Page 1 of 1

Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Jan 06, 2016 12:13 pm
by Jaco V
Hello almal
Baie van julle sal bewus wees dat ek oor die afgelope 2 maande probeer om n verskiet lading vir my Vektor K98 .300H&H te ontwikkel. Maar ek kry maar net nie n lading wat konstant onder 1MOA groepeer nie.
Vir jag is die wapen heeltemal voldoende maar nie vir Gonge skiet op verder afstande nie.
Gister, uit radeloosheid en frustrasie besluit ek toe om die geweer boude en blaaie te maak om te kyk of die glass bedding wat ek laat doen het (10 jaar gelede) nie intussen gebreek het of so iets wat moontlik kan verduidelik hoekom ek swak groepe kry nie.
Ek sien to wel die volgende, soos op die fotos, nou ek is nie n wapensmid nie, maar is die recoil lug nie veronderstel on die lug bolt te "engage" met meer as 1 of 2 tiendes van n mm nie?

Op die fotos sal julle blink merkies op die skerp hoek van beide die recoil lug en lug bolt in die kolf sien, dis al "engagement"tussen die recoil lug en lug bolt. Boonop is dit nie eers eweredig oor die volle lengte van die recoil lug nie.

My vraag, Kan hierdie my groepering beinvloed en by wie laat doen ek die job oordentlik oor.

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Jan 06, 2016 4:25 pm
by 243Songdaug
Jaco, dit sal versekr 'n invloed hĂȘ op jou groeprings. Die pakking is reeds 10 jaar oud en het heel moontlik al oor die jare gekrimp, vervorm en getrek agv omgewings toestande en ook veranderinge in jou kolf se hout.

Dit sla roed wees om hom te vervang - wie ek sal aanraai om dit vir jou te doen kan ek jou ongelukkig nie mee help nie.

Groete
Jaco Goosen

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Jan 06, 2016 5:05 pm
by Geno
As jy naby Roodepoort is, kan jy vir Chrisjan hier op die forum nader vir die pakking. Hy het my een geweer gedoen en ek is baie tevrede.

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Jan 06, 2016 6:18 pm
by henning
Kan nie mooi sien nie maar dit lyk of die pakking aandag nodig het.

Groete
Henning

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Jan 06, 2016 9:23 pm
by JPS
Ja nee,stem Chrisjan se pak van aksies is van die beste wat ek al gesien het. Nog net een ander man gesien wat ook geweer so kan pak soos Chrisjan en dit is Boomslang

Groete
Jan

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Thu Jan 07, 2016 10:26 am
by Jaco V
Baie dankie vir die info manne. Kan iemand dalk vir my Chrisjan se nommer PM?
Baie dankie

Re: Hierdie kan mos nie reg wees nie?????

Posted: Wed Apr 06, 2016 8:00 pm
by Venna 300 H&H
Jy praat niks, het jy die gun toe laat pak en wat is jou groepeering nou, is baie nuuskierig.