Warrenton Weir
-
Vriendin
Warrenton Weir
Ons het die naweek by Warrenton Weir gaan hengel. Seker die beste vangs die seisoen en niks onder 3kg nie. (Meestal karp en darem een baber). Die geriewe is nie wat wonders nie. Geen warm water nie en die badkamers het aandag nodig. Ook geen kragpunte nie. Die asinte was 'n beslommernis, maar gelukkig het die wind so dan en wan gedraai en hulle het weg beweeg..... totdat die wind weer gedraai het. Die visse het ons besig gehou ....... min geslaap, vol modder (Warrenton het 'n goeie bui reen gehad voor ons arriveer het), maar die goeie vangs het gesorg vir gelukkige hengelaars ...... en dit is al wat tel 
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Warrenton Weir
Vriendin
Lyk of julle die visvang plekke redelik afwissel.
Dankie vir die updates, ek dink as jy wil sal die mense baie belangstel in watter aas die beste gewerk het
Groete
Heinrich
Lyk of julle die visvang plekke redelik afwissel.
Dankie vir die updates, ek dink as jy wil sal die mense baie belangstel in watter aas die beste gewerk het
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Hier het gewone pitmielies gewerk saam met Vaaldam bomme. Ons probeer afwissel - wil weet watter plekke veilig is en watter geriewe daar is. Sover wen Kalkfontein Dam (behalwe dat die vis nie groot is nie) - dit hou ons besig en hou almal gelukkig. Ons gaan vir eers in en om die Kimberley area (200km radius) voor ons verder visvang.
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Warrenton Weir
Vriendin
Het julle al by Broadwaters op Douglas gevang?
Het julle al by Broadwaters op Douglas gevang?
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Nee - sodra die weer opklaar gaan ons in daai rigting. Ons het al by die ou oord gevang (voor dit verwaarloos was) en baie, baie goed gevang. Meestal Karp.
- Hoender
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm
Re: Warrenton Weir
Ons het al 'n paar keer by broad waters gaan vang. die vis is maar stil gewees. Ons het als probeer, hier en daar 'n klein karpie. Die groot probleem daar is dat dit 'n gewilde boot ryplek is. Die ou oord is gesluit so ver my kennis trek. NA die vloede en die beheer van die plek het dit baie agteruit gegaan. Dit lyk nie wonderlik van die water se kant af nie.
MONA VAN WAAR JY?
MONA VAN WAAR JY?
.308 SAKO
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Die ou oord in Douglas is gesluit - ek het hulle juis vanoggend gebel... Ons het baie, baie goed daar gevang toe dit nog 'n 'oord' was
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Warrenton Weir
Mona / Hoender
Die oord is gesluit na die vloed maar jy kan nog gaan visvang daar as jy op jou eie aangewese is.
Net verder aan deur die dorp oppad Prieska toe reg oor die tronk se ingang draai n grondpad af
na Sunsetview nie so groot stukoewer soos die oord of broadwaters nie,
maar geen bote en boom boom karre nie.
Donderdag n paar mooi karpe daar uitgehaal. Probeer die plek as julle wil, skoon badkamers en baie privaat.
rooies
Die oord is gesluit na die vloed maar jy kan nog gaan visvang daar as jy op jou eie aangewese is.
Net verder aan deur die dorp oppad Prieska toe reg oor die tronk se ingang draai n grondpad af
na Sunsetview nie so groot stukoewer soos die oord of broadwaters nie,
maar geen bote en boom boom karre nie.
Donderdag n paar mooi karpe daar uitgehaal. Probeer die plek as julle wil, skoon badkamers en baie privaat.
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Hi Rooies, baie dankie. Hoe ver van Douglas is die stukkie paradys en hoe lank is die grond pad (min of meer). Ons het die naweek op Smithdale naby Riverton gaan vang - baie swak!
Net 'n klomp modderbekke n een of twee geles.
Twee weke gelede, toe dit volmaan was, was ons vangs baie goed. Ongelukkig is dit private eiendom met geen geriewe nie - nie eers drinkwater nie. Gelukkig is Kimberley nie ver nie - so ons het maar in en uit gery
Twee weke gelede, toe dit volmaan was, was ons vangs baie goed. Ongelukkig is dit private eiendom met geen geriewe nie - nie eers drinkwater nie. Gelukkig is Kimberley nie ver nie - so ons het maar in en uit gery
- Hoender
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm
Re: Warrenton Weir
Rooies,
is dit op die samevloeiing pad? Ek het een dag daar by die samevloeiing gestaan en kyk bietjie. Die Ander kleuriges vang net met koekmeel pap daar lekker karpe en geelvisse. en die lyne bly besig
Lekker dag en dankie dat jy my gese het
is dit op die samevloeiing pad? Ek het een dag daar by die samevloeiing gestaan en kyk bietjie. Die Ander kleuriges vang net met koekmeel pap daar lekker karpe en geelvisse. en die lyne bly besig
Lekker dag en dankie dat jy my gese het
.308 SAKO
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Warrenton Weir
Mona
Dis so +- 4km uitdie dorp uit en die grondpad is seker nie
Langer as 1km nie.
Hoender
Dis nog voor jy afdraai samevloeiing toe op die regterkant,die confluens vang ook lekker
MAAR jy kan net in die week daar vang
Want naweke is dit maar n dronknes daar.
Ek sal later die nommer opsit.
Dis so +- 4km uitdie dorp uit en die grondpad is seker nie
Langer as 1km nie.
Hoender
Dis nog voor jy afdraai samevloeiing toe op die regterkant,die confluens vang ook lekker
MAAR jy kan net in die week daar vang
Want naweke is dit maar n dronknes daar.
Ek sal later die nommer opsit.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Warrenton Weir
Gaan Desember by Douglas visvang, broer het klienhoewe teen water, hoop om mooi geel vis te-kry
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Warrenton Weir
Bywoner
Wie is jou broer op Douglas?
Mona/ Hoender
Hier is die nommer vir Sunsetview 08237669771 praat met Annerene.
Wie is jou broer op Douglas?
Mona/ Hoender
Hier is die nommer vir Sunsetview 08237669771 praat met Annerene.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Arnold van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Re: Warrenton Weir
Rooies
Kobus van Wyk, maar dis net n naweek plek, hy bly in Kimberley, ken jy die Bekkers, wat net buite die dorp op n kleinhoewe bly.
Kobus van Wyk, maar dis net n naweek plek, hy bly in Kimberley, ken jy die Bekkers, wat net buite die dorp op n kleinhoewe bly.
Last edited by Arnold van Wyk on Sun Oct 16, 2011 8:50 am, edited 1 time in total.
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Hi die nommer wat jy vir Sunset gegee het is hopeloos te lank.......
- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: Warrenton Weir
Mona
Jammer man ek sien nou 0823769771
Jammer man ek sien nou 0823769771
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Baie dankie. Ek het nou net vir Annerien by die oord geskakel.Rooies wrote: Mona
Jammer man ek sien nou 0823769771
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Bedoel GEBEL. Gaan beslis soontoeMona wrote:Baie dankie. Ek het nou net vir Annerien by die oord gesel.Rooies wrote: Mona
Jammer man ek sien nou 0823769771
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Warrenton Weir
Het enige iemand nou onlangs by Warrenton weir gevang? Hoe was die vangs en sal julle iemand aanbeveel om daar te gaan vang? Ek vang baie by Kraaipoort en ballanseerdamme om Jacobsdal.
Wil 'n bietjie anders plekker ook try.
Groete
Danie
Wil 'n bietjie anders plekker ook try.
Groete
Danie
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Vangs is goed by Warrenton Weir - veral karpe. Dis veilig daar en hekke word saans ongeveer 20H00 gesluit. Die oewer is nie baie groot nie so dis op 'n 'first come first served' basis. bel eers vir Hartswater Munisipaliteit en doen navraag oor die hisinte (spelling?) - dit is 'n probleem as hulle daar is alhoewel die waterwese dit probeer beheer. Die badkamers het net koue water. Geen kragpunte. Dit is netjies en skoon daar en geen lawaaiers nie ....... ons het dit nog nie ondervind nie. Kraaipoort is ons gunsteling, maar alhoewel ons besig bly by die dam - is die vis maar aan die kleinerige kant. Die munisipaliteit sal jou die persoon se selnommer gee wat in beheer van die weir is so jy sal direk met hom kan praat. Ongelukkig het ek dit nie meer nie. O ja - groot pluspunt ...... daar is baie skaduweeDanie01 wrote: Het enige iemand nou onlangs by Warrenton weir gevang? Hoe was die vangs en sal julle iemand aanbeveel om daar te gaan vang? Ek vang baie by Kraaipoort en ballanseerdamme om Jacobsdal.
Wil 'n bietjie anders plekker ook try.
Groete
Danie
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Warrenton Weir
Dankie Mona, ek sal beslis dan daar n draai gaan maak! Ja kraaipoort baie lekker en vang baie vis, maar soos jy se is dit nie die groottse visse nie. Onsa grootste daar was so 4.8kg, en die gemiddeld seker so 1 t0t 2kg.
Groetnis
Groetnis
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Ten minste het julle al groter as 'n 4kg gevang ..... ons vang net die gemiddelde spesiesDanie01 wrote: Dankie Mona, ek sal beslis dan daar n draai gaan maak! Ja kraaipoort baie lekker en vang baie vis, maar soos jy se is dit nie die groottse visse nie. Onsa grootste daar was so 4.8kg, en die gemiddeld seker so 1 t0t 2kg.
Groetnis
Het jy al by Apiesdeel naby Christiana gevang? (Vaalrivier). Die vangs is ook baie goed daar en die plek is baie mooi ingerig - chalets, tent en karavaan staanplekke beskikbaar.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Warrenton Weir
Nee nog nie daar gevang nie. Het jy dalk vir my n nommer?
Dankie
Danie
Dankie
Danie
-
Vriendin
Re: Warrenton Weir
Apiesdeel Hengeloord - 053 441 2371. Skakel na 17H00 (sy is 'n onderwyser).Danie01 wrote: Nee nog nie daar gevang nie. Het jy dalk vir my n nommer?
Dankie
Danie
Daar is 'n nuwe oord net voor Christiana, maar ek het nog nie die kontak nommer nie.
Dan is daar ook Bethsaida - so 10km van Christiana af (Kbly kant). Hulle het net een Chalet en is gewoonlik, maar redelik karavaan en tent plekke met krag. 082 851 1180 (Annie of Pieter Swiegers)
Ek dink ons moet 'n lys op die forum begin met al die visvang plekke en kontak nommers in ons area - meeste van hulle is nie op websites te vinde nie - hoor net daarvan deur vriende en partykeer op die forum. Gaan dit sommer nou begin