Skaaphalsbande teen roofdiere

mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

E-Shepherd skaaphalsbande
Jaarlikse verliese as gevolg van roofdiere onder kleinvee beloop meer as 1.3 miljard rand. Meer as 5300 kleinvee word per dag deur roofdiere gevang. E-Shepherd is ? elektroniese nekband wat roofdiere van skape verjaag. Kliniese toetse oor  ? periode van meer as 8 maande wys dat die stelsel effektief is in die beskerming van skape teen roofdiere. Geen skape in die toetsgroep is tydens hierdie periode gebyt, beseer of gedood deur enige roofdier nie. Die doel van die stelsel is nie om die roofdier te vernietig nie maar om skape van sy spyskaart af te hou.
Die stelsel is bekostigbaar en buigbaar genoeg om maklik in moderne boerdery tegnieke te integreer.
Plaaslike vervaardiging verseker maklike toegang tot tegniese advies en bystand. Die stelsel is deeglik onder Suid Afrikaanse toestande getoets. Die nekbande werk onafhanklik van mekaar maar vorm saam ? wolk van beskerming aan die skaap trop.
E-Shepherd plaas roofdier in die natuur waar hulle hoort- Natuurlik. En dit verseker minder verliese deur roofdiere en groter winste.
Julle kan my kontak by mwjotha@mtnloaded.co.za  of 083 5948438 vir verdere vrae of gaan kyk na ons webblad www.eshepherd.biz 
Van Mariette van Dyk
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Christo »

:o , ek wag
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Biker »

MAR
oe-lala Hier kom n ding wat gaan werk in die meer intensiewe dele waar skape in n trop wei . Ek het julle navorsingsprogram deurgegaan en dit lyk baie positief. Lammers speel net te veel in die laat middag en gaan daai batries tap maar op groter skaap lyk dit na n wenner. Ons gebruik al jare die elektroniese alarm wat ons net vir so 4weke aanwend en dan weer wegvat sodat die jakkalse dit nie gewoond raak nie. Verder moet die getalle wel laag gehou word met effektiewe beheer program.
Biker
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

Mariette

Wat word van al die jakkalse wat "verjaag" is? Ek glo dat julle die toetsing oor 8maande gedoen het en ook die suksesse daarvan. Hoe groot was die areas en ook wie was aangrensend toe dit getoets is?

Mooiloop
Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by MEERKAT »

Hallo Mariette

Die collar wat julle ontwikkel het is 'n baie goeie idee en verseker sal die goed werk en die doel dien om ongediertes weg te hou vanaf lammers. Met verloop van tyd gaan van die jakkalse braaf word en wel aan lammers begin pik, hulle sal doodgemaak moet word om einde daaraan te maak. Die groot probleem met al die tipe van hulpmiddels is dat die druk op natuurlike wild word erg vergroot en dit het myself ondervind met die gebruik van ons collars. Die ander groot probleem is dat die goete het geen natuurlike vyande in ons wereld en vanself sprekend sal hulle eenvoudig net aanteel en indien die jakkals jagter hulle getalle nie beheer sal ons sit met kampe vol jakkalse en geen kleinwild of self grootwild nie.

Heelwat boere maak deesdae 'n lewe uit wildboerdery (in baie gevalle agv ongedierte skade aan klein en groot vee)  Die druk op die tipe van boerdery word verhoog met al die groen metodes en dit wil voorkom asof na die 4 de en 5 de jaar van wildboerdery die eienaars eers werklik verstaan watse skade die goete aanrig.

Indien die skiet van jakkalse gekombineer word met van die groenmetodes collars ens is die verlies persentasie baie laag en word 'n mate van beskerming gebied aan kleinwild en grootwild.
Sonder 'n betroubare ongedierte skieter is die kanse op oorlewing in die kleinvee boerdery nie meer moontlik, met die klem op betroubaar.
Sterkte met jou besigheid
MEERKAT
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Dag Meerkat

Hoe lyk jou halsbande? want die ding wat jy se dat die halsband skynbaar na 'n ruk nie meer te volle doeltreffend werk nie kom nie in ons kliniese toetse voor nie. Het jy nie dalk een van die ander halsbande wat op die mark beskikbaar is gekoop? Dit is twyvel agtige produkte.Ons gaan binnekort ons kliniese toetse bekend stel in een van die Landbou tydskrifte nl ProAgri en jy self kan sien wat was ons resultate is en dit sal  op ons webblad bekendgestel word
@ Christo.
Waarvoor wag jy Christo jy kan my bel as jy vrae het.

@ Taffie Die jakkalse  wat verdryf is van die skape het sekerlik ander weivelde gaan soek en dus  moes nabuurge plase meer roofdier besoeke ondervind. In ons toetse is gevind dat van die roofdiere wel terug kom en kom probeer skaap vat maar baie vinnig die wyk geneem het.. In nie formele toetse is gevind dat nabuurge plase  wat met gewasse boer se oes opbrengs waarneem  baar gestyg het en dat bv muisskade heelwat minder was en ons afleiding wat ons toe gemaak het meer, jakkalse jag natuurlike prooi weens skaapvleis moeilik beskikbaar is.
Ambessa

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Ambessa »

Hallo almal

Dit is prysenswaardig dat daar voortdurend na nuwe metodes en apparaat gesoek word.

Selfs in die VSA is dit bekend dat geen enkele metode as die absolute wonderstaffie gebruik kan word nie. 'n Verskeidenheid metodes moet deurgaans beskikbaar wees en afwisselend gebruik word. Selfs dan is dit prakties onmoontlik om oor lang periodes alle predasie deur rooijakkalse te stop. 

Ambessa
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by MEERKAT »

Hallo Mariette

Hoeveel beskerming bied die halsband aan die doodbyt area aan 'n lam se keel?

Met grote van kampe in ekstensiewe kleinvee boerdery wat tot 1200 hektaar groot kan wees met 1000 lammers in so kamp is die kanse uitstekend dat lammers sonder die halsbande bymekaar mag loop. Wat daarop neerkom dat die voorgestelde 10% krae defnitief te min sal wees. Wat sal die koste beloop om elke 3 de lam 'n  kraag aan te sit op 'n getal van 1000 lammers?

Die krae wat ons gebruik is defnitief nie twyfelagtig nie , maar wat ek heel bereid is om te doen is om die krae van julle te vergelyk met ons bestaande krae met  2 groepe lammers op dieselfde plaas en onafhanklike persone te kry wat resultate kan boekstaaf.

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Gerhard »

MEERKAT wrote: Hallo Mariette

Hoeveel beskerming bied die halsband aan die doodbyt area aan 'n lam se keel?

Met grote van kampe in ekstensiewe kleinvee boerdery wat tot 1200 hektaar groot kan wees met 1000 lammers in so kamp is die kanse uitstekend dat lammers sonder die halsbande bymekaar mag loop. Wat daarop neerkom dat die voorgestelde 10% krae defnitief te min sal wees. Wat sal die koste beloop om elke 3 de lam 'n  kraag aan te sit op 'n getal van 1000 lammers?

Die krae wat ons gebruik is defnitief nie twyfelagtig nie , maar wat ek heel bereid is om te doen is om die krae van julle te vergelyk met ons bestaande krae met  2 groepe lammers op dieselfde plaas en onafhanklike persone te kry wat resultate kan boekstaaf.

Mooi loop
MEERKAT
Meerkat,

Dit sal baie interesant wees om die resultaat te sien.

My vraag is sou die bande so goed werk wat gaan die jakkalse dan vreet?

Muise, duikers, steenbokke, fisante?

As ek reg onthou is dit hier op die forum bewys dat n jakkals paar met kleintjies elke week 20kg vleis moet vreet net om te oorleef.

Ek het met baie boere gesels wat in die Dullstroom omgewing boer (nie naweek boere nie). Baie het van skaap ontslae geraak agv skade met jakkalse. Snaaks nou dat die skaap nie meer daar is nie sien mens ook nie meer duikers of fisante of blou kraanvoels wat baie vol op was toe die boere ernstig met skaap veral wol skaap daar geboer het in die 1980's en 90's.

As mens na die prentjie in sy geheel kyk soos wat reeds hier genoem is sal daar beslus aan gegaan moet word om getalle te verminder om te verhoed dat een spesie ander spesies benadeel... (Soos wat nou byvoorbeeld gebeur in die KNP met die olifante wat nie uit gedun mag word nie)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Hello Meerkat

Jy wil vergelyking tref, maar jy self het nog nie gepoog om 'n internasionale erkende kliniese toets op jou eie produk te doen nie. Waarvoor is jy bang? as jou produk so goed is want  met 'n kliniese toets se statistese data kan ons dan een twee drie appels met appels vergelyk. Dit is die internaslonale erkende norm om die tipe oplossing waaroor ons stry te vergelyk. So gaan doen jou wetenskaplik gefindeerde kliniese toets en dan praat ons weer. :laugh:- of dink jy enige pil van die mediese wereld ordentelik getoets en vergelyk is met ander.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

Mar

Dankie vir die snelle reaksie van jou.

Julle het vir 8maande die toetse gedoen en jy reken dit is genoeg(klinies genoeg). Wat gaan gebeur as almal julle halsbande gebruik, die veeboere en intensiewe wildboerdery?

Ok, ek het 'n idee wat jou antwoord gaan wees. Die probleem wat ek in die toekoms sien is dat jakkalse en katte dit tog gewoond gaan word, hulle lewensiklus strek oor 12maande en nie oor 8maande nie. Ek hoop tog dat my vermoede verkeerd deur jou(julle) bewys sal word en dat die wondertegniek om die draai is.

Jou halsband sal verseker 'n hulpmiddel in die oorlog teen hulle(jakkalse) wees om die manne tyd te gee om van hulle ontslae te word.

Ek is nie so seker dat jou verdere toetse(nog so 14maande) nog so positief ervaar(deur julle self) sal word nie. Ons almal hoop dat dit tog sal gebeur. Wat is jou halsband anders as klokkies? Ok, joune gee seker darem verskillende geluide elke keer as die dier stres, so dit gaan so bietjie langer neem om gewoond te raak. Onthou tog: "Vlekkie stel nooit teleur nie".

Ek woon in die Klipplaat omgewing(jy behoort my naam en adres te ken, jy het daarna gevra en nog nooit weer kontak gemaak nie) en tesame met 5 buurdistrikte is die boerderygrond in die omgewing van 1miljoen hektaar, wys jy my die stuk natuur buite die gebied. Ja, ek weet jy bedoel op die grond in die natuur, maar dan gaan jy 'n paar halsbande vir my hoender-, katte-, duiwe- en konynboerdery moet ontwerp en as die hase en steenbokke op is, sommer vir my ook een gee.

Op hoeveel grond het julle die toetse gedoen, volle hektare en waar? Dit help nie om 5000 hektaar in 100 000 hektaar Wille Weste te doen nie. Julle ontnugtering word net daarmee uitgestel.

Ek bewonder jou moed en durf om hier te registreer, maar dit is ook hier waar jy die ware feite gaan hoor en sien.

Mooiloop

Taffie Mulder

Ps. Christo, lees jy lekker?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Biltongjagter

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Biltongjagter »

Wat het hierdie sg. 'kliniese toetse' bewys tov die volgende aspekte -

1.  Kan die skaapboer wat van skaaphond hanteerders gebruik maak, steeds sy honde met dieselfde mate van sukses gebruik waar julle bande in gebruik is?
(Bande kan immers nie onderskei tussen oormatige aktiwiteite wat deur honde en/of jakkalse/rooikatte veroorsaak word nie.)

2.  Het hierdie 'kliniese toetse' enigsins bewys of roofdiere soos jakkalse en rooikatte oor langer periodes nie gewoond/immuun raak aan/teen hierdie klank alarms of ho? frekwensie seine nie?

3.  Hoekom enigsins LED liggies byvoeg, wat vanselfsprekend battery lewe verder verkort, as die ander meganisme doeltreffend funksioneer in die verwildering van roofdiere?

4.  In watter mate word die skape self be?nvloed deur die stelsel - bedoelende hulle optrede tydens die inwerkingtreding van die stelsel - is dit nie vir hulle ook 'n sein wat ontwrigting veroorsaak onder die trop nie?

Sinvolle antwoorde sal waardeer word. 
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Biker »

Manne
ons moet nou nie die hoender ruk nie . Halsbande is net n hulpmiddel en ek dink nie Mar & Co wil beweer dat dit jakkalsprobleem totaal gaan uitfaseer nie maar dat dit n plek gaan he in die stryd is verseker en soos ek vroeer geskryf het ,sal beheer nog steeds toegepas word. Ek sien dit so en verwelkom dit.
Biker
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Naand Biker

Baie dankie vir jou mooi kommetaar. Ja ons wil nie die dam onder die eend uit ruk nie, Ons wil net die jakkalse so ver moontlik terug stuur na sy ou natuurlike habitat. Jakkalse sal altyd voorkom maar jakkalse wat skaap vreet wil ons baie minder maak en dat die skaapboere hulle winste kan kry.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

mar
mar wrote: Ons wil net die jakkalse so ver moontlik terug stuur na sy ou natuurlike habitat. Jakkalse sal altyd voorkom maar jakkalse wat skaap vreet wil ons baie minder maak en dat die skaapboere hulle winste kan kry.
Raait, verduidelik vir my hoe gaan die halsband dit doen.


Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Jaco Swart »

Mar.

Ek is nie 'n boer nie , so gaan ook nie jou halsband koop nie.

Wat ek wel weet is dat die praktyk hier op die forum is dat jy jouself eers moet voorstel voordat jy begin adverteer en mense aanvat. Indien jy dit reeds gedoen het vra ek onverskoning , maar ek kon nerens die verwelkoming van jou kant opspoor nie.

So vertel ons gerus wie jy is ens en ons vat dan die gesprekke van daar.

Groetnis

Oom FM

Rus maar ek het hierdie een gekry.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Jaktrap »

Hallo Taffie
Dit lyk my die "drawing board" moet nou eers nader gesleep word.

Groete
Jaktrap
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by jaracal »

Mariette
Ek het julle webwerf gelees en moet se^, indien skaap dit kan oorleef in Kroonstad moet die halsbande iets beteken. Ek dink die meeste boere en ander in die bedryf is al redelik keelvol vir nuwe ontwerpe want almal 100% beskerming belowe en kon niemand dit regkry om oor 'n lang tydperk (24 maande +) die belofte gestand te doen nie. Boere, om hulle diere te beskerm, gryp na die spreekwoordelike strooi halm en word maklik slag offers. Verder word baie idees getoets met baie goeie resultate in die begin. Die eintelike sukses of nie sukses sal afhang wat die resultate is na omvattende gebruik deur die boere self oor 'n lang tydperk. Is die toestel getoets waar ooie lammer het of besig is om te lam?
Hoor graag van jou en ons hou die resultate met belangstelling dop.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Christo »

Christo wrote: :o , ek wag
Mar, eerstens welkom hier op die forum, ons hou nogals daarvan om onsself voor te stel.
Tweedens, ... :o , ek wag..... - ek is seker hierdie gaan 'n debat ontlok as ek 'n my ou kort tydjie hier na al die gevoelens gekyk het.
Derdens, ek dink/is seker dat jou halsband sal 'n tool in die skaapboer se toolbox kan wees. Maar jy diens nie 'n trekker net met 'n tang nie, jy kort bloudraad ook.

Groete
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Naand se!!! Ek daag julle uit vir baie vrae oor die halsband wat die roofdiere weg hou en ek sal more my self voorstel amptelik en dan kan gesels dik stukke en laat ons begin. LOL ;D
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by MEERKAT »

Hallo Mariette

Vir 'n begin sal ek dit waardeur indien jy my 2 vrae kan beantwoord en nie met my wil argumenteer oor kliniese toetse nie.

MEERKAT
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Francois Marais »

Mariette

Ek is maar dom met die dinge, kan jy aub vir my die term, KLINIESE TOETS veduidelik, en wat dit dan alles behels......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Doepie01 »

Hallo Mar en almal

My eerlike, onnosole, eenvoudige veeboer siening is die volgende: As my buurman hierdie halsbande gebruik gaan ek hom want dan sal ek dit ook moet gebruik want sy jakkalse gaan mos nou by my kom eet en as ek dit gebruik gaan my ander buurman my weer #$%&^&, en so kan ons aangaan. So om by Taffie aan te sluit, waar gaan die jakkalse wat afgeskrik is heen?

Ek wil nie julle produk afskiet nie Mariette maar ek wil tog net noem dat BAIE goed al aan ons veeboere bekend gestel is en dat NIKS nog n volhoubare oplossing gebied het nie BEHALWE om Jakkalse dood te maak. Ek wil nie snedig of sarkasties wees nie want ek glo julle probeer help MAAR julle moes eerder n lokaas ontwerp het met gif in wat n sein of reuk uitstuur of afgee wat n Jakkals of rooikat nie kan weerstaan nie met dodelike gevolge vir die ongedierte en winsgewende gevolge vir die veeboer. Julle sou duisende verkoop het.

Eintlik het ek nou maar net genoem wat die ander manne hier reeds genoem het maar ek moes iets se want ek is al gatvol gekoop aan klokkies en gifhalsbande en toeters en ligte en alarms en en.....Nou skiet ek die goed of kry iemand om hul te skiet en nou is my boerdery weer winsgewend.
Ter afsluiting net die volgende: EK BELOWE OP MY ERE WOORD DAT EK DIE EERSTE PERSOON SAL WEES WAT IN DIE OPENBAAR EN OP HIERDIE FORUM OM VERSKONING SAL VRA indien voldoende bewyse bestaan dat Jakkalse na hul natuurlike habitat sal terugkeer met gebruik van hierdie halsbande en dat veeverliese in Suid Afrika iets van die verlede sal wees. Toets tydperk 12 maande. Ek gaan dan ook met kleinwild begin boer om kos op n groot skaal aan al die duisende jakkalse in SA te voorsien.
Groete Doepie
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

More Tafjak
Insake jou vrae verwys ek jou na ons webblad en byt net vas nuwe inligting nl. die verslag oor die eerste 8 maande van ons toetse sal binnekort gepubliseer word in ProAgri tydskrif en daarna op ons webblad wees. Die toetse is nie beindig nie ons gaan nog voort op die stadium gaan ons vir 18 maande en as dit moontlik is selfs 24 maande.
Oor die jakkalse wat vir jaag is kan ons net spikuleer en meld wat geopserweer is. Ja die verjaagte jakkals is na die nabuurge weiveld maar let wel daar kan hy net instap nie want hy oortree op 'n ander dominate alfa dier se gebied en dus kry hy teen stand van daai diere. Daar is gevind dat van die diere terug kom na ou weiveld maar dat skaaptroppe met halsbande vermy word nadat daar weer gepoog was om aanteval en die diere dan moet terug val na meer natuurlike prooi soos rotte en muise.

@ Biltongjagter.
Antwoorde:
1. Honde en roofdiere hoor dieselfde frekwensies en dus kan daar [moontlik 'n probleem wees.
2. Ons toetse is die eerste in die wereld wat vir 8 maande sukses het dat roofdiere dit nie gewoon raak nie.
3.LED - Die LED word ook gebruik om die roofdier se aanval patroon te verwar as ook om vir die boer aan te dui wanneer die batterye begin pap word vir korrekte funksionering ook gebruik kan word om te toets as die halsbande nog werk want die mens kan nie die klank hoor nie.
4. Skape het nie die vermoe om die frekwensie te hoor nie.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Dawie »

Hallo Almal

'n Waarneming wat ek op 2 verskillende dokumentere "Black Jack High Stakes" en "Day of the Jackal" gemaak het is hoe die jakkalse 'n wildsbokkie vang.  In altwee gevalle was dit 2 jakkalse wat 'n bokkie vang,  hulle het hom NIE AAN DIE NEK GEVANG NIE maar die bokkie ingehardloop omgestamp en dadelik sy pens uitgeruk.  As ek reg kan onthou het die een jakkals hom net 'n slag in die gesig gebyt toe hy skree.  In beide gevalle is die bokkie letterlik aan sy binnegoed dood gevreet.  'n Vriend van my het ook 'n foto van 'n lam wat net dood gevreet is met geen merke aan die keel nie.  (Daar's ook waar lam nog lewe)

Ek weet die halsband se doel is om jakkalse te verjaag en nie om keel te beskerm nie,  maar ek wou net die waarneminkie ingooi vir wat dit werd is.

Cheers

Dawie
Post Reply