Vektor CP1 rubbish?
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Vektor CP1 rubbish?
Ek moes gister my CP1 9mm gebruik. Toe die eerste skoot klap, spring die hele magasyn uitmekaar en le al die parte en rondtes op die grond! En toe het ek 'n storing ook!
In watter gemors sou ek nie gewees het as dit in 'n selfverdediging situasie was nie!
Ek het nie meer vertroue in die CP1 nie.
Het dit al met jou gebeur?
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Groete
Louis
In watter gemors sou ek nie gewees het as dit in 'n selfverdediging situasie was nie!
Ek het nie meer vertroue in die CP1 nie.
Het dit al met jou gebeur?
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Groete
Louis
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Vektor CP1 rubbish?
Kort antwoord -> Ja
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Kort antwoord -> Glock
Kort antwoord -> Ja
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Kort antwoord -> Glock
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Jare gelede het 'n vriend van my in Windhoek ook 'n CP1 gehad. Eendag gaan skiet ons en gebeur dieselfde met syne. By hom egter het die patroon se rant aan die onderkant oopgebars. Volgens die merke op die doppe blyk dit toe dat die CP1 so gebou is dat die patroon nie heeltemal in die kamer ingedruk word nie en 'n swak plek op die dop bars toe oop. Sykante van die CP1 het oopgebars, die slide boontoe afgeskiet en die magasyn is ook ondertoe uitgeskop. Genadiglik het sy hande niks oorgekom nie. Die CP1 was nog nuut, hy het terug gevat geweer winkel toe, die het hom reggemaak en hy het hom dadelik verkoop.
Groete
Groete
-
edwill
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Hulle is !
- Fishaman
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Thu Nov 07, 2013 4:28 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Ja, so eenvoudig soos dit!LoopSoosStroop wrote:Vektor CP1 rubbish?
Kort antwoord -> Ja
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Kort antwoord -> Glock
http://www.animatedimages.org/data/media/199/animated-fox-image-0059.gif
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Ek vermoed die oorsaak van die "vinnige uitmekaarhaal" is 'n gebarsde dop. Meeste (goeie) pistole sal so maak, as die dop bars tydens afvuur. Dis 'n ammunisie probleem, nie wapenprobleem nie. Die wapen behoort nie permanente skade te kry nie.kwagga wrote:Ek moes gister my CP1 9mm gebruik. Toe die eerste skoot klap, spring die hele magasyn uitmekaar en le al die parte en rondtes op die grond! En toe het ek 'n storing ook!
In watter gemors sou ek nie gewees het as dit in 'n selfverdediging situasie was nie!
Ek het nie meer vertroue in die CP1 nie.
Het dit al met jou gebeur?
Hoe kan ek verhoed dat dit weer gebeur? Enige voorstelle?
Groete
Louis
Watse patroon was dit in die loop? Herlaai of winkelpatroon? Hoe oud? Was daar enige obstruksie, of roes in die loop?
Ja, ek het ook nie ooghare vir die CP1's nie. Daar is verskeie redes daarvoor. Maar ek glo nie hulle is gemors nie, net nie baie gebruikersvriendelik ontwerp nie.
Last edited by Alwin on Fri Nov 13, 2015 9:49 pm, edited 1 time in total.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
As ek reg onthou was daar ook op 'n tyd 'n "recall" op CP1 wapens gewees om een of ander fabrieks fout. Die mense wie ek ken met CP1 pistole praat almal van storings nou en dan. As dit jou SD wapen is sal ek ernstig oorweeg om hom in te ruil op iets betroubaar.
Hoe gereeld skiet jy met die wapen en hoe gereeld stoor die wapen? Jy kan net 'n goeie idee kry deur gereeld te skiet en veral jou SD ammo te skiet en te kyk hoe betroubaar is dit met SD ammo. Ek stem saam met Alwin. Dit kan 'n magdom oorsake wees. Gaan baan toe en skiet genoeg ammo uit om die besluit vir jouself te maak.
Hoe gereeld skiet jy met die wapen en hoe gereeld stoor die wapen? Jy kan net 'n goeie idee kry deur gereeld te skiet en veral jou SD ammo te skiet en te kyk hoe betroubaar is dit met SD ammo. Ek stem saam met Alwin. Dit kan 'n magdom oorsake wees. Gaan baan toe en skiet genoeg ammo uit om die besluit vir jouself te maak.
Maak 'n verskil
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Ek het 'n CP1 en hy werk vir my wat ek wel kan se na so 50-60 skote sal jy storings begin optel. Maar na 'n vinnige skoonmaak gaan jy verder. Die uit mekaar val het nog nie met my gebeur nie.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Die belangrike ding is om die gas-silinder onder die loop goed skoon te skrop. Dis waar die meeste storings vandaan kom. Die ADP en H&K P7 reeks gebruik soortgelyke sisteme. Hulle werk ook nie as hulle vuil is nie.Frederik wrote:Ek het 'n CP1 en hy werk vir my wat ek wel kan se na so 50-60 skote sal jy storings begin optel. Maar na 'n vinnige skoonmaak gaan jy verder. Die uit mekaar val het nog nie met my gebeur nie.
Die "recall" was weens probleme met die sneller. Die "verbeterde" modelle se snellers is nog strammer...
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Dagsê,ek self het ook 'n CP1 en het wel al probleme met storings gehad maar het toe agtergekom dis die goedkoop patrone wat ek probeer het en toe ek van die meer bekende patrone op die mark gekoop het nog nooit weer die probleem gehad nie. Ek dink nie die CP1 is jou beste roep nie maar dis defnitief nou nie so swak soos dit hier klink nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Beslis!twinhunter wrote:Dagsê,ek self het ook 'n CP1 en het wel al probleme met storings gehad maar het toe agtergekom dis die goedkoop patrone wat ek probeer het en toe ek van die meer bekende patrone op die mark gekoop het nog nooit weer die probleem gehad nie. Ek dink nie die CP1 is jou beste roep nie maar dis defnitief nou nie so swak soos dit hier klink nie.
-
bmeagle
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Thu Sep 03, 2015 9:15 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
My glock hou aan loop of hy skoon gemaak is of nie, honderde rondtes...
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
rule no 1: n man moet maar jou loop gereeld skoonmaakbmeagle wrote:My glock hou aan loop of hy skoon gemaak is of nie, honderde rondtes...
rule no 2: refer to rule no 1
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
My G19 het ook al 7000+ deur, maar ek maak hom mooi skoon...bmeagle wrote:My glock hou aan loop of hy skoon gemaak is of nie, honderde rondtes...
-
bmeagle
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Thu Sep 03, 2015 9:15 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
Lastig om meer as een keer 'n maand of twee skoon te maak
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Ek sien dit soos om af te vee na 'n nr.2 op die troon. Dit bly wel 'n keuse...bmeagle wrote:Lastig om meer as een keer 'n maand of twee skoon te maak
-
gbvl
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Kry n glock of iets in dieselfde klas soos cz po7 of sig. Die cp1 het maar 'n reputasie vir 'n rede. Ander Vektor produkte soos z88 en sp1 is goed maar nie te sê dieselfde geld noodwendig vir die cp1
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: Vektor CP1 rubbish?
FHM, dus in elk geval beter om hom skoon te skietFHM wrote:rule no 1: n man moet maar jou loop gereeld skoonmaakbmeagle wrote:My glock hou aan loop of hy skoon gemaak is of nie, honderde rondtes...
rule no 2: refer to rule no 1
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Het die CP1 ingeruil op 'n 9mm Steyr Mannlicher. Hy sit darem naie lekker in my hand. Nou vir die lisensie aansoek
Intussen moet ek die 12 boor pomp aksie gebruik vir SD - dis maaar bietjie moelik om hom te "conceal" op die heup 
-
WILDCARD
- Jr. Member

- Posts: 59
- Joined: Thu Oct 30, 2014 8:34 pm
Re: Vektor CP1 rubbish?
Ek soek self n CP1. Bloot vir die feit vir my versammelings tema. Sal ek gaa skiet met hom? Nee
Hy sal net deel wees vir my tema en dis al.
Hy sal net deel wees vir my tema en dis al.
Hecklor & Koch USP Compact 9mm (The best you can get-Blood diamond)
Vektor Z88 (Old faithful till death do us apart)
FN FAL (Die BAAS en klaar.)
Musgrave 12 (Musler) Pomp aksie
Vektor LM5 (LIW gemaak)
Vektor Z88 (Old faithful till death do us apart)
FN FAL (Die BAAS en klaar.)
Musgrave 12 (Musler) Pomp aksie
Vektor LM5 (LIW gemaak)