Dag manne
Ek geniet baie om die SA Jagtervereniging se kompetisies te skiet - Vlakte en Bosveld.
Het tans 'n RSA 308 met Nightforce BR 5-22 x 56 op wat ek by 'n vriend leen.
Die ding is egter SUPER groot en swaar.
Ek kan egter daaraan gewoond raak.
My vraag
Sal die HD 5 nie 'n beter teleskoop vir die aanwending wees nie?
Ek sal graag die langafstand skiet ding wil aanpak en wil myself nie beperk nie.
Is die Zeis se helderheid beter - kan mens die koelgate beter op 300m met hom sien vs die NF?
Sightron? Vortex?
Julle kennis word hoog op die prys gestel.
Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Ek sal verseker gaan vir night force.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Apie
Ek besit beide teleskope wat jy hier noem. Die Zeiss HD en die NF is albei ongelooflik helder. Ek gebruik beide hierdie teleskope vir S.A.Jagtersvereniging se skiettabelle. Die NF is wel groot en lomp,maar jy raak gewoond daaraan.
As ek moet kies tussen die twee,dan sal ek die NF vat. Daar is hoegenaamd geen fout met die Zeiss nie,dit is maar net my persoonlike smaak.
Groete.

- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Ek het ook beide wat jy noem daar en die helderheid is vir my baie dieselde, maar dink tog die Zeiss het dalk n bietjie van n edge, maar die Nightforce stel vir my beter en ek voel of ek "vinniger" kan werk met hom. Die Sightron op my seun se geweer staan ook nie terug nie. Vat jou tyd en beloer almal deeglik - nie in die winkel se helder ligte nie, daar is selfs n plastiek melkbottel helder. Gaan staan buite en kyk ver en naby,skuins teen die son, met die son agter jou, dalk laatmiddag net voor hulle toemaak om bietjie swakker lig te ervaar en besluit dan op die een waarmee jy gemaklik is. Op die skietbaan gaan jy ook waarskynlik so tussen al die skuts geleentheid kry om deur verskeie teleskope te kyk. Ek se weer, vat jou tyd voor jy besluit - dit is n aankoop waarmee JY tevrede moet wees.
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Hoe vergelyk die Sightron S3 8-32 met die ander? Lyk ook gaaf en goed geprys?
Ek hou baie van die NF se verstellings wat 1/8 is. Hoe belangrik is dit in praktyk?
Ek hou baie van die NF se verstellings wat 1/8 is. Hoe belangrik is dit in praktyk?
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Ek kan n spotless 2de hande 8-32 Nightforce BR kry vir R15k.
Is dit n beter koop as die selfde vergroting Sightron nuut?
Is dit n beter koop as die selfde vergroting Sightron nuut?
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Sightron se parallaks stel op die kant, Nightforce voor. Sightron kom met sunshade, Nightforce apart (R450 - 500). Nightforce alle kruishare verlig, Sightron nie - in die nag is verligting tog handig, veral op fyn kruishare. Kyk na jou gemak met die beskikbare kruishaar. Albei baie betroubaar - as jy besluit op die een waarmee jy gemaklik is, sal jy nie spyt wees oor enige een. My hart - let wel- MY hart fluister effe harder " Nightforce"
Sterkte en ons is nuuskierig om te hoor!!!
Sterkte en ons is nuuskierig om te hoor!!!
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
Jessie
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 17, 2015 1:46 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Apie
Het al drie scopes, wel die Zeis HD5 verkoop. Het nie nightforce benchrest nie maar wel NXS en tussen die drie sal ek vir die Nightforce gaan maar moet bysê ek het laas jaar vir my die Sightron SIII 8-32 gekoop met die MOA reticle en ek baie baie impressed. Die NXS se helderheid, vir my oë is net so 5% beter maar net soos die nightforce is die Sightron se verstelling nog elke keer 100%

- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Apie,
As jy besluit om vir iets anders as daai spotless NF te gaan, laat weet my, dan vat ek opsie op jou vriend se NF...
Groete
As jy besluit om vir iets anders as daai spotless NF te gaan, laat weet my, dan vat ek opsie op jou vriend se NF...
Groete
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Nighforce 8-32 BR VS Zeis HD5 5 -25
Net om terugvoer te gee.
Ek het toe die NF 8-32 BR gevat en hy werk gaaf.
Sunshade was ingesluit
Kon nog bietjie korting kry en terme vir afbetaling!
Dankie vir almal se insette!
Dit was so hittete of ek het die Sightron gekoop!
Ek het toe die NF 8-32 BR gevat en hy werk gaaf.
Sunshade was ingesluit
Kon nog bietjie korting kry en terme vir afbetaling!
Dankie vir almal se insette!
Dit was so hittete of ek het die Sightron gekoop!