Middag manne
Na aanleiding van die SAJWV berig oor hernuwings wil ek asb namens my pa die volgende uitvind by julle;
- het jy weer n komplete motivering nodig met hernuwings aansoek (soos wanneer jy 1e keer aansoek doen)
- wanneer presies verval n bevoegdheids sertifikaat wat geen verval datum op het nie?
Ek luister graag, dankie
Lisensie hernuwing vraag? na aanleiding van berigte
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Lisensie hernuwing vraag? na aanleiding van berigte
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Lisensie hernuwing vraag? na aanleiding van berigte
Ek het maar 'n motivering bygesit by elke hernuwing waarvoor ek aansoek gedoen het. Net nog een rede minder vir CFR om dit af te keur. 
Sal ook graag klarigheid wil kry omtrent die bevoegdheidsertifikaat. Smaak my die jurie is nog uit op daai een. Volgens die vuurwapenwet, bly hy geldig solank as wat die laaste lisensie geldig is wat jy met die betrokke bevoegdheidsertifikaat gekry het. In my geval beteken dit dan dat myne nooit verval nie? Die tydsbestek tussen my lisensies is van so aard dat ek 'n lisensie moet hernu voordat die bevoegdheid teoreties verval en dan is hy mos weer van voor af geldig?

Groetnis
Philip
Philip
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lisensie hernuwing vraag? na aanleiding van berigte
As jy een van die "nuwer" bevoegdheid sertifikate het, waarop daar nie 'n vervaldatum is nie, bly dit geldig tot jou laaste vuurwapenlisensie verval. As jy dus telkens jou lisensies hernu, verval jou bevoegdheid nooit nie.Ashley wrote:
- wanneer presies verval n bevoegdheids sertifikaat wat geen verval datum op het nie?
Ek luister graag, dankie
Die probleem kom in as jy wel een het waarop 'n vervaldatum is. Dan is dit beter om dit maar te hernu en die nuwe een behoort dan nie 'n vervaldatum op te hê nie. Die probleem is dat elke DFO in die land, dit anders interpreteer en oordra. Sommiges sê jy hoef nie te hernu nie en ander sê weer jy moet.... Vir veiligheidshalwe, stel ek voor, as jou BS 'n vervaldatum het, doen maar 'n hernuwing en kry klaar.
Aim small, miss small