Ek het 'n Mauser 98 tipe slot geweer met die Hensoldt Wetzlar tipe aanknip monterings.
Die eienaar van die geweer wil 'n ander tipe teleskoop opsit aangesien hierdie teleskoop 'n dik "Post" kruishaar het en hy sukkel om daarmee te skiet.
Sal waardeer as ek kan raad kry hoe om die agterste basis knip montering te verwyder.
Die voorste montering lyk asof dit aangessweet kan wees. maar die agterste montering lyk asof daar een pen of skroef kan wees. Die pen of skroef het nie 'n gleuf of enige aanduiding hoe om dit te verwyder nie.
Waardeer enige raad.
dankie en Mooi loop
Frik
Hensoldt wetzlar Diatal-D 6x42 telskoop met aanknipmontering
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Hensoldt wetzlar Diatal-D 6x42 telskoop met aanknipmonte
Oom Frik, is die montering een stuk wat op die buis van die teleskoop vas is, of is dit twee monterings? Daar was sekeres waar die voorste montering op die bell of objektief van die teleskoop vas is, en ander waar beide om die buis vas was.
As oom n foto kan aanstuur sal dit noggals help. Ek sal dit hier post as oom dit wil email. dewald6555@gmail.com
Hensholdt was (is nogsteeds) MENEER teleskope, met o.a H&H wat van hulle gebruik gemaak het.
Indien die eienaar die ou scope wil verkoop sal ek noggal belang stel indien hy op n ou geweer van my kan werk.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Hensoldt wetzlar Diatal-D 6x42 telskoop met aanknipmonte
Ek het ook so Hensoldt op my 8x57 mauser gehad. As dit die twee stuk is wat voor in hak en dan agter vasdruk, word die agterste een vasgedraai met twee skroefies. Die loop is "gedril en getap". Voor is myne ook gesoldeer. Ek het die voorste een egter op gelos, die agtersste een afgeskroef en 'n vriend het vir my 'n eenstuk basis gemasjineer.
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Hensoldt wetzlar Diatal-D 6x42 telskoop met aanknipmonte
Baie dankie,
Dit is twee monterings:
Die voorste een is 'n 50 mm lang "rail" wat direk onder die voorste lens vas is.
Die agterste een is ook 'n rail ongeveer 100 mm lank en is onderaan die "tube" van die teleskoop.
Aan beide "rails is 'n verskuifbare knippe wat inhak op die monterings.
Wat pla is dat ek geen skroefies aan die agterste montering sien nie, daar is twee skroefies aan die agterkant maar lyk asof hulle net te doen het met die veertjies wat die inknipmeganisme aktiveer.
Op die boonste platvlak is daar die vae buitelyn van 'n pen of skroef sonder 'n sloot of enige aanduiding van hoe mens dit kan draai nie.
As ek die grendel verwyder en aan die onderkant kyk dan is die pen of skroef duidelik sigbaar.
Die pen of skroef is omtrent 6-7 mm dik en ek sien net een, wat die montering op die aksie vashou.
Ek sal probeer en sien of ek die foto plan kan maak werk, sal probeer met die tablet en mail na jou adres Dewalt.
baie dankie sover
Wat ook interssant is dat die aksie is 'n gewone militere 98 Mauser maar daar is geen name op is nie, net nommer S/ 142 op die voorste ring. Die kaliber is 308 Win.
Die geweer ie in 'n redelik goeie toestand met die loop groewe nog mooi skerp en die hout het wel 'n paar duike en die blou is af waar die op die bakkie sitplek skuur
Wonder of dit nie dalk vir skuilskut gebou was nie
Weer baie dankie en hoor graag