Nuwe Lid lank in die tand

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Coenraadvs
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Jul 14, 2015 7:42 am

Nuwe Lid lank in die tand

Post by Coenraadvs »

Dagsê Manne

Ek is Coenraad van Staden van Centurion en wil ook graag deelneem aan die gesprekke want ek dink ek kan baie leer daaruit. Het verskeie gewere maar verkies my .243 AI en 30.06 AI. Laai self en jag elke geleentheid wat ek kan kry en bekostig. Stel belang om en is my doelwit om so klein as moontlike groepering te skiet op 200m. Hou van vêr skiet en jag graag op vlakte. Het groot geword in die Bosveld en het ook in Rooibokkraal my eerste Rooibok geskiet (1971). My gewere skiet te vining en maak te groot skade om op kort afstande te skiet en daarom prober ek om kopskote te skiet en ek weet dit gaan nou weer 'n debat veroorsaak maar dit is my voorkeur en indien ek in die bosveld moet gaan skiet sal ek 'n 9.3 koop . Het die vooreg gehad om met 'n Blaser 9.3 te skiet en was baie beindruk maar ongelukkig is die bo my vuurmaak plek en sal ek na ietsie goedkoper moet kyk. Het 'n 7.9 Mauser wat ek dalk kan verwoes en omskep in 'n 9.3. Ander loop met dieselfde aksie....mmmmhh enige advies

Groete
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by Vlakvark Soldaat »

Hi Coenraad

Welkom hier, jy gaan ons dalk n paar dinge leer. Gaan koop net vir jou n nuwe bosveld kaliber. Ruger, Bergara, Sabatti ens is tans baie bekostigbaar as jy net n bietjie rondshop. Moenie jou 7.9 Mauser verwoes nie, hou hom netso.

Groete

Louis
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by Boesman10 »

Dagse Coenraad. Welkom op die forum.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by jamalley »

Goeie dag Coenraag, welkom hier op die forum
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by matewis »

Baie welkom, gesels lekker saam!
User avatar
Jay Jay
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jun 10, 2015 3:55 pm

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by Jay Jay »

Hi Coenraad, baie welkom.
Johan

.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity

The best thing about memories is making them.
Coenraadvs
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Jul 14, 2015 7:42 am

Re: Nuwe Lid lank in die tand

Post by Coenraadvs »

Dankie aan almal wat my welkom geheet het. Nice om tuis te voel. Die eerste ding waaroor ek wil gesels en waarmee ek hulp nodig het is die feit dat wanneer ek skiet ek nie die inpak op die bok kan sien nie. Ek skiet met 'n .243 Ackley teen ongeveer 3100fts en ek maak gebruik van 'n silencer. Die skoot skop my teiken prentjie vir 'n oomblik uit en al volg ek deur so hard as wat ek kan, sien ek nogsteeds nie die impak nie. Ek het al met vriende van my se gewere geskiet en in een geval kon ek wel deurvolg en die impak sien. Ek probeer om my geweer nie te stuif vas te hou met die sneller hand nie en stabiliseer eerder net met die voorste hand maar ek het al afgeleer om die geweer in jou skouer in te trek en hom so stuif soos jou girlfriend vas te hou.
Post Reply