Papgooi in 2015

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Papgooi in 2015

Post by matewis »

Dagse,

As kind was ek 'n ywerige hengelaar maar het maar aangeploeter met die metodes van die vorige generasie. My mannetjies is nou oud genoeg dat ek hul kan begin blootstel en dat hul op hul eie kan begin aangaan.

Ek wil egter bietjie by julle ouens hoor wat is deesdae standaard praktyke as dit kom by dam en rivier. Na watter toerusting kyk mens deesdae wat goeie waarde vir geld is. Ek het nog altyd met 2 karpstokke gevang wat al seker 3 generasies aankom. Het nou belê in 2 7-voet Elbe's om die spinnerakke af te stof.

Kom vertel bietjie wat gaan aan in jul trommels en watter gereedskap en metodes werk vir jul.

Kom ons gesels sommer in die algemeen oor papgooi in die jaar 2015, noudat die seisoen gedraai het.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Papgooi in 2015

Post by NEGE3 »

Gaan loer op die papgooi site genaamd Papgooi Anonymous. Daar is baie informasie wat jou weke lank sal besig hou.
Groete,
Koos de Beer
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Papgooi in 2015

Post by Wattlegrove »

EK hengel met 2 12voet stokke met twee okuma Longbow katrolle. As ek in die nag vang sit ek soms my ou Nite Hawks op.

Rietvlei stroppie met mieliebom en op elke hoek 'n floatie(kleintjies) met n degie((koekmeel water) agter. Vind by die hengelwinkel uit watter geur werk by die plek waar jy gaan hengel en gooi so strepie daarvan oor die bol.

Geure wat ek maar meestal gebruik is

Karamel(FX)
Piesang(Banjo)
Perske(Plakker)
Strawberry
By ons werk byvoorbeeld Strawlic (Strawberry// Garlic) baie goed.

Ek het ook altyd Piesang en Amandel mielies in my kas as die vis nie lus is vir n degie nie.

My metodes seker nie baie modern nie, maar dit werk vir my.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Papgooi in 2015

Post by matewis »

Sal bietjie gaan kyk dankie oom Koos. Is dit die jaracal vir hengelaars?
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Papgooi in 2015

Post by matewis »

Wattle dit is redelik my setup ook, behalwe my stokke is bietjie korter. Ek wissel ook rietvlei af met baby-shoes, maar rietvlei het oor die jare beter resultate gelewer. Ek werk maar net met mielies saam die floaties, sal verseker die deegies begin probeer.

So daar is darem nog mense wat karp vang sonder tiger nuts ;)
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Lourens Potgieter »

matewis wrote:Sal bietjie gaan kyk dankie oom Koos. Is dit die jaracal vir hengelaars?
Daar het jy dit.... http://www.papgooianonymous.co.za
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Lourens Potgieter »

Het gou verander, ek het die ou site gepost. Verander van .com na .co.za toe.
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Papgooi in 2015

Post by matewis »

Cool dankie Lourens
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek het 2x12ft karp stokke, baitrunner katrolle. Ek koop sommer klaar gemaakte stroppe, gebruik n big jim toolbox vir al die gerei, koop sommer mieliebom wat net met water moet meng, dan het ek so 10 botteltjies floaties en selfde hoeveelheid bom dips.

Daai ou blikkie koo mielies en bruinbrood en kerrie poeier dae is verby, wel dis my afleiding, want die visse is goed gespoil met die nuwe flavours hahahaha.

Gaan koop gerus die oewer hengelaar tydskrif, ek leer nog baie.

Ek is maar n geleentheids hengelaar, en is maar in my noppies as enige vis byt hahaha! My laaities is nog klein, toe koop ek vir hul die Sensation Sloppy 4.6ft stokkies, dis eintlik vir kayak fishing, maar is perfek vir die kids, en sal ook virewig hou.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Vlakvark Soldaat »

O ja en dan het ek altyd die 10ft barber stok byderhand met hoenderharte of magies as aas.

Daai rooi/wit poliesmanne is ook ou nuus, kry maar daai gekleurde kurk proppies.

Pel van my het my ook half geleer om die stok en lyn te lees, kyk vir die bewegings en kap hom, en as n vis nie binne 5 minute byt nie, ruil die floaties vir n ander flavour.

Soos ek se, ek leer ook maar nog. Maar dis vrek lekker!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Vlakvark Soldaat »

Daars n omie van vereeniging/van der bijl wat stroppe maak op bestelling teen so R7 of R8. Hy maak regtig kwaliteit stroppe en pos dit sommer. Ek kan altyd sy nommer aanstuur as jy wil.

O ja, plein degie of degie met sprite op die een hoek terwyl jy n lekker floatie of twee op die ander hoek gooi.

Sorry vir al die replies, maar ek tik soos ek onthou hahaha.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Papgooi in 2015

Post by matewis »

Dankie Soldaat, ek is ook maar geleentheidsgooier maar probeer om by te hou. Die koo-mielies met gumtree het darem Saterdag wat verby is op Kommandodrift n paar runs gemaak.. En ek kry dit nog nie reg om nie daai rooi en wit poliesmanne op te sit nie!! :)

Het die eerste keer gemaakte strops gekoop, moet sê dis baie gerieflik. Dink egter die winkel waar ek gekoop het is duur, het R12 vir n gewone rietvlei betaal. Die harde voerballe is bv R44 waar die hengelwinkel in Potch maar R29 vra. Die een hoek het ook gebuig na die eerste karp, wat glad nie groot was nie.

Baie beindruk met die 7voet Elbes maar sal nog moet oefen om so ekstra 20m verder te gooi, veral as die bom bietjie groter raak.

Paar lekker plekke op die vaal tussen parys en bloemhof wat ek wil probeer hierdie somer..
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Papgooi in 2015

Post by Vlakvark Soldaat »

Cool, as jy vaal rivier vang, hoef jy glad nie ver te cast nie, ons het middel winter erens by n plek op lindequesdrift naby parys gaan vang (ook vaalrivier), ek het altesaam 10 visse gevang, 1x karp, 2x geelvisse en die res was muddies. My vrou het toe haar eerste vis gevang, en ons pelle het ook hande vol uitgetrek.

Die oom adverteer in die junkmail as kompetisie stroppe, teen daai prys van hom koop ek sommer so 20 van elk op n slag, en dit hou amper virewig.

Ek is bly my vrou geniet dit ook nou, seker omdat ons twee laaities het hahaha, van alle plekke, vang die Vaaldam maar steeds die lekkerste!

Kyk gerus in die junkmail ook vir stokke en katrolle, ek het al n paar bargains opgetel...veral omdat ek nie seker was dat die gesin dit sou geniet het nie.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply