Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Hallo julle,
Het iemand dalk 'n bo baas resep vir lewer. Ons maak altyd lewer gaar maar is bietjie opsoek na 'n ander/nuwe resep.
Dankie manne!

.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Marno, lewer netso in 6mm skywe gesny met sout en swartpeper en ge panbraai in olyfolie is heerlik, asook die lewer in klein blokkies gesny ( nie gemaal nie), toegedraai in netvet met gerasperde ui en n titseltjie mint, pan gebraai of geroosterbraai met tabasco. Kan netso geeet word van die rooster af of saam natpap (stywe pap)
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Thanks Dawid,
Ja wat ons gewoonlik doen is ook net so in die pan braai of skilpaadjies maak. Bly darem lekker saam met so ou pappie.
Ek het gehoor party mense maak hulle gaar in sekere souse ook?
Ja wat ons gewoonlik doen is ook net so in die pan braai of skilpaadjies maak. Bly darem lekker saam met so ou pappie.
Ek het gehoor party mense maak hulle gaar in sekere souse ook?
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Growwe sout is die geheim by vars lewer met uie in 'n pan gebraai
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Proe dit anders as mens growwe sout gebruik in plaas van gewone sout?Yalair wrote: Growwe sout is die geheim by vars lewer met uie in 'n pan gebraai
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
+- 5 uie
2 lewers
1(bottel) van daai Tannie se Bladjang
1 pakkie spek
1 klein blik pynappelringe
1 pakkie sampione
1 pakkie uiesop
Braai uie, gooi lewer in braai, gooi ander goete by en laat stadig prut tot lewer gaar. Ek het maar die resep aangepas by smaak minder van pynappel ens soos dit smaak pas.
Bedien saam lekker pap
Buiten vleis-, visbraai is dit al wat ek kan kook

Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Blikskottel!!!!!!! Die een gaan ek defnitief probeer!! Nou water my mond darem erg so vroeg in die oggend!!222 wrote: +- 5 uie
2 lewers
1(bottel) van daai Tannie se Bladjang
1 pakkie spek
1 klein blik pynappelringe
1 pakkie sampione
1 pakkie uiesop
Braai uie, gooi lewer in braai, gooi ander goete by en laat stadig prut tot lewer gaar. Ek het maar die resep aangepas by smaak minder van pynappel ens soos dit smaak pas.
Bedien saam lekker pap
Buiten vleis-, visbraai is dit al wat ek kan kook
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
O hel amper maak ek soos my vrou:
SOUT EN PEPER NA SMAAK
SOUT EN PEPER NA SMAAK
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
grumpy
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Ek het nog n hele Koedoe lewer in my vrieskas. Wil hom gaar maak maar dit is baie groot. Net ek en my seun eet lewer. Ek sak maar breakfast, lunch, supper en snacks tussen in eet!!!
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
'n Vars lewer kort net sout en peper en suurlemoensap. Ek sny die lewer in dun repe wat vinnig kan gaar word, dan marineer ek dit in olyfolie en suurlemoensap vir 5 minute. Dan "flashfry" ek dit in 'n baie warm pan. Lewer moet nie te gaar wees nie dan word hy kliphard en droog.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Marno
Die growwe sout moet vars wees en dit gee 'n baie beter smaak

Danie Lombard .243
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Liewe ouers maar julle manne is sterk om lewer te eet. 
Ek het al probeer maar nee, daai bloed klont werk nie saam met my nie, hy wil nie af in my keel nie.
Ek het al probeer maar nee, daai bloed klont werk nie saam met my nie, hy wil nie af in my keel nie.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Ek het al van Merweville tot in die Kaap elke 10 minute langs die pad gek$k van te veel blouwildebees lewer! Hy maak jou maag los!Danie .243 wrote: Liewe ouers maar julle manne is sterk om lewer te eet.
Ek het al probeer maar nee, daai bloed klont werk nie saam met my nie, hy wil nie af in my keel nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
Danie Lombard .243
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Mede jagters matters
Al die jagters wat hier in die VS vlaktes kom jag se my se skoonma maak die beste lewer ooit, sal vir jul lewer eters die resep kry en hier plaas,
weet iets van room, uie en old brown sherry,
LOL! Ek sal liewers stukkies springbok rug fillets saam met die resep maak, lig jare beter as lewer.
Mooi man 30-06, ek kan glo dat lewer 'n man se maag onderste bo laat word. Dit is dan 'n olie (bloed) filter, vol sludge en ander gorremanjorre.
Danie nie lewer eter.
Al die jagters wat hier in die VS vlaktes kom jag se my se skoonma maak die beste lewer ooit, sal vir jul lewer eters die resep kry en hier plaas,
weet iets van room, uie en old brown sherry,
LOL! Ek sal liewers stukkies springbok rug fillets saam met die resep maak, lig jare beter as lewer.
Mooi man 30-06, ek kan glo dat lewer 'n man se maag onderste bo laat word. Dit is dan 'n olie (bloed) filter, vol sludge en ander gorremanjorre.
Danie nie lewer eter.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Danie.....Bokke eet nie hamburgers en pies en kentuckynie en drink ooknie alkohol nie ........so hulle lewer werk nie hard nie en is mooi skoon.

Janee hy loop ook vreeslik mooi as mens hom saam stukkies niertjies so saam bietjies OBS laat prut en dan of sy sousie met Bisto of Room dikker maak.
Janee hy loop ook vreeslik mooi as mens hom saam stukkies niertjies so saam bietjies OBS laat prut en dan of sy sousie met Bisto of Room dikker maak.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Menere.. moenie daai lewer onderskat nie! Ons vat vars wildslewer, maak hom skoon en sny in klein blokkies. Dan l? jy dit in melk om die bloederigheid te neutraliseer en drein die vloeistof. Braai dan uie in pan en gooi die lewer in. Maak net gaar en gooi dan 250ml room, eetleper mayonaise en dan die geheim... 'n hele botteltjie van Nandos se black pepercorn sous in. Saam met pap, broodrolle of rys loop hy soos 'n muis met slippers!
Hoop net julle slaap alleen in 'n kamer anders gaan jy moeilike pelle h? die volg dag!

Happiness is... a warm gun!
-
Danie Lombard .243
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
My skoonma se lewer braai resep.
1 groot ui fyn gekap, braai die ui in 'n pot, een lewer in stukkies gesny (verwyder al die gorremanjorre) braai nou uie en lewer met sout en pepper, as dit gaar is, vat 'n koppie room, gooi oor lewer en uie, en 'n half koppie sherry, kook deur, bedien.
Die wat dit eet se hy loop mooi.
Ek sal ma liewers terug staan en die manne laat eet.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Sommer n vinnige een vir daar in die veld.
Sny n coke blik se bokant oop, gooi dan lewer in wat in fyn repies soos chillie bites gesny is in die blik tit hy so 3/4 vol is top hom nou op met coke en plaas hom binne in die kole. Laat die coke oor kook en top weer op as die coke tweede keer oorkook haal af en geniet saam Tabasco en sout na smaak.
Glo my hy loop soos n jet.
Blok

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

ablm468
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
So van lewer gepraat het iemand dalk 'n lekker resep vir lewer koekies?
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
En as jy te veel eet dan loop jy soos 'n jetBLOK wrote: Sommer n vinnige een vir daar in die veld.
Sny n coke blik se bokant oop, gooi dan lewer in wat in fyn repies soos chillie bites gesny is in die blik tit hy so 3/4 vol is top hom nou op met coke en plaas hom binne in die kole. Laat die coke oor kook en top weer op as die coke tweede keer oorkook haal af en geniet saam Tabasco en sout na smaak.
Glo my hy loop soos n jet.
Blok
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
7X57
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Manne,
Lewer is een van daai goed: dis nie van hom moeteet nie, dis van hom wil eet.
Hierdie resep is een van laasgenoemde.
Maak skoon die lewer - en sommer die niertjies ook - sny op in bytbare blokkies, gooi in 'n skottel met so twee skeute brandewyn in. Gaan sit nou rustig en teug aan jou eie teetjie, wyntjie of dop soos jy van hom hou vir so halfuur lank.
Sny 'n pakkie spek op in repies, twee of drie uie en 'n paar knoffeltjies so fyn soos jy hom wil geniet. As jy 'n pap mens is, maak die pap soos jy van hom hou of sit 'n pot rys op. Nou kan jy maar nog 'n drankie vat en vir die vuur kyk. Gooi so koppie of twee koekmeel gemeng met jou gunsteling braaisout in die plastieksak waarin jou bier gepak was; haal die lewer uit en gooi in die sak. Behou die vloeistof.
Raait! Nou braai jy die uie, knoffel en spek in 'n lekker pan of pot. As die amper klaar is, gooi jy die lewer by en braai net tot hy gaar is; nie droog nie, dan weet ons mos hy raak soos rubber. Gooi nou jou vloeistof oor; steek brand en meng met jou rys of pap. Eet! Ek maak hom altyd as 'n lusmakertjie en het 'n joodse antie gehad wat lekker aan die spul gesmul het.

Ek het nog my heel Koedoe lewer wat ek gevries het. Kan ek n deel van hom afsny en weer in die vrieskas sit? My vrou eet nie vleis nie so daar is baaaiiieee vir my en die seuns.
Dankie.
Dankie.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Ja wat ek. Ek het so pas 2 blesbok lewers en 'n swartwilde bees lewer vir twee weke in die yskas gehou. Elke ete sny ek vir my 'n porsie af en maak gaar. Vrek maar lewer is lekker!grumpy wrote: Ek het nog my heel Koedoe lewer wat ek gevries het. Kan ek n deel van hom afsny en weer in die vrieskas sit? My vrou eet nie vleis nie so daar is baaaiiieee vir my en die seuns.
Dankie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
hier is my resep
1 kudu lewer skoongemaak en deur die vleis meulitjie gemaal met n growwe siffie
3 groot uie gechop met daai tv masjientjies
knoffel na smaak
sout en peper na smaak
mixed herbs na smaak
bietjie poeier koljander na smaak( so teelepel vol gehoop)
bietjie bietjie tiemie ( wees versigtig)
bietjie roosmaryn ( wees versigtig)
bietjie pimento/allspice
vars room 250ml blikkies x 2
paar skutte tabasco sous
braai uie en knoffel in pot met olyfolie tot bruin
gooi lewer by en braai net tot dit vaal raak
gooi al die speserye in en maak pot toe sodat hy kan prut tot lewer gaar is
roer lekker deur as alles gaar is en gooi een en n half blikkies vars room oor
laat prut vir 15 min
nou eet jy jou m@&rtoe aan dit en n lekker pot pap

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Opsoek na 'n lekker resep vir lewer....
Julle maak n man erg honger...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment