More manne,
ek het n Beretta PX 4 Storm SD in .45 cal en het die afgelope jaar redelik baie hol-punte (200 tot 230 gr) deur hom gesit van verskeie fabrikate en geen storing ervaar nie.
Gister is ek op die skietbaan met n pakkie PMP solids of FMJ's in 220 gr en met elke magasyn wat ek skiet ervaar ek 1 of 2 'voer-propleme' met die koel wat net halfpad in die vuurkamer voer, dan moet ek die slide effe terugtrek en dan voer hy volledig en kan ek weer n paar skote skiet tot dit weer gebeur.
Ek laai toe 3 magasyne met my SD koels wat ek nie eintlik mee teiken skiet nie, Remington 230 gr holpunte en al drie magasyne loop soos stroop sonder enige voer probleem.
Kan dit wees dat my 45 net nie van die spesefieke solid van PMP hou nie?
Wat se julle 45 boffins?
Voering probleme: .45 Auto PMP FMJ - Beretta PX 4 Storm
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Voering probleme: .45 Auto PMP FMJ - Beretta PX 4 Storm
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Voering probleme: .45 Auto PMP FMJ - Beretta PX 4 Storm
n Pistool hou maar partykeer nie van n patroon nie dit is die rede hoekom ons seker maak hy voer 100% met enigie ammo wat ons in hom gaan dra. As die PMP bq langer is as die Remingtons kan dit dalk wees dat hy die feeding ramp vang as hy in kom en dit kan dalk wees dat daar so 3 of 5 van daai pmp patrone is wat langer is as die ander wat dan die voer probleem veroorsaak, die Solid/FMJ het dalk ook n bq skerper hoek wat dan kan vang. Met my een 92 het ek gekry dat hy dit met n batch Winchester Rangers gedoen het as ek die slide stadig los, ek het die pistool se magasyne se "randjie" wat die boonste patroon in die magasyn vashou voor bq oop gebuig sodat die koel bq meer na bo kyk en dit het toe die probleem op gelos. As ek die nuwe 92 se magasyn vol patrone langs die ouer een se magasyn gesit het kon ek sien dat die nuwe magasyn se koel nie vreeslik baie na bo gekyk het soos die ouer een nie...as jou nou verstaan wat ek probeer se hier
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Voering probleme: .45 Auto PMP FMJ - Beretta PX 4 Storm
Kaptein dit maak sin en ek verstaan jou 100% - baie dankie.
Ek gaan maar net nie weer PMP's (solids) koop vir oeffen nie - skiet maar holpunte op die baan want ek ervaar geen probleme met die 5 verskillende holpunt fabrikate wat ek sover al gebruik het nie. Seker ook maar beter om te offen met wat jy elke dag dra
Nogmaals dankie vir jou terugvoer en raad
Ek gaan maar net nie weer PMP's (solids) koop vir oeffen nie - skiet maar holpunte op die baan want ek ervaar geen probleme met die 5 verskillende holpunt fabrikate wat ek sover al gebruik het nie. Seker ook maar beter om te offen met wat jy elke dag dra
Nogmaals dankie vir jou terugvoer en raad
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Voering probleme: .45 Auto PMP FMJ - Beretta PX 4 Storm
As jy net halfpad genoeg oefen, gaan goeie holpunt-ammu jou vinnig bankrot maak. Soek maar vir goedkoper oefen ammu, waarvan jou Beretta hou. Herlaai is natuurlik ook 'n opsie, dan kan jy die patrone laai, presies soos wat jou pistool daarvan hou. Die koste-besparing kan help om meer gereeld te oefen, soos wat dit hoort.FHM wrote:Kaptein dit maak sin en ek verstaan jou 100% - baie dankie.
Ek gaan maar net nie weer PMP's (solids) koop vir oeffen nie - skiet maar holpunte op die baan want ek ervaar geen probleme met die 5 verskillende holpunt fabrikate wat ek sover al gebruik het nie. Seker ook maar beter om te offen met wat jy elke dag dra![]()
Nogmaals dankie vir jou terugvoer en raad