Bok Skieters

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Bok Skieters

Post by BLOK »

Wil nou eers vir julle vertel van my ervaring met jagters wat ek die naweek gevat het om te skiet.

Ek help somtyds n maat van my wat n klein wildsplasie het uit en vat dan vir hom jagters veld toe. Saterdag reel hy moet ek die manne 10uur by die hek kry want die drieman wil elkeen net een bok skiet vir die dag en hulle is nie lus vir vroeg uitgaan in die koue nie.

Staan en wag ek toe by die hek n driekwart uur voor die eerste man opdaag, so lekke groot ronde kalant. Met die uitklim biet die man my biltong aan uit n bruin sak (so ek neem aan dis gekoop) en vra my "Toe proe die biltong en se my watse bok dit is julle manne wat jagters is moet mos sulke dinge kan doen". Ek se hom toe dis nie sommer net altyd vir watse dier dit is nie dis ook hoe jy die goed gedroog en spice het. Ek vat toe raaiskoot en se blesbok maar die kalant antwoord my nie en begin somer oor iets anders praat. Later vra hy toe weer nou toe wat se jy is dit waar ek hom antwoord gemsbok, se hy nou vir my nee dis blesbok ek ken ook lyk my nie van biltong nie. Nou my maggies ek het dan aan die begin blesbok gese.

Toe die ander twee manne en die een se seun na nog n lang ruk opdaag stuur ek hulle kamp toe en vat solank die groot meneer uit, se hy toe sommer vir my hy skiet sommer van die bakkie af loop en bekruip is nie vir hom nie. Wel ek dink toe by myself dis dalk n wyse besluit want met so n groot lyf kan loop net n moeilike ding word.

Nie ver gery nie kry ons toe die blesbokke en ek wys hom toe n mooi ram uit op so 200meter, boom gaan die skoot af en die bok struikel so 3 keer gee twee hoe spronge en laat loop saam die trop die ruigtes in. Vra ek hom toe waart hy geskiet want die bok is gewond maar ek kan nie agter kom met die hardloop dat hy mank is nie. Kan julle glo die man wat seker twee keer n jaar skiet toe vir die kop probeer het.

Dis toe maar so want nou moet daar verder geloop word, en julle sal my nie glo nie ons stap nie eers 15minute nie toe se vra die man ek moet sy geweer dra want hy kan nou nie meer nie, en nie nog baie verder nie weer selde storie met sy "jas" die los ek toe in n boom. Lang storie kort hy raak toe te moeg om verder te stap en ons gaan terug kamp toe om volgende man te gaan haal.

By die kamp kry ek toe die tweede man en kom agter dat hy maar nog goed bewerasies het van die forige aand en nie ver gestap nie sien ek toe die man trap ook nie n klip en n gat mis nie en loop inderwaarheid op ronde skoene. Kon hom toe n skoot van so 100 meter op n blesbok laat skiet maar dit was so ver bo oor ek dink daai koeel vlieg nou nog. Die tweede bok was darem heelwat nader so op 80meter en ek het hom oor n groot ou gevalde boom laat skiet en die eerste bok word toe gelaai.

Kalant nommer drie sit nou die kersie op die koek. Nadat ek hom seker vir die 4e keer mooi opgeline het en hy nie skiet nie en elke keer die geweer jam vat ek toe maar die geweer en haal vir hom oor ne sit hom net reg om die skoot te trek. Julle sal my nie glo nie na nog twee keer wat die bokke seker elke keer vir 60sekondes stilgestaan het en die man nie skiet nie vra ek hom toe wat is fout hoekom skiet hy nie. Se hy toe vir my sy stompie vinger kom nie by die sneller by nie. Ek gee toe maar op en se kom ons gaan terug kamp toe want julle sal my nie glo nie die man het een keer so 10jaar terug saam met sy pa gaan jag en dit was al waneer hy al geskiet het.

Ek het toe maar vir jagter nommer twee gevat en hom van die bakkie af twee bokke vir die ander manne te laat skiet.

En wragtag Saterdag aand bel my pel my en se daai groot man stry lewe en dood hy het nie die eerste bok gekwes nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bok Skieters

Post by DWB »

Sjoe, gelukkig dink ek dan nou nie ek val onder die bokskiet spul nie  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bok Skieters

Post by Gerhard »

Klink vir my soos klomp cowboys...

Hoop die ronde mannetjie betaal vir sy kop skoot.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bok Skieters

Post by DWB »

Jy kan bly wees hy het jou nie gevra om hom te dra nie.

Ek is ook dik, maar ehl, so werk dit darem nou nie.

Wil my smaak dit was op plat grond?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Bok Skieters

Post by Jagtersdok »

Hahahaha Hoe bekend klink dit nie

Dan kwes die man kudukoei agter deur die lies, sy klim deur die draad buurman se plaas toe en omdat buurman nou die hel in is, mag net jy en een van sy gidse in die plaas in agter ander man se bok en dan loop jy nog half die plaas deur, ek ken ook van daai skieters.

Hulle maak die lewe sommer vir mens naar
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Bok Skieters

Post by 222 »

Blok

Het so paar jaar terug ook so paar manne hier by my gehad. Hooggere geleerdes in verantwoordelike beroepe.

Bel een man my hulle wil graag die jagseisoen afsluit met so paar blesbokke. Is reg s? ek deffinie?r net asb vir my 'n paar. Nee wat so 6 sal reg wees. Vra toe nou mooi uit oor waar hoe watter tyd en daai STUPID ONNOSELE vraag:"So julle manne kan darem skiet?"

My mense be*&%& die man hom amper oor ek dit durf vra. "Ons het laasweek anderkant Ellisras gaan skiet en ons het 13 Rooibokke geskied almal kopskote, vra maar enige een van die manne hier" Wel wie is ek om te stry is mos 'n man wat weet van lieg en valse beskuldigings ens.

Wel ek gaan na die wildskamp en wys hulle die bokke verduidelik ook toe nou van wat gedoen mag word en wat nie en dat ek net eers gou vee toe gaan en so by 12uur sal terug wees. Nee is gaaf reken die man ons sal by daai tyd lankal klaar wees.

Gewere? Nee ons het net die een van X saamgebring want ons ander het hy gister-aand op die lughawe kom haal en ons is reguit hiernatoe. Gaaf goeie rede.

Veeposte toe, water gecheck, sout gegooi gaan gou kyk hoe vorder hulle. Is so 11uur. Daar aangekom sit die manne rustig onder 'n boom en gesels, een ou se regter ogie so dikkerige rooi skynsel maar die pet hang laag. Hoe gaan dit manne, nee nee oraait net die F*&%^& bokke is wild. Hoeveel het julle al geskiet? 3 Hoeveel? 3 Waar is hulle? Da by die boom.

My liewe mense ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie, elke bok is van die toontjie tot die kroontjie vol gate Nie minder as 4 skote per bok nie.

Kan ek julle nie help nie? Het jy 'n gun? vra die een. Ja die 222 is hier in die bakkie. F$#%$ nee met daai K%$$ skiet ek nie. Ok los een man s? nee hy het 'n boer gebel hy kom nou.

Met betaling wil die een man nog s? van klein ligte bokke, s? ek hom toe dat met al die vleis wat hy weggeskiet het hy bly kan wees hy het nog iets en dat hy bly kan wees ek het nie per skoot laat betaal nie.

Nou manne hierdie was die laaste keer dat ek mense by my laat skiet het. Hulle het hulle 6 bokke gekry. Hulle het vir my 8 gelos wat gevrek het van kwesskote, hulle het 60 x 270 uitgskiet op hulle bokke. Ek het die trop omtrend heeltemal uitgeskiet en het so paar gehou vir eie verbruik.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bok Skieters

Post by BLOK »

Kyk julle moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen groot manne nie my eie broer weeg maklik 180kg maar as hy saam my gaan skiet se hy vir my hys nie n jagter nie en kan nie loop nie en skiet maar moeilik n bok raak op 150 meter en as hy dan bok geskiet het is hy dankbaar vir die moeite wat dit vir my was.

Dwb ja dit was n redelike plat stuk met n klein rand wat glad nie harde werk is om op te loop nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
mosselv

Re: Bok Skieters

Post by mosselv »

jis manne ek le soos ek lag ek sien my vrou en seun lag saam daar uit die kombuis hulle weet nie eers wat ek lees nie
ja jy kry once a year woriers en jy kry jagters
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bok Skieters

Post by Pvdw »

Blok dis jammer Tolla is oorlede, dit klink soos 'n storie wat hy met smaak sou kon vertel ;D ;D ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply