308

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

308

Post by Dwight375 »

Hello manne

Ek het besluit ek gaan nie my howa 308 verander nie, die kaliber wat ek wou bou op hom sal ek ander komponente voor aan koop en laat bou. n paar vrae waarmee die 308 manne my kan help asb:

Tot en met watter distansie sal die 308 lekker werk, 600m max ? ( Verder as dit gaan ek n ander kaliber voor gebruik )

Is dit nodig vir n 28 duim loop vir dit ? (Ek wil die loop 25.5 duim laat sny sodat ek nog kan pro-amm skiet ook )

Teleskoop wat ek wil gebruik is die BURRIS ff2 4.5-14x42 E1 reticle of n Leupold VX3 4.5-14X40 varmint hunter reticle ( nag skiet, teiken skiet, jakkalse, varke, voor sit springbok geweer, oes geweer ens ) Leupold se kruishaar is lekker dun.

Punt wat ek gaan skiet, Nosler 155 CC.

Howa kort aksie en n bertlein loop. ( Andries Moller gaan bou )

Gee bietjie raad asb veral rakende loop lengte en teleskoop.

Sien uit na julle terug voer.

Dankie en groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308

Post by Geno »

Haal nagskiet en jakkalse van jou lys af met daardie scopes. Jy gaan jouself frustreer en meer duikers as jakkalse doodskiet. Kry eerder iets wat KAN kyk in die nag en met 50mm+ objective.

Kry sommer solank 'n bloedhond ook wat kan spoor vat op al die jakkalse wat gaan weghol na hulle met daai 155 CC's geskiet is. Dis nou die wat wel ongelukkig genoeg is om raakgeskiet te word. Laai eerder 110gr V-Max so warm as moontlik daarvoor.

My 2c.
Goed, beter, 6millimeter!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Dankie Eugene

125 Nosler sal seker ook werk.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 308

Post by cassie_calvinia »

125 nosler werk beter as die 110gr. al is hy stadiger.
308 sal goed werk tot 600m.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 308

Post by Gawie(13mm) »

HOEKOM??????

Jy wil nou 'n resiesperd maak van 'n donkie. Wat makeer die Howa sê loop? Is dit 'n varminter? Wat is sy groef draai?

Om swak BC koeëls uit 'n 308 @ 'n hoë spoed te skiet is nie net 'n mors van tyd nie maar ook van geld. Met die standaard Howa 24 duim loop kan jy gemaklik tot op 1 000m skiet met die 155 CC. 'n Langer loop gaan jou nie veel laat wen, tensy jy F-klas wil skiet nie.

Vat daai kort aksie. Kry 'n 30 duim , 1 tot 8 groef draai loop sit vir jou 'n 243 Ackley in mekaar. Skiet dan 'n 105gr Bergers VLD, net oor die 3000vt/sek. Dit is wat ek met my geld sou gedoen het.

Ja, ek weet daar is baie manne wat, baie jakke en springbokke met 110gr koeëls skiet, maar soos ek uit al jou skrywes aflei is jy 'n man wat nie terughou as dit by kluis volmaak kom nie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Gawie

Ja jy is reg en om een rede, wanneer die huis koop, pram koop , kot koop begin dan wil ek reeds genoeg he!

Die 243 klink goed maar dan is daar weer beter kalibers, 6mm dasher, 6xc ens en ek is nie baie lus vir die papierwerk om kaliber verandering te doen nie!

Ek het gedink die 308 sal n lekker skiet en speel geweer wees en hy is tog akkuraat.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 308

Post by Gawie(13mm) »

'n 6mm XC en Dasher is nie beter as 'n 243 AI nie!!!!
Hul is almal 6mm's. Elkeen het sy voordeel, maar ek belowe jou, appels met appels gaan nie een van daai twee eksotiese modelle sommer stof in die 243 se oë skop nie.

Hou die Howa soos hy is as hy niks makeer nie, en skiet die CC in hom. Oom PW skiet makoue tot op 500m met syne.

Gebruik daai geld liewer vir jou ander bouprojek.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 308

Post by Capt. Yoda »

Dwight375 wrote:Gawie

Ja jy is reg en om een rede, wanneer die huis koop, pram koop , kot koop begin dan wil ek reeds genoeg he!

Die 243 klink goed maar dan is daar weer beter kalibers, 6mm dasher, 6xc ens en ek is nie baie lus vir die papierwerk om kaliber verandering te doen nie!

Ek het gedink die 308 sal n lekker skiet en speel geweer wees en hy is tog akkuraat.

Wie se hulle is beter? Omdat jy oorals van hulle lees beteken nie hulle is beter nie.
Ek kan (as my twist dit toelaat die naweek) 105gr berger teen 3000fps met my 243 skiet en hy is spuls tot op n 1000y
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Kaptein

Ok jy voel oor n 243 soos ek oor n 300-06 voel!

Maar ja, ek dink nog wat om te doen- klink my n 308 is lankal nie meer n goeie keuse nie!

My pa sin skiet wel iets verskirklik!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Manne

Hoe lank vat dit om n kaliber verandering te doen ? Nuwe loop ens ?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308

Post by Geno »

My opinie is slegs gebasseer op jakkals skiet met 'n .308

As die man n loopvervanging in die eerste post genoem het, sou ek 'n 6Dasher voorstel. Hy IS beter as enige .243 variant. Hulle voorstanders en skuts het nog netnie met 'n regte 6mm te doen gehad om van opinie te verander nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 308

Post by Gawie(13mm) »

Dwight375 wrote:Manne

Hoe lank vat dit om n kaliber verandering te doen ? Nuwe loop ens ?
Met die Proefhuis wat toe is, is dit 'n raaisel. My roer is 'n maand terug kant en klaar, maar ek kan nie aansoek doen vir die lisensie nie, want hul kan of wil hom nie op die stelsel plaas nie. >:(
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Geno

Kom die 243 nie uit dieselfde steen tydperk as die 308 uit nie ? ++>:

Vra maar net..... ;D
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308

Post by Geno »

Gawie(13mm) wrote:'n 6mm XC en Dasher is nie beter as 'n 243 AI nie!!!!
Hul is almal 6mm's. Elkeen het sy voordeel, maar ek belowe jou, appels met appels gaan nie een van daai twee eksotiese modelle sommer stof in die 243 se oë skop nie.

Hoe klink 11gr minder poeier om slegs 80fps agter 'n .243AI te wees met 105gr Bergers? Dit in 'n korter kruitkolom wat inherent meer akkuraat is, en met 'n langer loopleeftyd.
Dis nou die Dasher. Ek kannie oor 'n XC praat nie.
Gawie, dis nognie te laat om jou kamer oor te sny nie Mater. Praat maar net, dan help ek jou met die regte smede se details.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 308

Post by Capt. Yoda »

Geno wrote:

Ek koop somer 5 of 6 blikke kruit op n slag so is nie gepla oor 11gr nie 8)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 308

Post by Gawie(13mm) »

Geno, ek moet eers klaar stoei met my 7mm.
Dan sal daar aandag geskenk word aan die 6mm. Ek sal jou definitief kontak as die tyd reg is.

Dwight, ek verstaan nie lekker jou poeiers nie. ;D Jy wil 'n 308 loop op 'n HOWA aksie sit wat niks makeer nie en dan beledig jy my .243.

Lyk my jy soek net gesels >:D

Grappies op 'n stokkie; Kies jou koeël, dan jou loop en bou daarvolgens. Soos Geno sê, daar is baie maniere om 'n kat te slag, maar in my geval is dit, "Better the devil you know." Baie manne kla oor 'n 243, maar ek gaan jou 'n brief gee dat daai selfde man oor enige wapen sal kla.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308

Post by Dwight375 »

Gawie soos jy se. alle grappies op n stokkie.

Ek sal oorweeg wat julle manne hier se, ek het reeds n 6ppc en dus my rede hoekom ek nie n 6mm wil he nie.

Dankie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 308

Post by Capt. Yoda »

Dwight375 wrote:Gawie soos jy se. alle grappies op n stokkie.

Ek sal oorweeg wat julle manne hier se, ek het reeds n 6ppc en dus my rede hoekom ek nie n 6mm wil he nie.

Dankie

Verkoop die PPC aan my dan kan jy weer oor n 6mm ook warrie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply