Houtkolf Restoureer

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Houtkolf Restoureer

Post by Melckman »

Goeiedag,

Ek het 'n ou Remington .22 gekry en die outjie kort bietjie TLC. Onder andere wil ek die kolf restoureer.

Die kolf het ou, hoeglans vernis op, wat al op plekke sleg lyk van jare se hanteer; ek wil die vernis verwyder en die kolf 'n olie afwerking gee. Dit lyk soos 'n rooimahonie, so dit behoort mooi te lyk as dit klaar is.

My vraag is nou: hoe gaan 'n mens te werk om die ou vernis te verwyder, sonder om te veel te moet skuur aan die kolf?

Ek leer graag.

Marnus
User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Henry »

Gebruik vernis verwyderaar. Moenie die tipe gebruik wat met water afwas nie. Laat die verwyderaar sy werk doen. Jy sal sien frimmels ontwikkel. Gebruik dan eers 'n ou kredietkaart om die meeste vernis weg te skraap, en daarna staalwol, en miskien sal dit ook help om die staalwol (0000) in Terpentyn te doop en mooi skoon te maak. Laat dit dan droog en gebruik dan weer droê staalwol om finaal skoon te maak. Smeer dan Danish Oil (Deense Olie?) met 'n lappie of spons aan en laat toe om in te sak in die hout se poreê in. Gebruik dan weer staalwol liggies oor die gedroogte olielaag, en dek met nog 'n laag olie.

Dis wat ek gedoen het om 'n ou Linn LP12 platespeler weer te restoreer, en hy het baie mooi reggekom.
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Polla1983 »

Melckman...

Kontak gerus vir Gert Odendaal hier op die forum! Hy het destyds n wapen se kolf oorgedoen en het redelik navorsing gedoen. As ek reg onthou was dit n 375...

Gebruik gerus die search funksie en soek " 375 restoreer " of iets in daai lyn: hy het n stap vir stap verduideliking opgesit.

Hy het al baie skool geld betaal en het ek hom ook gekontak destyds.

Ek glo hy sal jou baie inligting kan verskaf.

Groetnis
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Hein M. »

User avatar
Henry
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Mon Jun 22, 2015 12:47 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Henry »

Daars hy. Die proses wat Dries gebruik is reg. Ek het ook Nitromors gebruik om die ou vernis te verwyder. Ek het Deense Olie gebruik omdat ek van dit in die werkswinkel gehad het. Dit is belangrik dat jy die grein vul as jy daai mooi satyn afwerking wil hê. Het vergeet om dit te noem. Dit bring ook die inner glans van die hout beter uit.

Moet ook noem dat jy geduld nodig het. Die is nie iets wat jy moet jaag nie.

Hier weer net 'n link na Dries se draad: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... lf#p306107
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Hartskoot Hennie »

Hallo Melckman, loer gerus ook hier as jy wil: http://jaracal.com/viewtopic.php?f=72&t=43674

Ek het Duram se Durastripp (paint remover) gebruik en dit het baie mooi gewerk vir my, 'n 1 liter blik kos so R60 by Chamberlain. Daar is seker beter maniere om dit te doen maar ek is baie gelukkig met die resultate wat ek gekry het.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
NJ_v_N
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Fri Jul 18, 2014 4:26 am

Houtkolf Restoureer

Post by NJ_v_N »

As jy lui en haastig is soos ek werk oven cleaner baie mooi on die ou finish af te haal. En dan warm water om skoon te maak en vyn duikies uit te haal.
Opgevolg deur n paar lae teak oil.

Voor
ImageUploadedByTapatalk1447254669.541455.jpg
Na
ImageUploadedByTapatalk1447254413.300827.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06AI Lyttelton RSA
308Win Lyttelton RSA
270Win CZ 550 (9.3x62 in wording)
222Rem Brno Fox
22LR Brno mod2
9mm Sig P250 FS
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Melckman »

Dankie vir al die raad, manne. Ek gaan bietjie kyk hoe dit gaan - ek hou julle op hoogte.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Houtkolf Restoureer

Post by Giepie »

Ek het ook so kolf of twee wat ek wil oordoen, so mooi gekyk na hierdie draad asook die ander. Ek het ongelukkig nie die geduld vir die lang prosesse nie, so dink nader aan Nick se idee. Gaan maar eers op 'n ou windbuks se kolf begin en kyk hoe dit gaan.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply