Page 1 of 1

Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Tue Oct 20, 2015 4:00 pm
by Robin
Middag Almal

Hoeveel van julle is hier op die forum wat in die Wes-Kaap varswater hengel? Ek is opsoek na n ordentlike dam hier met groot vis. Die meeste plekke het klein vissies en die wat wel groot vis hou, moet jy n lid wees van n klub.

Dit sal lekker wees om te hoor waar hengel almal en hoe lyk die vis. Dis altyd ook lekker om saam met n paar mense te gaan hengel en nuwe gesigte te ontmoet.

Hoor graag van julle.

Groete

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Tue Oct 20, 2015 7:28 pm
by musgrave270
Ons het n klomp jare terug by Zeekoeivlei dam SA's gehengel. Ek weet nie of dit oop is vir die publiek nie maar daar is groot vis in daai dam

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Tue Oct 20, 2015 8:00 pm
by regal
dit is nou wel n entjie se ry maar elandsbaai se vlei is n mekka vir karp. Jy raak later moeg van aas aansit. Somer is ook die regte tyd as die vlei nie so vol is nie.

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Wed Oct 21, 2015 6:00 pm
by Robin
Hi Musgrave

Zeekoei is nie meer wat dit was nie, hulle het so jaar of twee terug die dam met n net gesleep. Daar is baie vis maar baie klein. Daar is wel nou en dan n grote wat uitkom mar dan werk jy vir hom en veiligheid is ook maar n problem.

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Wed Oct 21, 2015 6:39 pm
by henning
Ek het n week gelede in die rivier onder die Citrusdal dam gaan vis vang en die bass het goed gebyt. Karp was n problem maar ek aanvaar dat die water nog te koud is.
Ek dink dat as jy wil lekker visvang in die Kaap moet jy bereid wees om n entjie te ry of is ek verkeerd?

Groete
Henning

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Wed Oct 21, 2015 6:42 pm
by musgrave270
Robin wrote:Hi Musgrave

Zeekoei is nie meer wat dit was nie, hulle het so jaar of twee terug die dam met n net gesleep. Daar is baie vis maar baie klein. Daar is wel nou en dan n grote wat uitkom mar dan werk jy vir hom en veiligheid is ook maar n problem.
Dis hartseer. Ons het baie groot karpe daar gevang. Was nie snaaks as n 30 vis net gemiddeld tussen 70 en 90kg geweeg het nie

Re: Varswater Hengel in die Kaap

Posted: Thu Oct 22, 2015 6:33 am
by Friedland
Ek self is bietjie skrikkerig vir veiligheid deesdae by Zeekoei