Skoonmaak van doppe

Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Skoonmaak van doppe

Post by Johan04 »

Waar mee maak julle manne doppe skoon.
[img width=560 height=420]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020116.jpg[/img]
Dit is 'n klomp vuil doppe.
[img width=560 height=420]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020114.jpg[/img]
Hierdie is doppe wat ek skoon gemaak het met die case cleaner. Jy moet die doppe net 15 tot 30 sekondes in die vloeistof sit en dan afspoel met warm water.
Dit is City Guns se catrige case cleaner.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Arnold »

Hoekom wil jy die doppe skoonmaak, gooi mens hulle nie weg as jy hulle klaar geskiet het nie?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Arnold »

'n tumbler werk

'n bietjie brillo, 'n lappie en elbow grease

'n ultrasonic case cleaner

easyoff bang werk ook blykbaar en dan is daar 'n paar ander chemiese middels ook.

'n stukkie fyn staalwol werk ook ...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Arnold »

Ludwig ek stem saam. Ek hou nie daarvan om my doppe nat te maak nie en daarom hou ek nie van die annealing proses nie (natmaak is seker nie nodig nie maar dit stel my gerus)

As lui mens hou ek van 'n tumbler  ;)
Voor dit het ek Brillo en 'n lappie gebruik en elke dop met die hand skoon gemaak.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Beyers »

CG case cleaner is niks anders as iets wat ons in PE kry met die naam Capebrite 40. Dit het R40 vir 5liter gekos. Die koerier was duurder na GRT.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jagtersdok »

Ek is ook Tumbler voorstaander, maar as jy vinnig paar doppe mooi wil skoon maak werk Lyman se Turbo Casecleaner goed
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

Ek was hulle met warm water, eetlepel sunlight liquid en eetlepel Wynsteensuur. 5 minute later is hulle pragtig skoon en dan oond toe vir 5 minute @ 100 grade. As jy hulle dan tumble is dit die skoonste en blinkste wat jy hulle kan kry.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jaco Swart »

Christo.

Ek het gehoor van die oond storie,, maar is nog onbewus van hoe dit werk en wat die doel daarvan is.

Verduidelik asb bietjie hoekom dit gedoen word en wat die voor en nadele daarvan is om jou doppe in die oond te sit.

Laat jy dit afkoel natuurlik of koel jy dit met water af as dit klaar in die oond was.

Ek luister graag.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

Jaco S wrote: Christo.

Ek het gehoor van die oond storie,, maar is nog onbewus van hoe dit werk en wat die doel daarvan is.

Verduidelik asb bietjie hoekom dit gedoen word en wat die voor en nadele daarvan is om jou doppe in die oond te sit.

Laat jy dit afkoel natuurlik of koel jy dit met water af as dit klaar in die oond was.

Ek luister graag.
Om hulle droog te maak. Ek laat hulle net warm word tot die stadium waar ek weet die vog sal verdamp.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Monrique (SJ) »

Christo

My .303 se doppe maak ek ook met daai brousel wat jy gebruik, myne skoon. Ek gebruik net nie die oond nie maar laat hulle onderste bo staan tot hulle droog is.  Het nog nie geld gehad vir n tumbler, of die tyd om 1 self te bou nie!

Hulle kom baie mooi skoon uit.
Groetnis
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

SJ wrote: maar laat hulle onderste bo staan tot hulle droog is.

Hulle kom baie mooi skoon uit.
Groetnis
Dit vat net te lank, jy weet mos hoe dit is.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Monrique (SJ) »

Ja dit is so, maar wat.

Groetnis
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Pvdw »

Maak die "blow back" op die nekke skoon met staalwol/trim na lengte en maak "primer pocket" skoon  en dan "buff" ek hulle op 'n poleermotor. Daarna in die Sunlight en wynsteensuur net om poleermiddel en vinger afdrukke weg te kry.Daai doppe blink dan soos 'n bottel  Ek was 'n goudsmid vir 9 jaar, ek het nog my poleer toerusting. Dis 'n "overkill" maar dis darm lekker om daai doppe te laai ;)

Doen dit net as ek minder as so 30 het om te doen anders tumble ek hulle ook.

Peet
Work to live, don"t live to work
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by henslin »

Dieselfde as Christo. Nadat ek  ' ge decap'  en geresize het maak ek dit ook skoon met Christo se resep . Laat die doppe vir 2 dae onder 'n gloeilamp om te droog. Trim die doppe elke keer op lengte, maak mooi skoon met 'n stukkie staalwol in my elektriese skroewedraaier en herlaai.  Blink soos nuwe patrone uit die boks. Hou nie daarvan om met 'vuil' patrone te werk nie. Het tumbler probeer en was nie tevrede nie.
Smaak verskil seker. Op die oomblik is ek glad nie skaam vir hoe my speelgoed lyk nie !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Gerhard »

Christo wrote: Ek was hulle met warm water, eetlepel sunlight liquid en eetlepel Wynsteensuur. 5 minute later is hulle pragtig skoon en dan oond toe vir 5 minute @ 100 grade. As jy hulle dan tumble is dit die skoonste en blinkste wat jy hulle kan kry.
ha ha ha

jammer ek lag...

Die oond ...

Kom ek vertel gou storie.

Ek het op n stadium ernstig praktiese pistool skiet gedoen en dan is dit nie snaaks om oor n 1000 .38 Super skote n maand te skiet tussen oefen en kompetisies nie.

Een van die manne in die klub het nie op daai stadium n tumbler gehaad nie en het die selfde resep gevolg.

Enigste probleem was dat hy maar van die lui soort is en gewag het tot alles amper op geskiet is voordat hy begin skoon maak en laai.

Die Donderdag aand voor n kompetisie spring hy weg en was n groot klomp doppe en daar gaan die doppe ook oond toe terwyl hy en mamma sit en stories kyk...

So halfpad deur die storie klap daar n ding in die kombuis soos n donderslag maar dis middel Julie maand.

Storm die kombuis binne en die oond deur staan snaaks met doppe die hele wereld vol...

Toe het die man mos nie gekyk nie en lewendige 38 Super tussen die gewasde doppe gehaad totdat die oond di dinge net mooi warm genoeg gemaak het.

Nou ja,

Mamma was beslus nie baie impressed met hom of haar oond nie en hy moes toe maar plan maak en vir haar ander stoof kry en vir hom n tumbler want sy doppe word nie weer in die huis toe gelaat nie ....  he he he he
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jagtersdok »

Die sunlight wynsteensuur resep werk.

2 dinge net van die oond.

100grade is bietjie warm, 60 grade vir uur is beter roep.

Ook moenie staal bak gebruik om die doppe in te sit nie, probeer dat die doppe nie met metaal van die oond kontak maak nie, so gebruik maar glas bak. Daar vloei currentof iets deur daai doppe en hulle verander metalurgies en van kleur as jy dit in staal bak doen en dan reageer die brass anders tydens die vuurproses.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jaco Swart »

Naand Manne.

Verduidelik asb vir my wat is die Wynsteensuur en waar sal ek dit kan koop.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jagtersdok »

Tartaric acid sommer by spar.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
300Winmag

Re: Skoonmaak van doppe

Post by 300Winmag »

Jaco S wrote: Naand Manne.
Verduidelik asb vir my wat is die Wynsteensuur en waar sal ek dit kan koop.
Groetnis
Ek moes my skoonma bel en vra - dis 'n poeier by die bak goed is, en dis in sulke klein groen pakkies.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by 222 »

Ek gebruik ook van daai muti wat Johan04 gebruik. Het by 'n pel so liter van dit gekry. Wat vir my lekker is van die muti is dat dit die binnekant van die dop ook mooi skoommaak.

Ek gooi hulle elke 2de keer deur die tumbler en die derde keer weer in die muti, so hou ek darem boek van hoeveel keer ek doppe herlaai.

Waar kry mens van die goete aan die Rand? Hier waar ek bly s? die manne jy gooi dit sommer in 'n flou oplossing Saneerder (gebruik om melkmasjiene te steriliseer is mmar Waterstof peroksied en Persuur)

Ek hou van so dowwe dop maar smaak verskil.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by blaser »

daar is n makliker proses genaamd n ultrasonic cleaner wat doppe binne en buite skoon maak met die minste moeite
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by 222 »

remington wrote: daar is n makliker proses genaamd n ultrasonic cleaner wat doppe binne en buite skoon maak met die minste moeite
Jong jy moenie nou neuk nie, kyk gister-aand juis na die ding en sussie vra wat is dit. Vertel haar toe nou mooi in detail want sy hou van die herlaaiery. Mamma hoor dit mos en toe ag mens:" Is dit nodig, kan eerder verf koop vir die kombuis, nog 'n ding wat my huis gaan volmaak" :-X

Maar as Remington hom aanbeveel wie is ek nou om nee te s? ;D
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Geno »

222,
Vertel vir mammie dat sy haar juweliersware ook baie mooi kan skoonkry met hom! ;)

Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Wed May 25, 2011 9:34 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by 222 »

Geno

Ma ek het dit gedoen en sy wou nie luister nie nou het ek na aanleiding van die goeie raad wat ek gekry het besluit om my voet neer te sit. Mens kry mos nie 'n kwaai vrou nie net 'n bang man ;D
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Jagtersdok »

Daai ultrasonic werk baie mooi.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Post Reply