Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post Reply
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

Ons sukkel om my pa se 25-06 te kry om lekker
te groepeer.

Dit is 'n Winchester Mod 70 met 24" loop met Zeiss
HD 5 6-24 x 50mm teleskoop.

Ons het al hele paar keer gaan skiet, maar nooit ideale
omstandigehede gehad nie (wind mirage skiettafel etc).

Sondag oggend vroeg het ons 'n perfekte oggend gehad
en het ook my 30-06 saamgevat om seker te maak dis nie
die skuts nie.

Sien asb aangeheg die groepe geskiet met 100gr en 120gr
Remington Core-Lokt. Het ook al vesrkeie ander premium fabrieks
ammunisie geskiet met min of meer dieselfde reseultate.

Help!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

As mens na die 30-06 groepe kyk (met 9x scopie)
kan ons die skuts uitkskakel.

25-06 is splinternuut, maar kolf is vervang met
ander Win kolf van fabriek op ons versoek agv
klein foutjies op checkering.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

Kan dit lading wees? Moet ons eers 140gr
fabrieks ammo skiet of moet ons maar
self herlaai?
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by Flip Nel »

Is die geweer gebed nadat die nuwe kolf opgesit is, is die loop freefloat.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

Die loop is free floating, gecheck met geld noot.

Die kolf is vervang deur die handelaar.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by Flip Nel »

PRIVATE RYAN wrote:Die loop is free floating, gecheck met geld noot.

Die kolf is vervang deur die handelaar.

Maak seker die kolf is gebed vir jou geweer, my 9.3x62 se kolf is vervang maar nie gebed nie, net met 'n dremel tool weggevat tot hy mooi inpas, my geweer wou nie groepeer nie baie gesukkel, na geweersmid toe geneem wat hom gebed het, alle proebleme opgelos.
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

Sal so maak Flip.

So die aksie moet gebed word al is die
loop free-floating?
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by SNIPER »

Hi Private Ryan.

Daar enige kans dat jy die geweer vir my Nylstroom toe kan bring 121km van Pretoria dat mens hom van voor tot agter kan
deur gaan ek sal hom vir jou 100% uit sort.

Groete
Pierre de Beer
UltimateVarminting&Silencers
provarminthunter@gmail.com
0724127062
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by PRIVATE RYAN »

Sniper, dankie vir die uitnodiging, maar
die lisensie word eur my pa gehou in Heilbron.

Mag hy my 'n brief gee om die wapen te vervoer?
onthou ek het ook darem 'n lisensie vir 'n jagwapen?
Basson
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 15, 2014 8:43 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by Basson »

Naand private Ryan

Ek het selfde probleem gehad toe ek my 25-06 gekry het. Kon 25liter round-up kan nie op 100m raak skiet nie. Het met PMP ammo geskiet. Het toe dies gekoop en n vriend se herlaaistel gebruik. Geweer skiet nou baie mooi. Het agter gekom dat 25-06 baie sensitief is vir seating depth, maar as jy hom eers het werk hy met amper enige lading. Probeer n paar patrone herlaai en kyk wat hy maak.
My 2c
Groete
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by JPS »

Private R,

Net so paar vrae vir duidelikheid.
Ek neem aan dis HD 5 -25 Zeiss scope? En wil dus vrae watter ringe julle op die scope het. Indien dit Warne is, is daar moontlikheid dat fokus nie kan stel op di scope nie en julle parrelaks fout kan hê. Warnringe trek te stf vas om die buis en affekteer die fokus.
Dan aangaande die ammuniesie- daar is nie 140gn patrone beskikbaar vir 25-06 nie. Nie waarvan ek bewus is nie.

Stem saam dat as die kolf vervang is met ander dat die aksie eerder gebed moet word. Indien julle herlaai probeer 100gn Sierra Matchkings laai en probeer vir spoed om en by 3200fps meeste 25-06'e geroepeer daar rond met 100gn smk. Soos bo genoem is tpl verstelling belangrik en meer so as hoeveelheid inkrimente in kruit, jy kan dus met .5 grein inkrimente in kruit opgaan vir verskillende ladings. Maar probeer .2 mm inkrimente vir verskillende tpl'e.
Sterkte, 25-06'e is regtig tot beie goeie akkuraatheid in staat.

Geoete
Jan
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by Alwin »

PRIVATE RYAN wrote:Sniper, dankie vir die uitnodiging, maar
die lisensie word eur my pa gehou in Heilbron.

Mag hy my 'n brief gee om die wapen te vervoer?
onthou ek het ook darem 'n lisensie vir 'n jagwapen?
Nee. Maar jy kan dat 'n handelaar of RAM koeriers hom vervoer.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by 6.5/284Norma »

PRIVATE RYAN wrote:Ons sukkel om my pa se 25-06 te kry om lekker
te groepeer.

Dit is 'n Winchester Mod 70 met 24" loop met Zeiss
HD 5 6-24 x 50mm teleskoop.

Ons het al hele paar keer gaan skiet, maar nooit ideale
omstandigehede gehad nie (wind mirage skiettafel etc).

Sondag oggend vroeg het ons 'n perfekte oggend gehad
en het ook my 30-06 saamgevat om seker te maak dis nie
die skuts nie.

Sien asb aangeheg die groepe geskiet met 100gr en 120gr
Remington Core-Lokt. Het ook al vesrkeie ander premium fabrieks
ammunisie geskiet met min of meer dieselfde reseultate.

Help!
Watter kruit gebruik jy?

Het jy 100gr punte probeer?
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by Piet Breedt »

Laai 100gr Sierra Match King voor 52gr S365 en as hy dan nog bont skiet, is daar fout. Nog elke .25 06 wat ek tee gekom het skiet met hierdie kombinasie.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Help asb met 25-06 wat bont skiet

Post by andre007 »

PRIVATE RYAN wrote:Sniper, dankie vir die uitnodiging, maar
die lisensie word eur my pa gehou in Heilbron.

Mag hy my 'n brief gee om die wapen te vervoer?
onthou ek het ook darem 'n lisensie vir 'n jagwapen?
Ekt n pel op Heilbron wat werk aan gewere, hy het nie papiere nie maar verstaan roere, pm my as jy nie regkom nie dan stuur ek vir jou sy details, weens die wetlikke aspek hiervan wil ek nie graag sy nr op n openbare forum sit nie.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Post Reply