Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Dwight375 »

Ek luister graag manne en dan sal ek vir julle vertel wat ek ondervind!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Dwight375 »

Ek sien niemand het iets te se.

Hier is my ondervinidng:

Ek en my pa spandeer altyd baie tyd met ons doppe se voor bereiding en soos julle weet vat dit maar n ruk as jy :

Lengtes sny
Nek sny na n gewensde dikte
primer pocket uniform
flash hole uniform
en so aan.

Ek het een dag n stel vam die doppe ge koop, net ge size en my lading ge laai wat ek laai in die Lapua doppe met my 165 SST punte en siedaar, skiet onder n duim op 300m en nie net een keer nie.

Dit wil voor kom of dit regtig goeie doppe is en tog lekker werk vir akkuraat skiet.

Het enige iemand al dieselfde ondervind ?

Groete
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Piet Pille »

Ek het 150 vir my 243 ook gekoop.
Ek het:
-die nekke buitekant gesny
-Lengte gesny
-primer pockets uniform

Toe netso gelaai. Sal voortaan dan net neksize. Hule skiet baie mooi in my 243.
Hulle was maar aan die duur kant. maar ek kon op daardie stadium nie Lapua in die hande kry nie. Sover is ek baie tevrede.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Giepie »

'n Vriend van my het besluit om op dit te bly.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Piet Breedt »

Die Nosler CC doppe is regtig goeie doppe. Hulle is vooraf geselekteer vir kontstantheid, en hulle flashholes is reeds ge de burr.

Jy kan hulle maar met geruste hart koop
pietf
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Jul 11, 2012 12:13 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by pietf »

Gebruik hulle self. Geen problem.
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Jakkels 223 »

Ek gebruik die dope vir my 223, het hul nou al 8 keer herlaai en nog nie n dag se moeilikheid met die dope gehad nie.

Groete
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Mellies »

Ek gebruik net Nosler doppe...

Geen probleme!

Met n vleisie...
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Dwight375 »

Dankie manne

Ek het n stel van 50 gelaai en my geweer doen baie goed met hulle. Hulle gaan nou vir die 5de skoot, na dit sal ek hulle anneal!

Groete
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Swys14 »

Dis puik doppe, ek gebruik dit vir my 243win en 300wsm. Jy hoef die goed amper nie te klas volgens gewig nie so naby is hulle aan mekaar. Hulle skiet bitter mooi. En beste van alles is dat die prep werk reeds gedoen is.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Jacko »

As iemand wat self net Nosler doppe gebruik, het hierdie thread my verwar, want ek het nog nooit van Nosler Custom Competition doppe gehoor nie. Selfs gewonder of ek nie uitmis nie!

Toe gaan kyk ek op Nosler se website...

Daar bestaan nie so iets nie. Daar is wel Nosler Custom Competition koeels (of "punte", "koppe", ens soos die manne praat).

Die doppe (tot my verligting) is beperk tot Nosler Custom Brass. Ja, hulle skiet inderdaad 'n koekhou. Om die waarheid te se het ek nog altyd die heel beste akkuraatheid gekry met natnuwe Nosler doppe met 0% prep. Prime, gooi lading, seat koeel en laat waai. 1/2 MOA heeldag lank uit my Dirty-Oh-Sex.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Wouter Roets »

Jacko

Willem Immelman het eerstehans uit die mond van een van die groot base by Nosler gehoor dat Norma hierdie doppe onder kontrak vir hulle vervaardig. Nosler doen dan net die gewigsortering, deburring van die bekke binne en buite en uniforming van die flash holes. Ludwig het hier n toets geplaas waar verskeie make doppe geskiet was tot hulle ingegee het en hierdie toets het weer die teendeel bewys. Norma was heel bo en Nosler heel onder.

Skiet in n paar van my kalibers Nosler doppe met baie goeie resutate.

Groetnis
Wouter
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Jacko »

Wouter Roets wrote:Jacko

Willem Immelman het eerstehans uit die mond van een van die groot base by Nosler gehoor dat Norma hierdie doppe onder kontrak vir hulle vervaardig. Nosler doen dan net die gewigsortering, deburring van die bekke binne en buite en uniforming van die flash holes. Ludwig het hier n toets geplaas waar verskeie make doppe geskiet was tot hulle ingegee het en hierdie toets het weer die teendeel bewys. Norma was heel bo en Nosler heel onder.

Skiet in n paar van my kalibers Nosler doppe met baie goeie resutate.

Groetnis
Wouter

Ja Wouter, daai toetsresultate was vir my vreemd. Nie dat ek dit betwyfel nie. Maar dis steeds moeilik om die kloutjie by die oor te bring.

Rosenthal's hier in die Kaap is so twee blokke van my kantoor af en hulle is die Norma-mense. Hulle sal doppe aan jou verkoop in veelvoude an 10, m.a.w. jy hoef nie 100 te koop nie - jy kan bv net 60 op 'n slag koop. Ek jeuk nou om vir die nuwe 270 'n paar Normas te koop.

Groetnis
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Carl »

Jacko wrote:Ek jeuk nou om vir die nuwe 270 'n paar Normas te koop.
Groetnis
Ek is baie tevrede met Norma in my 270, akkuraat en perfekte kwaliteit. Seker die beste 270 doppe op die mark, die ander sal Nosler wees.
N.s Uit 100 geen foute. Uit 2 lotte van 50 Nosler CB vir die 3006 een gekraakde nek gehad :(
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Jacko »

Ludwig wrote:
Wouter Roets wrote:Jacko

Willem Immelman het eerstehans uit die mond van een van die groot base by Nosler gehoor dat Norma hierdie doppe onder kontrak vir hulle vervaardig.
Ek dink nogsteeds iemand draai vir iemand 'n rat voor die oë met hierdie stelling. Behalwe vir daai toets wat Wout na verwys waar Norma bo aan die lys en Nosler onderaan was, is daar kalibers beskikbaar in Nosler doppe, wat mens nie kry in Norma nie. Hoekom as Norma reeds die doppe vir Nosler maak, sal hulle weglaat om van daardie selfde kalibers vir hulself ook te maak? Dis mos net dom om al die baie duur toerusting te kry om 'n bepaalde kaliber dop vir iemand anders onder kontrak te maak, maar dan heeltemal weglaat om daardie kaliber vir jou eie reeks ook te maak.

Ek het al met beide Norma en Nosler doppe gewerk. Dit blyk nie dat die metaal samestelling van die 2 dieselfde is nie. Maar dan ook, Redfield teleskope word deur Leupold gemaak en ek dink nie iemand sal aanspraak daarop maak dat Redfield en Leupold een en dieselfde ding is nie. Nosler doppe is glad nie sleg nie, ek dink net hulle is overpriced. As hulle tussen Winchester/Remington en Lapua/Norma geprys was, sou ek sê dit weerspieel hulle kwaliteit, maar in baie gevalle is hulle duurder as Lapua en Norma en dit maak ook nie sin nie.
Saans, as ek na die plafon le en kyk, is dit twee dinge waaroor ekself wonder. >:D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Carl »

Ludwig wrote: Nosler doppe is glad nie sleg nie, ek dink net hulle is overpriced. As hulle tussen Winchester/Remington en Lapua/Norma geprys was, sou ek sê dit weerspieel hulle kwaliteit, maar in baie gevalle is hulle duurder as Lapua en Norma en dit maak ook nie sin nie.
Ahem, wonder of die invoerder op die forum rond dwaal! ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Wouter Roets »

Ja Manne

Soos julle se n paar goedtjie maak werklik nie sin nie.

Groetnis
Wout
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Mellies »

Ludwig wrote:
Wouter Roets wrote:Jacko

Willem Immelman het eerstehans uit die mond van een van die groot base by Nosler gehoor dat Norma hierdie doppe onder kontrak vir hulle vervaardig. [/quote

Nosler doppe is glad nie sleg nie, ek dink net hulle is overpriced. As hulle tussen Winchester/Remington en Lapua/Norma geprys was, sou ek sê dit weerspieel hulle kwaliteit, maar in baie gevalle is hulle duurder as Lapua en Norma en dit maak ook nie sin nie.
SO se pryse op twee kalibers wat ek gebruik.

30-06
Lapua R1550/100
Nosler R1280/100

22-250
Lapua R1650/100
Nosler R1340/100

Ek dink nie Nosler is so over priced nie! ++>:

Met n vleisie...
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Word Redfield deur Leopold gemaak of word dit net deur Leopold besit wat so hier en daar komponente maak v ir Redfield soos wat Swarovski enkele onderdele vir Kahles maak.
Mooi loop
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Armand Steenkamp »

As jy kyk wat Nosler doppe kos in 300WSM voel ek ook hulle is over priced. Maar dit lyk my dis al wat n man nou kry....??
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Dries101 »

Ek glo party van die kalibers word deur norma gemaak vir nosler en die kalibers wat norma nie maak nie word na ander ouens uitgesource soos federal etc. dit sal ook prysverskille en kwaliteit verskille aanspreek. Ek dink in party gevalle koop mens n rebranded winchester dop en in ander gevalle n rebranded norma.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Carl »

Dries my 30-06 doppe is beslis nie rebranded Winchesters nie ;) anders moes daai Nosler tannies baie ekstra werk gedoen het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

ek het by 'n bekende ewat by safari werk ook gehoor norma maak nosler.
Ludwig, bedoel nou niks snnaaks nie, maar ek het nou al afgelei jy hou nie baie van nosler oor die algemeen nie.
maar, ek dink ook nosler is so paar rand/dop te duur. maar, dink hul is darm heel ander klas as reminton, en win dope.
ek laai die 22-250 van my vuur warm, en laai nou die dope al vir 15de keer.primer pockets nog 100%, en nog nie 1 dop verloor(behalwe die wat die howa moertoe weg gegooi het)
en, hul is werklik baie konsekwent, baie meer as norma! hul sorting word ordentlik gedoen.

die top 4 brass is seker, in geen spesifieke orde, lapua, norma, sako, nosler

maar, ek het nie die kennis wat jy het op die onderwerp nie.
maar, dink nosler is darm so ietsie beter as die mid range dope, maar is bietjie duur
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

ek verstaan dit regtig nie.
my laastes, was H2O baie goed, dopwande meer as goed.
selfs die 22-250 van my skiet deesdae 15mm groepe op 200m.
en, ek het regtig nog nie een uitskieter dop in 'n pakkie gekry nie, waar jy met win dope een of 2 gaan kry. en, dan maak dit op die ou einde meer sin op wel duurder dope te koop.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

seker maar so iets.
ek prober jou nie oortuig nie.
se maar net.
ek het eenkeer weer norma gekoop, al wat ek gekry het.
was nmiddelik kwaad vir myself, weer gese. nooit weer!
so loop dit maar..
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply