Hi julle
Ongeveer 'n jaar gelede het die bg. geweer by my aangekom van Guns&Bows in die kaap.
Hy was bleddie lelik soos hy van sy ma af gekom het, so ek het die kolf bietjie oorgedoen in 'n semi grasslands camo. Hy het 'n Burris Fullfield II 3-9 teleskoop met Burris ringe gekry. Verder het ek ook die kolf oopgemaak en 'n groot buis silikon en 'n handvol 158gr lood rewolwer koeels daar ingegooi. Tuurlik het hy 'n knaldemper opgekry, een van Henk se Silent Hunters.
My "philosopy of use" (soos nutnfancy dit noem) vir die geweer was 'n EDC geweer, of bakkie, stroper en trekker geweer. Hy moes redelik lig wees, kort genoeg om hanteerbaar te wees in en om voertuie en hy moet kan shots vat. Hy moet enigiets tot en met koedoe/gemsbok kan dood sonder moeite. Hy moet nie te duur wees om te bedryf nie, of om te koop nie. As hy kan lapua doppe kan gebruik is dit 'n bonus.
Gegewe die vereistes was een van die verskeie budget gewere wat vandag beskikbaar 'n natuurlike keuse. Ek het nog altyd gehou van die 7mm-08 Remington, dit het ook perfek ingepas by wat ek wil doen met die geweer. Dit is net effe skaars in goedkoop rakgewere in SA, die RAR was die enigste een dadelik beskikbaar. Dus was my keuse gemaak, na deeglike navorsing op die internet. Prys was R7600.
Sy lading-ontwikkeling met 139 Gr Hornady SST het redelik maklik verloop. Ek het gevind dis 'n morsige koeel. Die 140 gr SST is vervang met 120Gr ballistic tip vir kopskote en ongediertes en 175 Gr SGK vir bladskote of naby gebruik in die bos. Ek het vir eers die idee van 'n allrounder koeel gelos, sal dit later weer aanspreek. Dit is vir my maklik genoeg om die teleskoop weer te stel tussen die verskillende landings, die derglike hoeveelheid klieks is geskryf binne in die doppie van die scope.
Met die geweer het ek die afgelope jaar 'n groot verskeidenheid diere gejag/geskiet, waaronder vaalmeerkatte, tarentale, honde, katte, kraaie, ape, jakkalse, 'n bobejaan, blesbokke, vlakvarke, 'n damara, 'n paar beeste en springbokke. Hy gaan nog binnekort 'n koedoe dress. Nooit was daar 'n probleem wat aan die geweer of die patrone te wyte was nie, gewoonlik net die skut...
Posetiewe punte:
1. Die sneller. Ek het geen ondervinding van 'n kompetisie sneller soos 'n Jewel nie, maar die verstelbare sneller op die RAR werk bitter lekker en is veilig. Dit kan lig stel en het 'n blade soos 'n Accutrigger wat die veiligheid daarvan verbeter.
2. Die safety. Dit sit op die tang van die kolf, en is maklik om te manupileer met jou duim. Ek gebruik dit veral tydens die ontlaai van die geweer. Die slot kan oopgemaak word met die safety aan.
3. Die magasyn. Dit is 'n 4 rondte, rotary magasyn van plastiek. Die ontwerp en werking van die magasyn is stukke beter as my meisie se Savage Axis II se magasyn, wat deels metaal en plastiek is. Myne kliek ook maklik vas in die geweer en sit dan soos str@nt. Die Axis s'n is moeilik om in te sit en uit te haal.
4. Die slot en aksie van die geweer is stewig, met 3 locking lugs en 'n gemaklike bolt throw.
5. Geweer is akuraat genoeg vir my vereistes, met handgelaaide patrone skiet hy sub moa as die skut sy kan bring. Moet net nie klawers verwag op 'n gereelde basis nie. Maar dit is nie sy POA nie.
Goed wat my pla:
1. Die kolf voel effe pap aan die voorkant. Dit lyk of dit aan die loop raak, maar dit doen nie. Boyds maak nou 'n kolf wat pas en wat saam met die unieke bedding van die geweer werk, maar hy kos $113. Kan hom nie inbring nie.
2. Mens sukkel om single shots te laai.
3. Die extractor gooi die geskiete dop dat hy daar trek. Die geweertjie dink hy is 'n LMG wat doppe gooi aanbetref.
Oor die algemeen is ek chuffed met my geweer, hy doen als wat ek vra sonder om te moun. Hy is net nie gemaak vir spoedvrate nie, daarvoor is die 22 duim loop te kort. Ek vind dat met die gebruik van 'n rangefinder, Strelok en afmikmerkies in die scope, is platskiet nie 'n vereiste tot sukses nie. Ek sal die Ruger beslis aanbeveel vir iemand wat belangstel in 'n akurate budget geweer.
Ruger American Rifle 7-08. 1 jaar later
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Ruger American Rifle 7-08. 1 jaar later
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Ruger American Rifle 7-08. 1 jaar later
Netjies lyk soos 'n lekker werk geweer en ek hou baie van daardie kaliber.
-
Boomstomp
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm
Re: Ruger American Rifle 7-08. 1 jaar later
Iemand hier op die forum kan enige Boyds kolf inbring, selfs dies wat meer as $100 is. Dink dis Geno-hulle?
Ieder geval, as jy graag die kolf soek kyk net bietjie rond hier op die forum..
Ieder geval, as jy graag die kolf soek kyk net bietjie rond hier op die forum..