die hef afbreek;

Maar dit bly baie nice

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 7:57 pm
by henning
Tienie wrote:bere hom as souvernier: saaglem is baie baie hard ( en nie flexible nie) en as jy skeef kap of vibrasie deur die lem veroorsaak gaan hy daar op die smal gedeelte van die hef afbreek;

Maar dit bly baie nice
Dit hang af hoe die lem ge-temper is.

Groete
Henning

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:23 pm
by alecjohnson
Mooi kapmes! Ek verstaan dat jou vriend nie sy naam genoem wil he nie die jaracal speurders sal vinnig agterkom waar hy woon en groot bestellings maak!, maar dolf jou naam is hier en die jaracal MAFIA mag dalk you kom haal on te se wie dit is sodat ons ook kan kry! ++>:

P.S is dit swart verf of van daai powdercoting goet oor die lem?

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:50 am
by jamalley
Baie nice geskenk

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Tue Jan 12, 2016 1:17 pm
by Dolf014
Alec; die swart kleur wat jy sien is die natuurlike kleur van die staal. Net die gewone blou verf afgehaal met thinners.
Wat ek like van die mes; jy kan sien hy is handgemaak en nie ge-masjineer nie. Dit gee hom karakter.

Re: My Geskenk >> Tuisgemaak.

Posted: Tue Jan 12, 2016 2:54 pm
by PWV
Dolf014 wrote:My goeie vriend (hy het gevra ek moet nie sy naam noem nie) het die mes vir my gemaak van n saaglem ("strong arm saw).

Die doel van die mes is om takke te kap en borskaste oop te saag.
Dit is n baie harde staal, so ek glo die mes sal lank skerp bly.
Ek wil net ook noem; die mes is bloed skerp (hy het my rekenaar skerm beskadig toe ek die foto laai)


Dankie my virend. Ek skuld jou R1.
++>: ++>: ++>: