Bok Skieters
Posted: Tue May 31, 2011 11:29 am
Wil nou eers vir julle vertel van my ervaring met jagters wat ek die naweek gevat het om te skiet.
Ek help somtyds n maat van my wat n klein wildsplasie het uit en vat dan vir hom jagters veld toe. Saterdag reel hy moet ek die manne 10uur by die hek kry want die drieman wil elkeen net een bok skiet vir die dag en hulle is nie lus vir vroeg uitgaan in die koue nie.
Staan en wag ek toe by die hek n driekwart uur voor die eerste man opdaag, so lekke groot ronde kalant. Met die uitklim biet die man my biltong aan uit n bruin sak (so ek neem aan dis gekoop) en vra my "Toe proe die biltong en se my watse bok dit is julle manne wat jagters is moet mos sulke dinge kan doen". Ek se hom toe dis nie sommer net altyd vir watse dier dit is nie dis ook hoe jy die goed gedroog en spice het. Ek vat toe raaiskoot en se blesbok maar die kalant antwoord my nie en begin somer oor iets anders praat. Later vra hy toe weer nou toe wat se jy is dit waar ek hom antwoord gemsbok, se hy nou vir my nee dis blesbok ek ken ook lyk my nie van biltong nie. Nou my maggies ek het dan aan die begin blesbok gese.
Toe die ander twee manne en die een se seun na nog n lang ruk opdaag stuur ek hulle kamp toe en vat solank die groot meneer uit, se hy toe sommer vir my hy skiet sommer van die bakkie af loop en bekruip is nie vir hom nie. Wel ek dink toe by myself dis dalk n wyse besluit want met so n groot lyf kan loop net n moeilike ding word.
Nie ver gery nie kry ons toe die blesbokke en ek wys hom toe n mooi ram uit op so 200meter, boom gaan die skoot af en die bok struikel so 3 keer gee twee hoe spronge en laat loop saam die trop die ruigtes in. Vra ek hom toe waart hy geskiet want die bok is gewond maar ek kan nie agter kom met die hardloop dat hy mank is nie. Kan julle glo die man wat seker twee keer n jaar skiet toe vir die kop probeer het.
Dis toe maar so want nou moet daar verder geloop word, en julle sal my nie glo nie ons stap nie eers 15minute nie toe se vra die man ek moet sy geweer dra want hy kan nou nie meer nie, en nie nog baie verder nie weer selde storie met sy "jas" die los ek toe in n boom. Lang storie kort hy raak toe te moeg om verder te stap en ons gaan terug kamp toe om volgende man te gaan haal.
By die kamp kry ek toe die tweede man en kom agter dat hy maar nog goed bewerasies het van die forige aand en nie ver gestap nie sien ek toe die man trap ook nie n klip en n gat mis nie en loop inderwaarheid op ronde skoene. Kon hom toe n skoot van so 100 meter op n blesbok laat skiet maar dit was so ver bo oor ek dink daai koeel vlieg nou nog. Die tweede bok was darem heelwat nader so op 80meter en ek het hom oor n groot ou gevalde boom laat skiet en die eerste bok word toe gelaai.
Kalant nommer drie sit nou die kersie op die koek. Nadat ek hom seker vir die 4e keer mooi opgeline het en hy nie skiet nie en elke keer die geweer jam vat ek toe maar die geweer en haal vir hom oor ne sit hom net reg om die skoot te trek. Julle sal my nie glo nie na nog twee keer wat die bokke seker elke keer vir 60sekondes stilgestaan het en die man nie skiet nie vra ek hom toe wat is fout hoekom skiet hy nie. Se hy toe vir my sy stompie vinger kom nie by die sneller by nie. Ek gee toe maar op en se kom ons gaan terug kamp toe want julle sal my nie glo nie die man het een keer so 10jaar terug saam met sy pa gaan jag en dit was al waneer hy al geskiet het.
Ek het toe maar vir jagter nommer twee gevat en hom van die bakkie af twee bokke vir die ander manne te laat skiet.
En wragtag Saterdag aand bel my pel my en se daai groot man stry lewe en dood hy het nie die eerste bok gekwes nie.