Hallo
Ek wil net hoor of dit moontlik is om nuwe loop op my oorspronklike P14 .303 te sit Sonder 'n heraansoek vir die loop?. Die nommer op my lisensie is die nommer op my aksie.
Het iemand lope vir die ou staatmakers??
Help asb!
JJV
Nuwe loop vir P14 .303
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Ek glo nie dis moontlik om die loop te vervang alvorens die regsaspekte nie nagekom is nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Ek volg. Maar dink ook jy sal moet heraansoek doen.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Die praktiese probleem is dat die P14 unieke skroefdraad het, so 'n loop moet spesiaal gemaak word om op die aksie te pas. Jy sal nie gewone lope vir Lee aksie kan gebruik nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Gesels met een van die Wildman winkels. Afhangend van wat se loop jy wil opsit, kan hulle die loop laat profiel sny, skroefdraad sny, kopspasie reguleer en die loop lap. Die Wildman in Nelspruit het vir my 'n baie billike kwotasie gegee op 'n loop op 'n aksie te sit. Loop ingesluit (Truvello) kos dit R6700.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Baie gewere het mos "unieke" skroefdraad. Dis hoekom die geweersmid die draad sny spesifiek vir jou geweer.tripodmvr wrote:Die praktiese probleem is dat die P14 unieke skroefdraad het, so 'n loop moet spesiaal gemaak word om op die aksie te pas. Jy sal nie gewone lope vir Lee aksie kan gebruik nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Ek wou uitwys dat de algemene Lee lope nie op die P14 aksie gaan pas nie. Die skroefdaard is geensins "normaal" nie - The subject of square threads came about and the conversation worked its way to specifics for setting up to cut a square thread on a barrel for both the P14 and P17.
Die sny van reghoekige skroefdraad is nie maklik nie.
Die sny van reghoekige skroefdraad is nie maklik nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Nuwe loop vir P14 .303
Ek verstaan steeds nie wat jy bedoel met "algemene" lope nie. Sover ek weet in SA kom bitter min (indien enige) lope met die skroefdraad reeds gesny.tripodmvr wrote:Ek wou uitwys dat de algemene Lee lope nie op die P14 aksie gaan pas nie. Die skroefdaard is geensins "normaal" nie - The subject of square threads came about and the conversation worked its way to specifics for setting up to cut a square thread on a barrel for both the P14 and P17.
Die sny van reghoekige skroefdraad is nie maklik nie.
M.a.w. as jy 'n Truvelo of Walther loop koop is dit net 'n blank met die regte kaliber en groef diameters binne en dalk is hy geprofile. Die geweersmid moet dan die loop op die aksie pas. Enige loop me die regte buite deursnee by die "knox form" gaan op 'n P14 aksie pas.
Baie geweersmede in SA kan en het al vir die P14 skroefdraad gesny.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe loop vir P14 .303
My proviso was gerig rondom die skroefdraad van die P14 as JJV dalk 'n aanbod van 'n ou Lee loop kry. 'n Nuwe loop kan moontlik nog nie skroefdraad he nie, maar dit kan ook die teendeel wees. My eie P14 7x64 is skroefdraad voor gesny, maar die geweersmede hef gewoonlik ekstra koste vir die moeiliker proses.
Ek is dus nie so onkundig soos jy my pogings probeer uitmaak nie, maar wys moontlike probleme uit vir JJV.
Ek is dus nie so onkundig soos jy my pogings probeer uitmaak nie, maar wys moontlike probleme uit vir JJV.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br